Bloed in sak lei tot gruvonds

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pasgebore baba se liggaam is Maandag in Kimberley in die Noord-Kaap deur munisipale werkers in ʼn vullissak gevind.

Lt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, het gesê werkers van die Sol Plaatjie-munisipaliteit het omstreeks 11:00 die gruvonds in Southeystraat gemaak en die polisie ontbied.

“Die werkers was besig om vullis te verwyder toe hulle bloed by die sak sien uitdrup. Hulle het dit oopgemaak en op die baba se liggaam afgekom,” het Tawana gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van verberging van geboorte. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie doen ʼn beroep op inwoners met inligting wat die polisie kan bystaan in die ondersoek om ao. Pat Dibebe by 082 752 2577 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

My bloed kook ·

My bloed kook vir die gemors, daar is soveel anonieme hulp, ons is almal mooi ingelig, maar nee moor is mos beter, mag jou benoude baba se geluidjies jou ewig by bly!

Kwaaitjie ·

Hóé op aarde doen mens dit? Daar is soveel mense wat op waglyste is vir aanneming wat daardie mensie sou liefhê soos hul eie. Watter tipe mens doen so iets? Walg my tot in my diepste wese. Die wiel draai!

Theresa B ·

Siek verby. Om die daad te doen is maklik, maar as die verantwoordelikheid daarmee saamkom word die maklikste uitweg gekies. Hoe afskuwelik. Die Here sal wel met die verantwoordelikes afreken.

Yolande Fourie ·

Ek het n maand terug op 23 weke n miskraam gehad. Ginekoloog my ten sterkste afgeraai om weer swanger te word dis te gevaarlik vir my. Ek het reeds n pragtige 4 jarige dogtertjie wat serebraal gestrem is, ons twee reeds dit ok nie gemaak. Dan lees mens sulke goed en jy verstaan nie die doel agter jou miskraam. En daar is soveel kinderlose egpare wat enige iets sou gee om net een baba te hê. Ek weet ek mag nie maar dis SULKE tye wat ek baie verbittered teenoor die Here is want hoekom laat Hy dit toe???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.