Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het in Brookstraat agter die ou treinstasie gebeur. “Dit is nog nie duidelik wat die rede vir die skietery was nie,” het Botha gesê.
Volgens Botha was dit ʼn “bloedbad” toe paramedici by die toneel opdaag. Ses mense is dood en drie beseer. “Paramedici van Netcare 911 en die provinsiale nooddienste het die beseerdes gestabiliseer voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is,” het hy gesê.
Die polisie was op die toneel om die voorval te ondersoek.
Ons mooi land is besig om in n oorlogsone te ontaard en teroriste en krimenele loop vrylink
rond. Gaan dit ooit weer beter word?
Taxi staanplekke was nog altyd ‘n oorlogsone. Swart skole was nog altyd in die nuwe Suid-Afrika ‘n gemors, Baragwana Hospitaal was uitstekend en is nou net die grootste hospitaal in die suidelike halfrond. Ek dink dit is belangrik dat ons moet nie veralgemeen nie en dat ons net feite praat. Soos byvoorbeeld: Staatsgeondersteende vorige model C skole doen baie goed in die matriekeksamen.
Onwettige handelige met gesteelde of swart mark vuurwapens is huidiglik die NORM.
Niemand is veilg nie.
Hier sê ek : n gemotiveerde polisimag , en meer belangrik nog , n WERKENDE REGSTELSEL IS AL WAT IETS HIEAAN KAN DOEN.
Stem 100% saam met James!!
Goeie genugtig!!! Wat gaan aan met die land? Pleks dat Zuma hom bekommer oor wat in die land aangaan en nie vinger swaai na die Weste nie.
Heeltemal normaal vir Afrika. Heeltemal abnormaal vir baie van ons. En die ergste is, die wat nie deelneem nie gee nie om nie. Bosreëls
Die probleem lê by die taxi industrie. Hulle maak soos hulle smaak, is jaarliks verantwoordelik vir honderde mense se dood, duisende rande se skade aan ander voertuie. As jy my vra, is hulle ‘n groot oorsaak van padwoede wat na die werk en huis toe oorspoel wanneer mense goed omgekrap daar aankom nadat die taxi hulle doelbewus op die pad geboelie het. Die polisie het al openlik erken dat hulle opgegee het met die taxis en baie polisiebeamptes taxis besit taxis wat beteken hulle gaan nie hulle self kortwiek en die verdomde goed skut nie. Hulle het telkens bewys dat hulle nie volgens beskaafde beginsels kan werk nie. Ek het al self gesien dat as die taxi bestuurder ‘n boete kry en dat hy die boete voor die konstabel opskeur, by die venster uitgooi en wegry. Maar dis wat jy kry as ‘n terroriste-organisasie die land in sy kloue het…
RSA dinge sal nooit weer wees soos in die ou dae nie.
Sou julle nie dalk onder taxi wette wou leef nie? Hulle doen ten minste iets as hulle bestaan bedreig word. Vir hulle is dit beter en gouer om die kwessie intern op te los as om ons wonderlike regstelsel te gebruik en duidelik werk dit.Onder hulle is daar wet en orde. Maak nie saak hoe wreed nie.