Bloeddrukpil uit SA onttrek weens kanker-gevaar

Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-beheerraad (Sahpra) het ʼn pil vir hoë bloeddruk met onmiddellike effek van die mark onttrek.

Sahpra het gesê Dynaval Co 80/12,5 mg-tablette, Dynaval Co 160/12,5 mg-tablette en Dynaval Co 160/25 mg-tablette is met onmiddellike effek van die mark onttrek.

Volgens Sahpra is daar ʼn onsuiwerheid, N-nitrosodimethylamine (NDMA), in die aktiewe bestanddeel, valsartan, gevind.  Sahpra en ander regulatoriese agentskappe is nou besig om alle medisyne wat valsartan bevat en deur Zhejiang Huahai Pharmaceuticals in China vervaardig word, te hersien.

NDMA word geklassifiseer as ‘n karsinogeen wat, wanneer dit aan lewende weefsel blootgestel is, kanker kan veroorsaak. Sahpra het gesê die teenwoordigheid van NDMA is onverwags en is vermoedelik verwant aan veranderinge in die manier waarop die maatskappy valsartan vervaardig.

Volgens Sahpra is daar reeds aan gesondheidsorgverskaffers gekommunikeer dat die produk onttrek word terwyl die hersiening voortgaan.

Medisyne wat valsartan bevat word algemeen gebruik vir hoë bloeddruk om komplikasies soos ʼn hartaanval of beroerte te probeer verminder. Dit word ook voorgeskryf vir mense wat hartversaking het of wat onlangs ʼn hartaanval gehad het.

Sahpra het gesê nie alle medikasie wat valsartan bevat word onttrek nie. Mense wat wel die medisyne drink wat nou onttrek word, is aangeraai om dringend hul dokter of apteker te kontak, maar aan te hou om die medisyne te drink tot dit deur die dokter of apteker met ʼn ander produk vervang is.

Die toestande wat deur die medikasie behandel word, is ernstig en mense word gevolglik aangeraai om nie gebruik te staak voor dit met ʼn ander produk vervang is nie.

Mense word ook aangeraai om hul bloeddruk gereeld te toets indien hulle van medikasie verander.

Gesondheidsorgverskaffers wat newe-effekte wil rapporteer kan Sahpra kontak by 012 395 9133 of die National Adverse Drug Event Monitoring Centre by 021 4471618.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Andrea van Vuren ·

As die Chinese nie eens ‘n bloeddrukpil sonder newe-effekte kan vervaardig nie, hoe gaan hulle Eskom kan help?

Rupert Ashford ·

SAHPRA word elke paar jaar herontwerp en “rebrand” om dit weer te maak werk nadat die comrades en die uitgewekenes dit in die grond in “bestuur” het. Het in 1999 begin en nog nooit weer op goeie beginsels bestuur nie, eerder politiek. Goeie resep.

Vanessa Kilian ·

En as jou kind dit vir langer as’n jaar gebruik het? En vir jou se dit maak haar erger voel . Sukkel met erge ,erge hoofpyn as sy dit drink. Deur ‘n internis voorgeskryf. Omrede sy jonk is

Wilma ·

Hahaha. Made in China. Hukom gemors invoer van hulle. Daar seke weer n “comrade”n paar miljard gekry

Die Verlore Skaap ·

Hoe weet ons dat al Pharma-Dynamics se ander medisyne is nie ook besmet met toksiese chemikaliee nie ?
Hoekom kom hulle dit nou eers agter ?
Is die dosering van Valsartan per pil korrek ?
Dit is n ernstige saak…..

Marinda ·

Hoekom doen hulle nie hulle huis werk voor hulle die medikasie toelaat op die rakke?
Hierdie mense besef nie, hoe gooi hulle nou die pasiente wat die medikasie gebruik se lewe om ver nie. Die ongerief en koste verbonde om jou Dr te vra om hierdie proses on gedaan te maak, ander medikasie voor te skryf ensv. Die geld wat reeds vermors is op ñ maand se voorraad.
Die wat moet kliniek toe of hospitaal toe (petrol/bus/taxi koste), die gesit in rye. Hoop, ek word vandag gehelp. Ag nee mense. Leer om julle “ducks in ñ row” te kry. Skuus vir die Engels tussen in.

Stephanie ·

Julle moenie kla oor Chinese gemors nie – dis ons ANC regering se BFF! Onthou, China het die “uitgewekenes” gehelp en nou is dit tyd om die gunsies terug te betaal. Eskom is maar net één wat nou onder die aandag kom. Klerasie, medikasie en voedsel vlieg al lánk onder die radar. Regering gaan NIKS doen as daar nie ernstige komplikasies is nie. Een vd dae kry die landsvlag n ster en n sekel op.

bgj van der westhuizen ·

die vout le by die mediese vonse wand hulle wil net betaal vir generise produkte wand anders maak hulle te min geld wand alles in die land draai om geld mense lewens is baie goed koop in suid afrika

wilma ·

Die pil is met onmiddellike effek van die mark onttrek, tog word gebruikers daarvan aangeraai om dit aan te hou gebruik totdat plaasvervanger gekry word?

Wessel Oosthuizen ·

Die ontrekking van die bestandeel is reeds aan die begin van die maand in Europa gedoen, hoe skrik Sahpra nou eers wakker?

Elise ·

Waarom word met mense se gesobdheid gespeel. Ek is nou al ‘n jaar op hierdid produk en het elke dag hoofpyn. Dan is daar een uitweg drink n hoofpynpil. Ek verstaan nid hoekom mens vergiftig moet word voor daar wakker geskrik word en na ander uitkomste gesoek word nie. Ons dtandaarde verlaag…. en ons moet maar tevrede wees

Faan Bothma ·

Wees versigtig wat jy van Suid Afrika se nuwe eienaars sê. President Sjie (Xi)het SA vir 1.4 miljard dollars gekoop, moontlik van ramapousa – soos die joods-angelsaksiese hoofstroommedia sy naam uitspreek.
Jy kan meer omtrent jou nuwe eienaars leer – uit die perd se bek – deur in te skakel op CGTN op dstv. Dis ‘n engelse nuussender van die Sjinese Nasionale TV nerwerk – of te wel – CCTV.
Uit jul kommentare en nuusberigte rakende Sjina lei ek af dat julle geweldig waningelig is omtrent jul nuwe eienaars. Duidelik word julle deur die joods-angelsaksiese hoofstroom media aan die neus gelei.
Terloops, Sjina het nog het nog nooit ‘Bad Quality’ gehad nie, hulle het ‘Sad Quality’ gehad, jy kon tjank daarvan. Gelukkig het President Sjie ongeveer 4 jaar terug gesê Sjina moet verander van ‘Quantity Production to Quality Production’. In Sjina, as die president sou sê “Bou ‘n muur” dan word die muur gebou – nie soos arme ou trump wat nie sy muur gebou kan kry nie. Dus het swak kwaliteit nou van die rakke in Sjina verdwyn. Ek persoonlik sal eerder ‘n motor koop wat in Sjina vervaardig is as een wat deur jul sloerstakende wilniewerk nie arbeiders aanmekaar geflans is. Om die waarheid te sê – ek het een want ek woon al 10 jaar in Sjina.
Jul kan verseker weet dat diegene wat vir die huidige farmaseutiese problem verantwoordelik is ‘n 9mm loodinspuiting in die agterkop gaan kry – hul teregstellings metode. Loodinspuiting: doodskoot.

Diefie ·

Hier kom groot “Sports” met die regering en sy Chinese vriende.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.