Bloedige Paasnaweek op plase, hoewes

Argieffoto: Maroela Media

Sedert Donderdag het minstens 15 aanvalle op plase en hoewes landwyd plaasgevind.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê daar is oor die Paasnaweek minstens drie mense op plase of hoewes vermoor.

Volgens Cameron was daar al vanjaar tussen 120 en 125 plaasaanvalle wat die lewens van minstens 16 mense geëis het. Cameron het gesê daar was verlede jaar van Januarie tot April 128 plaasaanvalle en 14 moorde.

“Dit is ʼn tendens wat ons die afgelope paar Paasnaweke gesien het dat plaasaanvalle in die tyd toeneem.”

Cameron het gesê hulle het ook verneem van ʼn plaasaanval in Standerton in Mpumalanga en Villiersdorp in die Wes-Kaap wat die afgelope 24 uur plaasgevind het.

Janus (Boeta) Powell. Foto: Verskaf

Mario Coetzee, sy ouers en twee kinders is Donderdagoggend op Mario se hoewe in die Vyfhoek-omgewing in Potchefstroom aangeval. Die agtjarige Marlu moes plate en skroefies in sy neus kry nadat hy erge gesigbeserings in die aanval opgedoen het en sy oë was aanvanklik heeltemal toegeswel. Mario (47) het gesigfrakture en snymerke aan sy arms, bene, kop en gesig opgedoen.

ʼn Vyf‑en­‑vyftigjarige man is Vrydagoggend op sy hoewe buite Brits in Noordwes aangeval. Die man is tydens die aanval met ʼn baksteen oor die kop geslaan en het hy ʼn groot wond aan die agterkant van sy kop opgedoen. Hy is daarna vasgebind waarna sy huis geplunder is.

ʼn Sewentigjarige vrou is Vrydagaand op ʼn plaas naby Redelinghuys in die Wes-Kaap verkrag.

Janus (Boeta) Powell (37) is Saterdagaand doodgeskiet op ʼn plaas tussen Hoopstad en Bloemhof in die Vrystaat toe hy na die plaashek gery het om mans daar te kry wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het.

ʼn Man, vermoedelik in sy 20’s, is Maandagoggend dood op ʼn plaas buite Potchefstroom in Noordwes aangetref.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jaco ·

En die is die mense wat vir ons land groente vrugte en vleis voorsien. Dit wat ek noem n skop onder daie agter end om dankie tese. Poliesie gee niks om nie en ons boere word uit gemoor. Wanner gaan dit genoeg wees. Wanner word ons get rigger?
Die land is siek

Boerboel ·

Om n’ boer te wees of om op n’ klein hoewe te woon is baie gevaarlikke werk. Dit beteken tot en met vandag was daar 1.13 plaas aanvalle per dag, Kom ons hoop dat die nuwe ooreekoms met ADT sal vrugte afwerp. SAPD kan niks doen om die kosmandjie van ons land te beskerm nie. Al die lewens wat verloor is, en waarvoor? Is dit nog die moeite werd om te boer. Is dit dalk die vrees wat gesaai word sodat boere moet oppak?

Emma ·

Baie slegte nuus jammer vir die boere. Vrou naby villiersdorp ook aangeval. Regtig mense daar sal dringend iets gedoen moet word die regering sal nie die wittes en boere bystaan nie.

Laksman ·

En ons kla en kla en niemand luister nie…… Tyd dat ons self iets doen en en wys wat gebeur met lafaards wat net wil moor !

Anoniem ·

Die terroristiese geweld op plase het net nie END nie en die regering sit handjies gevou !

anton ·

Stem saam Laksman maar glo my as die wittes iets gaan doen aan die terroriste en moordenaars sal die polisie vinnig wees om hulle te vang want sien die staat keer die geweld goed teen blankes.
Polisie tree net op teen blankes!!!
Blankes sal baie slimmer te werk moet begin gaan.

Marita ·

Sal n Swart Maandag nie help v bewuswording vir alle moorde nie? Kan Afriforum nie help hiermee ? Ek plaas die klem op ALLE moorde

Andrea ·

Kan n dinamiese beweging soos Afriforum nie help om n privaat sekuriteitsmaatskappy (lees ‘kommandostelsel’) te organiseer nie? Hierdie mense moet op die plase bly en 24 patroleer. Welgestelde boere, vriende, familie, volksgenote kan help betaal vir hierdie dienste waar bejaardes en of mindergegoedes nie kan bykom nie. Moenie vir my sê dit kan nie daargestel word en kan nie werk nie. Dit moet gou in plek kom.

fourie ·

Die polisie het gefaal en nou hoop ek fidelity guards wys die spul hoe dit gedoen moet word.

Anoniem ·

Die terroristiese geweld op plase het net nie END nie en die regering sit handjies gevou !

Heksie ·

NIEMAND anders gaan ons boere help nie, ons moet dit self doen, en dit sê ek al jare!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.