Bloedtrekvideo: Motoris reeds van dronkbestuur aangekla

‘n Skermgreep uit die video.

Die motoris in die sogenaamde bloedtrekvideo wat sedert die naweek op sosiale media versprei word, verskyn na verwagting Woensdag in die landdroshof in Randburg.

Volgens kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, is die vrou Vrydag in hegtenis geneem. Sy word daarvan aangekla dat sy onder die invloed van drank bestuur het, het Masondo gesê.

Maroela Media het vroeër berig die 25-jarige vrou het glo nie ʼn alkoholblaastoets geslaag nie, wat die Johannesburgse metropolisie genoodsaak het om haar in hegtenis te neem en na die Douglasdale-polisiestasie, in die noorde van Johannesburg, te neem.

ʼn Metropolisielid moes die vrou glo vaspen sodat die bloedmonster van haar geneem kon word. ʼn Video is van die prosedure gemaak en op sosiale media versprei.

Die Gautengse portefeuljekomitee oor gemeenskapsveiligheid het intussen ʼn ondersoek verwelkom wat die Johannesburgse metroraad na aanleiding van die voorval begin het.

Die portefeuljekomitee het Dinsdag sy kommer uitgespreek oor die beweerde gebruik van uitermatige geweld terwyl die bloedmonster geneem is.

“Die komitee doen ʼn beroep op wetstoepassers om nie in die uitvoering van hulle pligte inbreuk te maak op die regte van burgers nie, omdat sekere optrede as ʼn skending van menseregte, soos omvat in die Grondwet, gesien kan word,” het die komitee in ʼn verklaring gesê.

“Die komitee doen ook ʼn beroep op burgers om met wetstoepassers saam te werk as daar billike gronde is om te vermoed dat iemand onwettig opgetree het.”

Die komitee het gesê een van sy sleutelrolle is om as waghond van wetstoepassers in die provinsie op te tree en wetstoepassingsagentskappe verantwoordbaar te hou om te verseker Gautengse inwoners is veilig.

Die komitee het gesê hy wag intussen op die uitslag van die interne ondersoek na die voorval en dat gepaste stappe teen die betrokke beamptes gedoen moet word, sou hulle verkeerd opgetree het. Die komitee het ook gevra dat die ondersoek so gou moontlik afgehandel moet word.

Dr. Llewelyn Curlewis, ʼn strafregkenner, het vroeër aan Maroela Media gesê die metropolisie mag volgens die Strafproseswet daarop aandring dat ʼn persoon se bloed getrek word indien hulle vermoed dat ʼn misdaad gepleeg is – selfs as dié persoon hom of haar teësit.

ʼn Persoon kan ook nie die verweer gebruik dat hy of sy bang is vir naalde en dat hul bloed om dié rede nie getrek mag word nie.

“Die feit dat jy bang is vir ʼn naald beteken nié dat die polisie nie hulle ondersoekwerk kan doen nie. As dit het, sou almal daardie verskoning gebruik het om nie hulle alkoholinname te laat toets nie. Die strafproses gee die polisie die verweer sodat hulle hul werk kan doen,” het Curlewis gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

sandra ·

Maar om iemand so te behandel en dink hulle gaan met dit weg kom is kommer wekkend.
Hoop daar sal ook opgetree word teen die metroraad personeel wat betrokke is in die video. VRA MAAR NET !!!

Heidi ·

Sy het die blaastoets nie geslaag nie, klaar goeie aanduiding dat sy dronk bestuur het. Ek het geen simpatie met haar nie. Hoekom? Kyk na die slagting op ons paaie. Hoeveel lewens word verwoes deur dronkbestuur?

Lolla ·

Ek was vir 10 jaar by die SAPD en ek glo nie jy weet hoe uiters swak die publiek hulle gedra nie. Spesifiek met dronkbestuurders, vloek jou onder jou klere in, beledig die beamptes wat net hulle werk probeer doen, so simpatie met die beamptes wat ook maar net hulle werk probeer doen het.

Siener ·

Die vrou blyk om skuldig te wees maar daar is steeds dinge soos menseregte en dinge op die regte manier doen. Van waneer af is ‘n vuil polisie kantoor ‘n gepasde plek om bloed te trek ten aanskoue van die publiek? Dis waarvoor hospitale daar is. As die polisie lede en sogenaamde suster skuldig is aan menseregte skendings hoop ek hulle word ook aangekla en persoonlik aanspreeklik gehou vir hulle aksies. Dan het hulle oor die lands reels gebreuk.

Geitjie ·

Siener, wat natuurlik nie sal gebeur nie. Indien die polisie wel skuldig is gaan niks hiervan kom nie. Ek stem 100% saam, hoe die joos word bloed getrek in n polisie kantoor. Slaan my totaal dronk.

Pieter Bezuidenhout ·

Dit is heel reg dat hulle haar probeer vas hou het om bloed monsters te neem. Dit maak nie saak hoe hard sy gegil en geskree het nie, want sy weet sy is skuldig. Die polisie het hul werk gedoen en haar vas gepen om dit te doen. Ons het al baie van ons mense in dronk en onder die invloed verloor deur die dood met sulke mense. Ek is ń motorfiets ryer en staan vas agter die polisie om die soort mense vas te vat. Van die begin van 2019 het ons al oor die 700 motorfiets ryers verloor deur motor voertuig bestuurders. Dit is belaglik en moet stop, “so met of sonder geweld, video’s of foto’s, sit hul agter die tralies” Want ń lewe kan hulle nie terug bring nie.

Anti Kawa ·

@Pieter Bezuidenhout; Het jy die video gekyk? Waar is die handskoene wat die verpleegster moes dra? Sy druk dan teen die ruit met haar hand toe sy sien sy word afgeneem en gaan dan maar net verder aan om die bloed te trek, dis nie higiënies nie! Wat as die meisie siektes optel? Die meisie is aangekla, nie skuldig bevind nie. Hoeveel motoriste het nie al hulle lewens verloor as gevolg van motorfietsryers wat onverskullig ry (gewoonlik diep onder die invloed) jaag en ongelukkige veroorsaak nie? Hou jy by die spoedgrens? Ry jy nie tussen stilstaande voertuie deur om voor by die stop / robot van ‘n 4-rigting te staan nie. Haal asb die chip van jou skouer af, no one is above the law, nie motoriste of motorfietsryers nie. Almal is ewe skuldig.

ne ·

Sal graag wil hoor of JMPD korrek opgetree het. Was dit ‘n gekwalifiseerde verpleegster wat die bloed getrek het? Die plek het maar vuil gelyk.

Skoolgeld ·

Skoon was die laaste ding wat ek daar sou verwag dis SA nie Switzerland nie? As jy nie by die reëls kan hou nie moet jy maar vat wat jy kry. Hoop regtig hierdie is vir ander ñ les, dis ñ goeie ding om die video te sien!

Pieter ·

Dit is darm baie snaaks nou dat almal die video gesien het nou het hulle al sommer die uit slae daar is sake in die hof wat al al 2jaar sloer omdat hulle glo wag vir die uit slae die land en sy regering is om van siek te word

HPV ·

Geen simpatie, sy het dit oor haarself gebring. Ek was in ‘n kop aan kop botsing met ‘n dronk bestuurder in die ander motor.

Man vang, Man staan ·

Ek verstaan nie hoekom almal so tekere gaan oor hierdie vrou nie, sy het ‘n wet, ‘n geldige wet, ‘n belangrike wet, oortree. Sy het onskuldige mense se lewens in gevaar gesit, toe sy dronk voor haar stuurwiel in klim. Ek is bitter bly dat die metro haar van die pad verwyder het. Wanneer gaan ons besef dat dronk bestuur taboe is, dalk wanneer ons ‘n geliefde verloor as gevolg van ‘n dronk bestuurder?

Ek is bitter jammer, ek het geen simpatie met hierdie vrou nie. Man vang, man staan.

pieta ·

Stem saam……nou is almal skielik aan die dronk bestruurder se kant omdat sy skeeu soos ‘n dronkie. Vader land…hoop nie ‘n dronk bestuurder kruis hele pad eendag nie.

ES ·

Ek voel tweesydig oor die voorval. Die polisie het hul plig nagekom deur haar te arresteer en om haar daarna na die stasie te vat om bloedmonsters te neem.

Ja, die polisiestasie is vuil en ja dit was dalk uitermatige geweld wat gebruik was om haar vas te pen, maar ek het self al meer as een keer met dronk persone te doen gehad (‘n man en ‘n vrou, op twee afsonderlike gevalle) en jy kan nie met ‘n dronk persoon redekabel nie. Die vrou en man in my geval was uitermatig aggressief gewees.

Ons het nie gesien wat gebeur het voor die tyd nie, sy kon ook dalk baie aggressief gewees het en moes dalk vasgepen word omdat sy haarself met geweld teengesit het.

Dit was dalk nie die regte manier om dit te doen nie, maar dit was moontlik die enigste manier om haar onder bedwang te bring.

Leon ·

As jy wil drink, bestuur jy nie, al is jy ook hoe slim en sterk op daardie oomblik, jy stel ander onskuldige padverbruikers se lewe in gevaar. Ongelukkig geen simpatie met enige persoon wat drank gebruik en dan wil bestuur. Vat maar wat jou toekom

PTA Seun ·

Hoekom is die JMPD en die nurse meer bekommerd oor die maak van die video as die pasient. Eerstens het daai nurse geen handskoene aan nie. Tweendens druk sy die watte teen die venster om te keer dat sy nie afgeneem word nie. Dan vat dit 2 JMPD lede om die vrou onder beheer te neem en ook die nurse. Ek verstaan die wet se hulle moet bloed trek maar dan doen jy dit in ‘n mensewaardige manier en deur professionele mense wat ondervinding het met so tiepe scenario. Jy gebruik nie ‘n hammer om skroewe intedraai nie.

Wielspore ·

As sy aangekla is het ‘n staatsaanklaer alreeds genoeg bewyse om skuldigbevinding te bewerkstellig. Dronkbestuur in SA is ‘n krimenele oortreding en dit kom op jou rekord, verskeie maatskappy neem nie mense in diens wat krimenele rekords het.
As jy wil drink, bly by die huis waar jou vrou / man jou kan uitsorteer, moet nie van die staat verwag om jou anti-sosiale gedrag reg te stel, dit is onaangenaam.

Kallie ·

Hierdie saak is nou besoedel. Haar prokureur gaan die staat kou.

Lana ·

Help my reg indien ek verkeerd is.
Ek lees nog nêrens die uitslag van dié bloedtoets nie??

Jo ·

Ek stem saam, as jy die wet wil oortree dan moet jy die gevolge dra en jou samewerking gee aand overhede, daai persoon wat onder die invloed van drank bestuur kon mense of familie te lewe gekos het.

marous ·

Daar kan geweld gebruik word . Dieselfde met vinger afdrukke . Die grondwet is ‘n verskanste verskoning om bestaande wetgewing te negativeer . Dis die waarheid .

Nursie ·

Ag nee regtig jy kan in die veld bloed trek, jy het nie n teater nodig nie. Sy moes haar gedra het dan was alles nou oor en verby.
Ons sien net wat hulle wil he ons moet sien. Poplap nou het jy dit baie erger gemaak met jou tantrum!

J ·

Jy wil drink en bestuur. Ek dink persoonlik dronk bestuurders moet aangekla word vir poging tot moord, hul plaas ander se lewens in gevaar.

Francois ·

Ja, sy het dit oor haarself gebring. Vinnig om te kerm oor vuil polisie stasie. Maar glad nie bang om haar dronk lyfie agter stuurwiel in te skuif en ander mense se lewens op spel te plaas. Sy het blaas toets gedop. Dit was alreeds n teken dat sy dan eerder moes saamwerk. Maar nee. Wil mos slim wees en baklei. Hul moet maar al die feite uitlê. Mooi vir almal vertel hoe dronk sy was. Met haar klein bou vat dit 1 glas wyn en sy is oor die limiet. Hoop sy kry tronkstraf. N boete gaan haar niks leer nie

Wilma ·

As jy haar samewerking gegee het sou hierdie nie gebeur het nie. As sy bang is vir naalde moes sy dit onthou het voordat sy agter die stuurwiel ingeklim het. Daar is baie ander maniere om by die huis te kom na ‘n kuier. Kry n uber, bel familie of bly sommer net waar jy is. Sal graag wil weet wie die video geneem het! Die wat nie wil hoor nie moet maar voel!

Snip ·

Sy is reeds gevang vir dronk bestuur en het het nie die toets geslaag nie. Was dit regtig nodig om bloed ook te trek en kyk die manier hoe dit gedoen is. Ek wet daai beamptes weet nie hoe om dit te doen nie, en ek self is vrek bang vir`n naald, so ek neem haar nie kwalik dat sy so aangegaan het nie.

Saint ·

As bloed getrek moet word, dan moet bloed getrek word.

Vraag is egter of die persone betrokke by die trek van die bloed die nodige opleiding het om dit onder selfs hierdie omstandighede menswaardig te doen met opgeleide personeel.

JL ·

Die personeel mag haar vashou, maar die bloed word deur ‘n dokter of geregistreerde suster getrek. Nie deur die beamptes nie.

Henk ·

Mmmm ja met n bloedmonster wat in geen hof as geldige bewys kan dien nie. Gaan nou wil sien hoe korup is ons howe regtig indien hulle wel haar skuldig bevind met n bloed monster wat onder sulke onhigieniese omstandighede getrek is. Alle reels en regulasies is oortree deur die beamptes. Dit verbaas my dat sapd die saak aanvaar het wys net die onkunde en vervolg waansinnigheid

Johan JP ·

Mense – dit is “aanranding” – uitermatige geweld in die opsig was gebruik. En wat as dit een van die polisielede se kinders was, wat so behandel was ?

JL ·

En as sy jou kind doodgery het? As dit my dogter was, het ek haar ‘n loesing voor die hele polisie kantoor gegee. Nee aarde, mens vat mos verantwoordelikheid vir jou gedrag en besluite.

Sputnik ·

Reëls en regulasies oortree deur die beampte? Watter, behalwe handskoene? Klink mos eerder asof die “slagoffer” die padreëls en -regulasies oortree het!

Hb ·

Het julle al gehoor hoe skree n kind wat bang is vir naalde. Wat dun jy dan.Druk hom vas pappie. Di naald moet in. Geen simpatie vi daai drama queen nie

JL ·

Almal wat die Metroraad so opkeil en kritiseer, onthou julle kommentaar wanneer ‘n dronk bestuurder jou of jou familie in hulle peetjie in ry. Dit het in 2012 met my gebeur. My motor afgeskryf en my met veelvoudige nekbeserings gelos en het toe nog die vermetelheid om vir die polisie te se hulle moet my toets want ek is gesuip.

MT ·

2 verkeerdes maak nie dit reg nie. Ja, indien sy skuldig is was dit reg om haar te arresteer. Maar dan kom hulle en pen haar vas met ‘n man wat wydsbeen oor haar staan, hoeveel beamptes was daar? En dan nog die steriele omgewing waar hulle dit moes uitvoer. Geen handskoene. En dan sê dit vir my die persoon wat die bloed getrek het is nie gekwalifiseerd om die soort werk te doen nie want ‘n persoon wat gekwalifeer is sal weet om die regte prosedure te volg.

Adri ·

Het geen simpatie met haar. Sy het oortree. Na my mening het sy haarself swak gedra deur so te skree. Polisie moes haar noodgedwonge vasdruk.

Michelle ·

Ek het GEEN genadigheid met dronkbestuurders nie! As sy nie skuldig was nie sou sy haar nie so teen die bloedtoets teengesit het nie! Sy klink igv dronk in die video met haar “gehuilery”.

Dromer ·

Waar is die bewyse dat daar nie dalk met daai bloedmonster gepeuter is na dat haar bloed getrek is nie, niks verhoed hulle om alcohol in daai bloedmonster te gooi om n skuldigbevinding te kry nie, veral omdat daai bloed in n vuil polisiestasie geneem getrek is, dis hou korrup ons regstelsel is

Israel ·

Die polisie is nie by magte om bloed te trek nie, as die vrou n goeie prokureur kry dan stap sy en die polisie sit met n eis teen hulle , wie kan sê sy was dronk , niemand nie

Jeremia ·

Ek het geen simpatie met iemand wat dronk is en bestuur nie.
Dieselfde mate van fors moet toegepas word op mense wat met hulle fone in die hand bestuur.
Ry weer gister agter vrou wat lustig op foon teen die oor praat en bestuur.
Stop sulke mense, lê beslag op fone wn hulle moet vir kursusse gaan oor hoe om ander padgebruikers in ag te neem.
Kyk na slagting op ons paaie. Dronkbestuurders en foongebruikers help om hierdie slagtting te vererger.

Sarel ·

Baie EENVOUDIG!
As sy nie gedrink en bestuur het nie, het hierdie voorval nie eers BEGIN nie . . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.