Bloedtrekvideo: Wat sê die wet?

‘n Skermgreep uit die video.

Die Johannesburgse metro wag steeds op die uitkoms van die ondersoek na ’n video waarin ʼn vrou deur lede van die stad se metropolisie (JMPD) vasgepen word sodat ʼn bloedmonster geneem kan word.

Michael Sun, burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, het egter met sekerheid aan Maroela Media gesê dat ’n mediese praktisyn die vrou se bloed sou getrek het, nié ʼn lid van die metropolisie nie.

Indien dit die geval is, is die regte prosedures gevolg en het die metropolisie geen oortreding begaan nie, meen dr.  Llewellyn Curlewis, ’n strafregkenner.

Curlewis het Dinsdagoggend aan Maroela Media gesê die metropolisie mag volgens die Strafproseswet daarop aandring dat ʼn persoon se bloed getrek word indien hulle vermoed dat ʼn misdaad gepleeg is. Já, selfs as die persoon hom- of haarself teësit.

“Volgens artikel 37 van die Strafproseswet is die polisie gemagtig om op bloedmonsters aan te dring.”

Hy verduidelik dat hoewel polisiebeamptes die persoon mag vasdruk om hom of haar tot bedaring te bring, die persoon se bloed slegs deur ʼn geregistreerde mediese praktisyn getrek mag word.

Hoewel ʼn hospitaal die ideale plek is om bloedmonsters te neem, is dit ook nie nodig nie. “Dit kan daar op die toneel [waar die persoon afgetrek word] gedoen word indien ʼn persoon met mediese kennis na die toneel ontbied word,” het Curlewis gesê.

Daar is vroeër berig die vrou in die video het glo nie ʼn alkoholblaastoets geslaag nie, wat die JMPD genoodsaak het om haar in hegtenis te neem en na die Douglasdale-polisiestasie, in die noorde van Johannesburg, te neem.

“Dit is belangrik om kennis te neem dat ʼn polisiebeampte, ingevolge wetgewing, ʼn persoon wat weier om ʼn bloedmonster vir wetstoepassingsdoeleindes te gee, fisiek in bedwang mag bring,” het Sun vroeër gesê.

Curlewis verduidelik verder dat enige monster van ʼn persoon geneem mag word om as bewyse te dien as die polisie vermoed die persoon het ʼn misdaad gepleeg. Dit sluit enigiets van hare, semen, DNS tot vingerafdrukke in.

Daar is verskillende maniere en apparate wat gebruik kan word om ʼn persoon se alkoholinname te toets. Al dié toetse is egter nie ewe betroubaar nie, so dit is moontlik dat die vrou se alkoholblaastoets ʼn verkeerde lesing kon gee. “Daarom word dit opgevolg met bloedmonsters,” verduidelik Curlewis.

ʼn Persoon kan nie die verweer gebruik dat hy of sy bang is vir naalde en dat hul bloed om die rede nie getrek mag word nie. “Die feit dat jy bang is vir ʼn naald beteken nié dat die polisie nie hulle ondersoekwerk kan doen nie. As dit het, sou almal daardie verskoning gebruik het om nie hulle alkoholinname te laat toets nie. Die strafproses gee die polisie die verweer sodat hulle hul werk kan doen,” verduidelik Curlewis.

En hoe weet ʼn mens of die naald skoon is? Volgens Curlewis word ʼn mediese praktisyn opgelei om die regte prosedures in gevalle van dié aard te volg.

“Hulle het niks met die gereg te doen nie. Dit is hoekom jy hulle laat inkom. Hulle weet dat die plek in die geval van dronkbestuur nie met alkohol gesteriliseer word nie, maar met gesteriliseerde water. Hulle weet dat jy die naald voor die polisie oopmaak om te wys dat dit nie besmet is nie. Dit is ʼn lang proses wat gevolg moet word.”

Indien die bloedtoets egter nié deur ʼn mediese praktisyn gedoen is nie, sou die vrou ʼn siviele eis teen die lid aanhangig kon maak, verduidelik Curlewis. “Bloed trek is aanranding as jy nie ʼn verweer het nie.”

Dít beteken dat die betrokke polisielid afgedank kan word en krimineel vervolg kan word.

Volgens Sun is die ondersoek nog in ’n vroeë stadium en sal daar geen inligting bekend gemaak kan word totdat die ondersoek afgehandel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Leon Coetzee ·

Wat van privaatheid , sekerlik moet dit nie in die openbaar gedoen word nie

B ·

Wel as sy nie onder die invloed was hoekom moes daar dan bloed getrek word? Die asemtoets was sekerlik die eerste linie van opsporing hier, eers dan word verdere verwysing (bloedtoets) gedoen indien nodig?
Die feit is sy moes haar samewerking gee. Afdeling 65(9) van die betrokke wet bepaal dat toestemming nie geweier kan word deur die bestuurder.
Goed gedoen Metro, mense onder die invloed is ‘n gevaar vir onskuldige mense op die pad. (Snaaks die ophef as Metro hulle werk doen?)

Dorie Niemand ·

Hopelik sal daar teen die persoon wat die video geplaas het, ook opgetree word, want daar word regtig te maklik na sosiale media toe gehardloop, voor hulle seker is van hulle feite., en so word spanning tussen mense aan geblaas onnodiglik

Basjan ·

Dorie Niemand, dit was beslis nodig dat daardie persoon die video geneem en versprei het. As die polisie/metropolisie onskuldig is, good luck. Maar as hulle skuldig is, kan hierdie video as ‘n waardevolle bewysstuk teen hulle gebruik word.

Sandra ·

“B” Lees asb weer die berig. Kyk na paragraaf 8 “sy het nie die blaas toets geslaag nie”

Johan ·

Sy kan vra dat haar huis dokter of regsverteenwoordiger teenwoordig is .Dit moet so aan haar verduidelik word deur die polisie beamptes.

Magda ·

As die persoon skuldig gevind word vir dronk bestuur hoop ek die mense wat so baie kla dat Metro nie hulle werk doen nie, nou sal stil bly. Daar is nog goeie mense tussen ons, net bitter skaars.

Hennie ·

As sy nie skuldig is nie hoop ek sy dagvaar die polisie vir ‘n groot eis.

Tyd dat die polisie begin “body-cams” dra.

FvR ·

Sê ek ook. Mense kan gou blou moord skree. Ek weet dat meeste Polisie lede goeie werk doen. Dankie aan elkeen van julle.

Martin ·

Ag Hennie asb. Hou op om altyd die polisie te wil kritiseer en sleg te se. Die vrou was duidelik dronk. As sy in jou vas gery het en jou vrou of kinders is dood sou jy nog steeds so vir haar opgestaan het.

Ja swaer ·

@Johan hierbo, sy kan seker vra maar sy het geen wetlike reg om haar regsverteenwoordiger of huisdr teenwoordig te he nie. Gaan lees art 37 vd Strafproseswet.

Susan vl ·

Stem saam dat as sy onder die invloed was, moet sy die punch vat. Soveel onskuldige mense boet agv n dronk bestuuder. Maar as sy nie onder die invloed was, stem ek saam om n eis in te stel omrede hierdie hele melodrama onnodig was. MM vetrou ons sal hoor van alkol inname…moes alreeds geweet ht. Is dit nie.

Hmmmm ·

Volgens wet het jy ook die reg om te vereis dat jou dokter / verpleegster van keuse bystaan wanneer die bloed geneem word – is die opsie aan haar gegee? Ek twyfel sterk dat die monster nie contaminated is / was nie. Dit lyk nie vir my reg nie. Nou raak dit hulle woord teen hare.

Kallie ·

Die wet is een ding, maar die toepassing is ‘n ander storie.

Martin ·

Waar staan dit in wet? Volgens Art 37 van die strafproseswet mag die polisie bloed monsters neem. Verset jy, Dan is dit dwarsbooming van die gereg.

LV ·

Ek stem nie met Hmmm se stelling saam nie dat die wet voorskryf dat jou huisdr teenwoordig moet wees nie,daarom het ek gevra hy moet aandui op grond van watter wet staaf hy sy bewering.

Ig ·

‘n Mens het glad nie die reg om aan te dring op die teenwoordigheid van jou prokureur of dokter nie. Ek weet nie wie dink die goed uit en verkondig dit vir die waarheid nie. Die polisie moet die bloed binne 2 ure nadat die persoon bestuur het trek, anders is die toets waardeloos as bewysmateriaal.

MM ·

Wil graag weet waar is die persoon wat bloed trek se handskoene? En mag `n polisie MAN `n vrou vasdruk om bloed te trek? moet daar nie `n VROU wees vir dit nie? Ek is jammer maar ek stem GLAD nie SAAM met die manier waarop dit gedoen is nie.

J ·

Ja n MAN mag. Handskoene is nie n wetsvereiste om bloed te trek nie. Sy skreeu want sy weet sys gevang.

Marinda ·

Hulle dra nie eers handskoene in die privaat hospitale as hulle bloed trek nie. Ek weet, my man lyk al soos ñ bloed toets, dis hoe baie toetse hulle op hom gedoen het.

Kobus ·

Indien ‘n manlike wetstoepasser aan ‘n vrou raak sonder haar toestemming kan dit gesien word as onwelvoeglike aanrading. Punt. Wag tot ‘n man aan jou dogter vat, al was sy storm dronk. Dan praat ons weer.

Therese van Schalkwyk ·

Ongeag wat “die wet sê”, die feit bly staan dat die situasie eenvoudig skokkend hanteer is.
Woorde ontbreek, sal volstaan met … volkome derdewêrelds.

Hans ·

Die persoon het onder die invlied bestuur en so honserde ander wetsgehoorsame mense se lewens ingevaar gestel – plaas hul haar opgesluit het ook.

Netso ·

Sean, dis sekerlik moontlik om hom die toets te slaag maar kan jou gerus stel, as ñ mediese dokter mens nie die toets pluk nie.

piet piet ·

Wag tot Curlewis se vrou of dogter so hardhandig behandel word en sy is onskuldig dan hoor ons weer wat hy sê

SjN ·

Is die gebruik van handskoene verpligtend, die aanvraag na skokstokke gaan nou die hoogte inskiet.

Swanna ·

Ek sal sê as dit deur ‘n gekwalifiseerde mediese ampte wat bewys gelewer het dit hy/sy so ‘n persoon is en die regte prosedure gevolg is met die naald wat uit ‘n geseëlde omhulsel kom het geen keuse nie. Jy moet bloed laat trek as die metro dit ys nadat jy ‘n blaas toets gedop het want dit maak net hulle saak sterker. Maar om ‘n persoon vas te druk en onder daardie omstandigehede onder dwang bloed getrek en as ek reg gekyk het en luister op die video is dit amper soos verkragting en rassisties was juis met die metro beampte wat baie agresief opgetree het. Hulle kon daardie pewrsoon se bloed vat te beseer het en ek glo hulle het. Nee wat maak ‘n saak teen daardie klomp skobejakke van metro. Geen rede vir hulle om so op te tree nie. Dit is nie hoe dit gedoen word nie.

Pypieblaas ·

Toe ek 18 jaar oud was en seker omdat ek net n leerling liksensie gehad het en wit is alleen die pypie moes blaas toe die skuldige Ander motoris sien ek blaas pypie toe ry hy net weg maar polisie tree toe nie op. Ek wens ek het kamera gehad om als te ver film ek het ook nie eers gedrink maar wel gelyk Ander motoris het.

Koos de Meyer. ·

Nou die dag het ‘n persoon hotcross buns geëet en toe volgens die toets was hy bo die limiet. Nou wonder mens hoe akkuraat is die instrument. Dan is bloed monsters maar die beste.

Nee ·

Dot was n 1 April grappie. 1April is nie verniet gekke dag nie. Slegs gekke glo dit.

Ha ha ·

Ja Koos, spesiale resep seker. Koekmeel, bakpoeier, suiker, sout en halfjack ne

Truia ·

Nou word al die wette uitgepluk en siedaar!!!sy is skuldig. Daai vrou het so groot geskrik ek dink sy het in ‘n “panic attacked” ingegaan, ek sou dit heeltemal verloor het as ek so vasgepen geword het, ek glo nie sy het op daai oomblik geweet wat gaan met haar gebeur nie.

Katryn ·

My seun het net so vrees vir naalde laat aan sy tande werk sonder inspuitings. As dit hy op daai tafel was so daar bloed gevloei het hulle so hom moes skiet om hom onder bedwang te bring

Biancea ·

SKOKKENDE nuus,SANDY…die meerderheid “bestuurders” weet DÍT nie, kan jy glo…!!!

Annelize ·

Wat het die vrou in die eerste plek agter die stuurwiel gesoek met haar dronk lyf? As sy die blaastoets gefaal het, het die Verkeerspolisie die volste reg gehad om haar te arresteer en die nodige bloedmonster te laat trek vir vervolgingsdoeleindes in die hof. En as sy haar teesit, kan dit ook by die klagstaat gevoeg word en dien as strafverswarend. Mense, vergewis julleself asb van prosedures en wetlike aangeleenthede voor daar sommer net aannames gemaak word en kommentaar gelewer word.

Ek ken iemand wat tans jarrrrrrrre se moeilikheid en bekommernisse het agv ‘n dronk vrou wat aangejaag het agter die stuurwiel. Ek het soos in GEEN simpatie met haar, of die vroumens in hierdie video nie.

Wees eerder dankbaar sy is deur die Verkeerspolisie vasgetrek, of is dit nou vasgepen, voor sy een van julle, of julle geliefdes se dood veroorsaak het. Mense is so maklik om altyd vinger te wys en te vra maar waar is die “spietkops” as iets gebeur, maar goeie genade, doen hulle wel hulle werk, dan is dit ook verkeerd! Wat wil julle nou eintlik he?

Ek skud maar net my kop vir die wat die vrou so vurig verdedig. Hoop net hulle sal ook so tekere gaan as dieselfde vrou een van hulle of hulle geliefdes doodverongeluk met haar dronk lyf.

Wonder Net ·

Goeiste! So besluit so baie slim mense die vrou was dronk! Hoe weet julle dit? Dit is juis die punt hier. Die wetstoepassers HET NIE VERSEKER GEWEET sy is dronk nie, DAAROM moes hulle blykbaar bloed trek. Die probleem is nie WAT nie maar HOE dit gedoen is.
Die wat so slim is en reeds reken sy was dronk – gaan bied asb julle dienste van heldersiendheid aan asb? Dit kan almal baie moeite, pyn, onkunde en drama spaar.

Gerda ·

Wonder net, dis prosedure. As jy bo die limiet blaas moet jy bloed gee….. of moet sy in n sakkie blaas sodat hulle haar sakkie asem bêre vir die hof? Net die feit dat hulle haar stasie toe vat spreek boek dele hoe getrek sy is.

Dalk sit sy juis so keelgat op want wie weet wat gaan daai bloed resultaat als wys….

Bianca ·

Neee….Wonder Net…jy maak n fout.
Mens gaan nié só te kere, as jy onskuldig is nie.
As jy met RESPEK wil behandel word, moet jy só optree ook en jouself gedra

Annelize ·

Sy het die blaastoets gefail. Dit vat nie ‘n heldersiende of wetenskaplike om te weet wat dit beteken nie.

zerotolerance ·

As sy onskuldig was, hoekom het sy nie haar samewerking gegee nie? Jammer, te veel onskuldige mense word deur dronk bestuurders vermoor op ons paaie. Hulle moet die gevolge dra.

Frank ·

Ag raak wakker…. die polisie het 2 ure. Hulle gaan nie wag tot jou slapende dokter kan kom toesig hou nie. Hou op suip en bestuur. So maklik

Bianca ·

Neee….Wonder Net…jy maak n fout.
Mens gaan nié só te kere, as jy onskuldig is nie.
As jy met RESPEK wil behandel word, moet jy só optree ook en jouself gedra

ZeeBee ·

Stem dat sy haar pak moet vat as sy dronk bestuur het MAAR …… kan nie wag om te hoor wie het daai bloed getrek nie. Want as dit nie deur die regte kanale gegaan het nie hoop ek dat sy ‘n baie slim prokureur kry. Wat is die rede dat die vrou probeer om die “blinds” toe te trek . Wat mag ons nie sien nie ?

Wielspore ·

In my leeftyd van bietjie meer a ‘n half eeu het ek nog altyd my samewerking gegee gedurende die uitvoering van ‘n geregsdienaar se pligte en het nog nooit so iets ervaar. Van my vriende het al hulle roes af geslaap in die tronk omdat hulle nie wou saamwerk, die keuse is joune. As jy grondpad wil ry, gaan jy pap wiele kry.

Bianca ·

WÍELSPORE…dit lyk nié, of almal saamstem met ons nie….

Onnie ·

Ek wonder net of hulle ‘n taxi drywer ook so sou vasdruk… Ek “skeem” hulle sal sleg 2de kom. Hulle kies sagte “targets” want hulle is te bang om die werklike padvarke vas te vat. Daarmee sê ek nie die vrou is onskuldig nie, ek wonder net of hulle almal so behandel. Dit was darem bietjie rof. As sy dronk was moet sy beslis boet, nes enige ander padvark wat lewens verwoes.

KP ·

Ek se nie die vrou is skuldig of onskuldig nie maar hoe weet ek die persoon wat die bloed trek is die regte een, kan jy aandring op identefikasie en bevoegtheid sertefikaat? Vra maar in belang van algemene publiek.

TINRSA ·

Van wanneer af is alle polisie beamptes geregistreerde mediese praktisyns, Martin? In die artikel wys Regter Curlewis daarop dat slegs geregistreerde mediese praktisyns mag bloed monsters neem. Was die persoon wat die bloed monster geneem het ‘n verpleër of verpleegster? Niemand het dit bevestig nie. Ek sal seer sekerlik nie toelaat dat sommer enige polisie beampte ‘n naald in my steek nie. Hy/sy sal gery word as nie bewys word dat hy/sy ‘n mediese praktisyn is nie.

tw ·

Ek is totaal geskok. Nie net oor hoe hierdie voorval gehandteer is nie, maar oor ons ongevoelige sodanige opgevoede , ek neem aan – blanke mense, se harteloosheid. Niemand weet of sy onder die invloed was of nie, een glas wyn gehad het of n kas bier. so hoe kan enige mens se dit is reg sy het dit verdien, ek wed julle die helfde wat so gal braak het al baie meer alkohol in hul are gehad terwyl hulle bestuur het. die punt bly, as dit my dogter, ma of myself is wat so hanteer word, sal ek verwag dat my mense agter my sal staan en my nie met hulle onkunde in my rug steek nie. ek skaam my vir my volk. was dit andersom het S.A. nou gebrand en al wat n TV program oorsee is al hieroor ingelig.

Martin ·

Is haar regte nou meer van belang as die mense wie lewens sy in gevaar gestel het? Ek staan nie agter wat duidelik die wet verbreuk het nie.

W ·

Die Grondwet betaal dat elke persoon die reg het om menswaardig behandel te word. Daar bestaan geen ander regsgronde vir die onmenswaardige behandeling van n persoon nie. Hierdie was uiterste onmenswaardige behandeling en daar is geen verskoning hiervoor nie . Daar is ander maniere om die vrou te beteul.

SeMaarNet ·

Ek stem volkome saam met jou. Kyk ek is glad nie teen dit dat hul haar bloed moes trek nie. As sy dronk bestuur het, is daar regulasies dat bloed getrek word. Ek sal selfs nog hanteer dat die suster sonder handskoene te werk gegaan het, en ek sal haar benefit of the doubt gee dat alles steriel en skoon verder was. Waar iets nie reg hanteer is nie, is waar die metro polisie man half oor die vrou gele het om haar vas te druk. Daar moes ‘n vrou dit eerder gedoen word. Vir my grens dit aan seksuele klag… as enige vrou dronk is, en ‘n man druk haar so vas, gaan hulle in groot moeilikheid beland. Op lughawens mag slegs ‘n vrou, ‘n vrou ondersoek, etc. Selfde reels behoort hier te geld. Die word mooi verduidelik in IOL net so voor April paasnaweek. As sy dronk was, moet sy haar straf uitdien, maar ek is geskok dat ‘n man so oor haar gaan le het om haar vas te druk.

Martin ·

Gaan lees Art 49(1) van die strafproseswet. Die vrou se optrede is verkeerd. Sy kon iemand se dood veroorsaak het. Maar volgens jou sal haar regte dan seker meer van belang wees as geregtigheid.

B ·

Ek stem W, die vrou het glad nie die Metro menswaardig en met respek behandel, hulle is ook geregtig daarop. Seker gedink haar ‘white-privilege’ gaan haar red :)

As sy haar samewerking gegee het was daar mos geen probleem, hoekom nou die probleem ‘verplaas’?

bjsmit ·

ek was al in die hospitaal gewees waar n volwasse man wat n hart aanval gehad het en net so tekere gegaan het oot n inspuiting bang vir naalde

Hexi ·

Bjsmit
En hoe vergelyk jy die 2 gevalle? Was jy teenwoordig by die vrou se voorval ook?

MARYKE ·

Net my twee sente werd, hierdie dame was nie alleen in die kar nie, sy is gesien en gestop waar sy op die sypaadjie met haar kar ry en die ergste is haar kind was saam met haar in die kar. My Ma het my altyd gese moet nooit met n dronk mens argumenteer nie want hulle sal altyd reg wees. Die dame was so onbehoorlik dronk, ek dink nie sy het eers agterkom sy skree so nie. As die mannetjie wat buite gestaan het en die video geneem het n “gentleman” was kon hy mos ingaan en die metro attent maak op haar regte. Maar nee dit is makliker om soos n coward buite te staan, video te skiet en dit te versprei. As hy n man was het hy haar gaan help, dit is te se as hy darem by sy sober positiewe was.

Bianca ·

Jy is reg MARYKE…ek kan werklikwaar nie glo soveel mense,wil n besopene se kant kies nie…!!!!!!
JAMMER vir háár vreeslike skrik en ontnugtering, maar as jy GEDRINK IS BLY JY WEG UIT JOU MOTOR EN VAN DIE PAAIE AF,finish-en-klaar

Johan ·

Mmmmmm jy is 100% reg.Haar regsverteenwoordiger kan ook bystaan as sy so versoek.

Martin ·

Die polisie hoef nie vir haar regsverteenwoordiger wag om haar bloed te trek nie, by dronk bestuur sake.

Martin ·

Die vrou was duidelik dronk. Haar gedrag wys dit. Maar almal wil haar kant vat en die polisie kruisig. Mense moet net onthou jaarliks sterf mense op ons paaie as gevolg van mense soos die vrou in die video. Julle geliefdes se lewens is op die spel as gevolg van dronk mense soos die vrou.

Bianca ·

MARTIN…blykbaar voel die mense, op dié forum…dié geklitste vrou, se regte en integriteit is aangetas en geskaad…en gladnié wát se gevaar sý, op die pad besope vir ánder menselewens was

W ·

Alle wette is ondergewig aan die Grondwet Alhoewel die polisie geweld kan gebruik om haar bloed te trek bepaal die wet uitdruklik dat die minimum geweld gebruik moet word Vra jouself net die vraag af of hulle nie ñ ander metode kon gebruik het om haar onder bedwang te bring nie Was dit regtig nodig vir ñ man om met sy hele lyf bo oor haar te le Dink jy nie vir een oomblik haar menswaardigheid integriteit en privaatheid is hierdeur geskend nie Dink jy vir een oomblik omdat sy dalk moontlik dronk was kan sy nie op bogenoemde regte aanspraak maak nie?

Johan ·

Solank politici oor ons heers sal ons nooit vry wees nie, al dink mense hulle is vry. Ons almal is net werkende vleis. Die dood maak jou vry.

Hein32m ·

Ek glo nie dis n kwessie van of sy onder die invloed was of nie… Dis nie nodig om enige persoon so te behandel nie… Jy wat sê sy het haar blaastoets gefail… Gaan jy dit like as jou dogter of vrou of sister so gehanteer word??? As sy verkeerd was en wel gekuier was… By all means volg die stappe.. Maar nie op so n manier wat dit lyk asof dit afgedwing was nie…

Bokkie ·

Ja B as dit met jou gebeur het sou jy ‘n lawaai gemaak het

Martin ·

Equality before the law is paramount and mandatory! Dit beteken dat hulle nie mag opteam teen jou voor jy skuldig bewys is nie. Nie dat ek vir n dronkie wil staan nie maar daar was volgens my teen haar opgeteam. Ons land se wetstoepassers beweeg in die gedeeltes van die wet wat hulle pas. Dit raak tyd dat ons onself opskerp oor die wet rakende ons regte.

Henk ·

‘n Stukkie advies wat dalk jou menswaardigheid en lewe kan red in die nuwe SA… As die polisie/ metro/ verkeerspolisie jou sou vang of aanhou (skuldig of onskuldig) . Maak dit beheersd en rustig duidelik dat jy jou volle samewerking sal gee. Wees beleefd en respekvol al is die lid eerste arrogant. Jy sal verbaas wees hoeveel jy kan vermag en met bietjie geluk stap jy weg met net ‘n waarskuwing.

Salomé ·

STEM 100% saam met jou Henk!
Hanteer hulle met respek en wees beleefd

Anoniem ·

You have the right to access your own medical practitioner ,if he or she is available. You must bear these expenses yourself.
You have the right to be examined in a place that is designed and equipped for this purpose – not a police cell, charge office or poorly equipped spot.

Docpietza ·

Therese. Glad nie 3de werelds nie. In ander 1ste wereld lande is wet die wet en landsburgers gehoorsaam dit. As hul teenstaan dan word hul soms baie erger behandel as hier want die wet beskerm die polisie ens.

Louise ·

Metropolisielede wie hulle werk doen, moet ondersteun word. ‘n Vrou van Limpopo het eendag by my gespog hoe sy haarself uit die tronk gehou het, deur ‘n “op-die-plek-boete” van slegs R 200 te betaal. Die verkeerspolisie het blykbaar knus buite ‘n kuierplek gewag en almal afgetrek wat uitry. Haar bloed-alkoholvlak het geregistreer op 0.21! Haar twee kinders het in die voertuig gelê en slaap, want dit was al nà middernag. Sy het doodeenvoudig na ‘n ander kroeg gery en verder gekuier tot vroegoggend. Kudos dus aan die beamptes wat oortreders aan die pen laat ry.

Cilla Neill ·

Die belangrikste vraag vir my is was die vrou wat die bloed getrek het ‘n gekwalifiseerde mediese persoon. Die polisie kon die saak baie beter hanteer het. ‘n Mens sien dikwels rassespanning in hierdie tipe situasie. As die polisie meer respekvol en kalm praat sou sy dalk saam gewerk het.

Arizona ·

Soos ek verstaan het sy nie die blaas toets geslaag nie. As sy nie onder die invloed was nie, hoekom dan so bohaai op skop. Ek twyfel bitter baie sterk die vrou wat die bloed getrek het is nie n mediese beampte. Die enigste ding wat verkeerd is oor die hele ding is, sy het nie handskoene aangehad nie

X Verkeersbeampte ·

Waar n asem toets gedoen word en dis oor die toelaatbare lesing kan die persoon gearresteer word.
Bloedmonster moet binne 2 uur getrek word deur n geneesheer of n suster.
Persoon wat bloed trek moet spuit/naald voor “beskuldigde” en polisieman uit seel haal.
area waar naald ingaan met gedisteleerde water skoonmaak.
Geweld binne perke mag gebruik word om bloed te trek.
wil dit net noem as jy nou iets drink en van die alkoldampe is nog in jou mond kan dit n verkeerde lesing gee.
Polisie moes dat sy haar mond uitspoel met water en weer laat blaas het.
Bloedmonster word voor die mediese persoon en “beskuldigde” geseel.
Dis maar hoe ons in die goeie dae gewerk het.

Vekeerde Optrede ·

Ek het my storie wel op die vorige artikel ook geplaas. So jaar terug was ek afgetrek deur lede van Pretoria Metro. Met my blaas toets was my telling baie hoog. Die beampte het gese dat hulle my ongelukkig in hegtenis moet neem al weet sy my blaas telling is abnormaal hoog. Ek het my volle samewerking gegee. By die polisiestasie het hulle my laat sit en gese hulle gaan my bloed moet trek, by die statsie. Ek het ingestem en hulle het die geseelde toerusting voor my oop gemaak en my al die stappe verduidelik. Hulle het ook die geakrediteerde papiere vir my gewys. Ek het wel in die selle geslaap maar later het my bloeduitslae gewys dat ek nie oor die limiet was nie. Ek wa nie een oomblik ongeskik met die mense gewees nie en ek is nooit sleg behandel nie (ek is tans in my 20s). Die meisie wat ‘n uur na my gearesteer is het so tekere gegaan geskop, skree, vloek, slaan, en spoeg. Hulle het haar ook so behandel soos vir die vrou in die video. Ek het nie een oomblik sleg vir haar gevoel nie. Hulle doen net hulle werk. Sy kon ook ordentlik behandel geword het as sy net nie soos ‘n besetene tekere gegaan het nie.

AH ·

Ek glo dat as sy onskuldig was dat sy wel haar samewerking sou gee. Sy het so tekere gegaan en ‘n situasie geskep waar die aandag van haar en haar dronkenskap afgelei kon word. My simpatie lê beslis nie by haar nie, maar by die Metropolisie wat haar onder bedwang probeer bring. Té veel mense kom weg met dronkbestuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.