Bloedvlakke in Wes-Kaap gevaarlik laag

Bloedtoets

(Argieffoto)

Die Wes-Kaapse Bloeddiens sê die provinsie se groep-O-bloedvoorraad is gevaarlik laag en hy het ʼn beroep op inwoners gedoen om bloed te skenk.

O-bloed is universeel, wat beteken dit kan gebruik word vir mense met enige bloedgroep.

Die organisasie het Woensdag gesê dit is veilig om tydens die koronavirus-pandemie bloed te skenk en dat bykomende veiligheidsmaatreëls ingestel is om skenkers en personeel te beskerm.

Die Suid-Afrikaanse Bloeddiens sê intussen hy het voorraad vir vyf dae.

Volgens die bloeddiens is minder as 1% van Suid-Afrikaners aktiewe skenkers.

Suid-Afrika het Maandag sy afsonderingregulasies na koronavirus-vlak 3 verslap, wat beteken ʼn veel groter gedeelte van die ekonomie is toegelaat om te heropen. Die verkoop van alkohol word ook vir die eerste keer in meer as 60 dae toegelaat.

Met die verkoop van alkohol het die aantal traumagevalle ook toegeneem – en só ook die behoefte aan bloed.

Luidens berigte het die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg binne net 24 uur ʼn verdubbeling in alkoholverwante traumavoorvalle gesien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elsie ·

Wonder watse bloedgroep is ons slim kopdoek minister….. laat sy vir hulle bloed gee. Almal het geweet as drank eers weer verkoop mag word gaan ons hospitale oorlaai word maar nee slimjan maak drank oop en veban nogsteeds tabak. HELP ASB VIR KOPDOEK DIE REALITEIT RAAK SIEN. EK HET BRILLE AS SY NIE KAN SIEN NIE.

marius ·

Bloed word verniet geskenk maar kos sekere pasiente duisende rande ? Betaal dieselfde per pint as ‘n pakkie skelm sigarette en daar sal elke dag te veel wees . Dis realiteit .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.