ʼn Babadogtertjie is Woensdag in Wilgehof in Bloemfontein in ʼn ambulans gebore.
“Veiligheidswagte het paramedici ontbied,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die vrou was reeds in kraam en paramedici het haar in die ambulans geplaas om haar na ʼn hospitaal te neem, maar die baba is op die toneel gebore.”
Ma en baba is gesond. Hulle is na ʼn plaaslike hospitaal geneem.