Bloem-begraafplaas se rioolkrisis uiteindelik opgelos

Riool is orals te sien in die begraafplaas (Foto: Verskaf)

Ná volgehoue druk van die VF Plus, het die Mangaung- metromunisipaliteit (Bloemfontein, Dewetsdorp, Soutpan, Van Stadensrus en Wepener) uiteindelik die nodige herstelwerk gedoen aan die groot rioollekkasie by die Memoriam-begraafplaas in Bloemfontein.

“Weens die afwesigheid van toesig en instandhouding, het vullissakke en rioolwater in ʼn stormwaterkanaal beland wat deur die begraafplaas loop,” sê Adriaan de Bruyn, VF Plus-LP. “Hierdie vullis- en rioolbesoedelde water vloei uit in ʼn natuurlike spruit en uiteindelik na die Mockesdam, waarna dit vir menslike gebruik gesuiwer word.”

De Bruyn sê die rioolbesoedeling aangrensend aan die begraafplaas het só erg geraak dat nabygeleë grafte in die grond weggesak het.

“Die VF Plus het Saterdag die stadsbestuurder, adv. Tankiso Mea, sowel as die betrokke departementshoof vergesel na die plek waar die probleem is. Mea het onmiddellik opdrag gegee dat herstelwerk gedoen moet word.”

Herstelwerk het reeds Saterdagmiddag begin en is teen Maandagoggend voltooi.

Die mure van herinnering is geplunder (Foto: Verskaf)

Maroela Media het vroeër berig die Memoriam-begraafplaas is nou reeds vir langer as ’n jaar met riool oorstroom, klaarblyklik weens die afwesigheid van toesig en instandhouding van die munisipaliteit. Behalwe daarvoor loop die grafte en grafstene deur onder vandale.

De Bruyn het gesê die riool loop al van voor Augustus 2019 die begraafplaas in. Duisende liter riool het tussen die treinspoor en die begraafplaas geborrel en het in effek’n riooldam gevorm. Minstens drie voorstede se rioolwater het in die begraafplaas uitgeloop.

Bekommerde inwoners van Bloemfontein het vroeër hul misnoeë oor die toestand van dié begraafplaas teenoor Maroela Media uitgespreek en talle klagtes is by die munisipaliteit ingedien van inwoners wat weens die rioolbesoedeling en vandalisme nie die grafte van hul geliefdes kon besoek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jack ·

‘n Begraafplaas oorspoel en niemand doen iets daaraan nie…totdat die VF ingryp ? Waar was die DA ?

OW ·

Die adv en departementshoof moet meer “walking the floor” dan sal hulle weet wat aangaan in hulle jurisdiksie gebied.Dit wys net weer,daar is geen bestuur van ‘n dagoud nie,en kan opgesom word as onbevoeg.

petro ·

dit is hoekom ek maar my man en seun se assies in n laai in my kamer hou ek wonder wat se hulle voorvaders dat hulle so eenvoudig is om na die afgestorwenes se laaste rusplek te kyk

Miskruier ·

Strooi die as iewers, vergeet van begraafplase. Onthou die mens.

Zani2106 ·

dit is so hartseer om te sien hoe n plek waar geliefdes rus so toestand bereik

Annelize ·

Daardie begrafplaas is in’n absolute smerige en haglike toetstand!!! En dit kom al jare so saam.

Jy moet LETTERLIK deur die Munisipale stortingsterrein ry, om by die begrafplaas uit te kom, so “oorspoel” die vullis en vullissakke die pad na die begrafplaas toe. My man se Ouma is sowat 4jaar terug daar begrawe, dit was ‘n abolute skok om so met die stoet deur die gemors te moes ry. Die Begrafplaas self, ag genade, ek het nie genoeg tyd en spasie om uit te brei nie.

Op die dag het my man se broerskind vir sy Pa gese dat as hy tot sterwe sou kom, hy was nie baie gesond nie, moet hy asb veras word, hy weier om daar begrawe te wees. En drie maande later moes sy Pa sy wens eerbiedig, hy het reguit gese sy kind verdien beter as om daar begrawe te wees.

Dis ‘n skande dat ‘n plek van eerbied tot ‘n vullishoop verval het!

Korrelkop ·

“Muur van herrinering” geplunder….. WAAROM? Geen respek!

koos10 ·

Dit wys net weer hoe min die ANC en hulle raadslede gepla is oor wat op grond vlak aangaan. Mea moes dit EERS gesien het, VOORDAT daar iets aan gedoen is!
Amper 2 jaar later, en raai bietjie hoekom? Dis reg, daar is in hierdie jaar ‘n munisipale verkiesing.

Tino ·

Ekt gehoor Ace het nie veel om te doen dees dae nie, dalk moet hy sy graaf bring en kom help

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.