Bloem-bejaarde vir selfoon en R150 aangerand

anne-els

Anne Els is Donderdag erg in haar huis in Bloemfontein aangerand. Foto: Verskaf

Anne Els (75) word in die waakeenheid van die Mediclinic Bloemfontein behandel nadat sy Donderdag erg in haar huis in Universitas aangerand is.

Anne se man, Johannes, het Vrydag aan Maroela Media gesê hy het omstreeks 10:00 die huis verlaat om rekeninge te gaan betaal.

“Ek weet nog nie presies wat gebeur het nie want my vrou kon, weens die aard van haar beserings, nog nie sedert die aanval praat nie,” het Johannes gesê. “Ek vermoed sy was buite in die tuin besig om die plante water te gee toe haar aanvaller oor die duiwelsvurk-heining geklim en haar oorweldig het.”

Die aanvaller het haar vermoedelik in die huis in gedwing en op geld aangedring. “Daar was egter nie geld in die huis nie, net R150 wat in my bedkassie was. Die aanvaller het dit en ʼn selfoon gesteel en die huis geplunder op soek na ander waardevolle items.” Anne is tydens die voorval vermoedelik met ʼn harde voorwerp aangerand.

Johannes het omstreeks 12:00 by die huis gekom en sy erg beseerde vrou op die vloer in die gang aangetref. Sy was nie by haar volle bewussyn nie en kon glad nie loop of praat nie. Johannes het dadelik die polisie en nooddienste ontbied, en hulle was vinnig op die toneel.

Anne is na die Mediclinic Bloemfontein gehaas waar sy in die intensiewesorgeenheid opgeneem is.

Amanda Appelgryn, hospitaalwoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê Anne is in ’n stabiele toestand en steeds in die intensiewesorgeenheid waar sy aan ʼn ventilator gekoppel is. “Sy het swelling en bloeding aan die linkerkant van haar gesig opgedoen, maar het gelukkig nie ʼn skedelfraktuur of swelling op die brein nie,” het Appelgryn gesê.

Volgens kol. Thandi Mbambo, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, word ʼn saak van huisbraak ondersoek. “Meer inligting is nog nie in die stadium bekend nie omdat die vrou nog nie kan praat nie,” het Mbambo gesê. “Dit is nie bekend hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie. Niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

anet ·

Anne en Johannes, sterkte ons hoop en bid vir spoedige herstel.
Dit is so hartseer oor wat besig is om in suid-Afrika te gebeur. Wetteloosheid, Moord, Verkragtings,Aanvalle op brose mense.
Ek wil graag verwys na ‘n ander media berig vandag, waar Bheki Cele vra dat ons voedsel moet
skenk omdat daar 12 Miljoen Suid Afrikaners daagliks sonder kos gaan slaap. Die boere wat voedsel moet voorsien word daagliks uitgemoor. Hoekom word daar nie iets aan ons misdaad gedoen nie, dit werk mos van Bo af(Leiers van ons Land) na onder. Nou word weerlose teikens aangeval vir R150 en ‘n Selfoon. Dit is ‘n skande !!!!. Waar is die Mense wat Wet en Orde moet toepas in ons Land???

amelia ·

Die goed word vir huisbraak gesoek Sou eerder se poging toto moord Wie betaal nou die hospitaal onkostes ens Sy moet sommer die staat dagvaar vir pyn en lyding Nerens is jy veilig nie Die land is in sy kanon

ekke ·

Ek is magteloos!!! Ek is boos!!! Ek is hartseer!!! Wat gaan van ons word, wat???.

Elizabeth ·

Ai liewe hemel ek kan net vir die arme vrou bid vir beterskap, volkome herstel en sterkte vir die toekoms. Ek voel bitter bitter jammer vir haar en hoop nie sy hou enige geestelike letsels oor nie. Mag haar man, familie en ook asb die gemeenskap en kerk haar goed bystaan om hierdeur te kom. Die duiwel wat dit veroorsaak het – wel ek het nie woorde en mag alles wat sleg is hom tref. Kan die selfoonmaatskappy dan nie enigsins opspoor waar die foon is en so help nie – daar is tog maniere wat hul kan, ek weet nie of dit met alle fone is nie maar ek hoop regtig IEMAND het iets gesien en dat die amebe baie vinnig aangekeer word.Baie sterkte vir hierdie mense.

Grassie ·

Die aanvalle op bejaardes is besig om teen ‘n vinnige tempo toe te neem. Die lafaards jag soos troppe hiënas op weerlose ou mense, te bang om hul eie portuur aan te vat. Ek sien nie ‘n vinnige oplossing vir die probleem nie, veral nie van die owerhede se kant af nie. Ek voel ook magteloos – al wat ek weet is wanneer ek na hierdie tannie se gesig kyk ontstaan daar ‘n woede in my wat nie in hierdie leeftyd gestil kan word nie.

T…….?????

Ronel Meiring ·

Vir die eerste keer is ek bly dat albei my ouers reeds oorlede is en dat dit nie met hulle kan gebeur nie.

grassie ·

Ek stem saam met jou. My ouers het ook albei op waardige wyse gegroet.

piesang ·

Ons witmense vergewe mos die skuim na aanranding verkragting en moord. Hulle lag vir ons terwyl hulle dit doen. Die regering moedig hulle aan deur swak polisiering. Nog steeds besef die boere. Nie dat dit volksmoord is nie!

piesang ·

Wat my siek maak is die kruiperigheid van die mense!!!!? Niemand praat daaroor! Bloed nog aan barbare se hande dan VERGEWE ons hul al!!!!

Justin ·

Asseblief tog ! Dis nie huisinbraak nie, dis poging tot moord ! Die gesteelde goedere is bysaak. Die gespuis is daarop uit om bejaardes aan te val en grusaam te vermoor.

Antionette ·

Dis so hartseer. Beste van als sou hy of hulle net die Tannie kon vasbind…75jr is so weerbaar…Nee regtig. Sterkte aan die hele familie

Linda Blane ·

Waar is die tyd heen waar ons met oop deure kon slaap? ONS SUID AFRIKA is vermink net soos on oumense deesdae vermink word in hierdie land. Dit is SO bitter hartseer.

boer ·

Die regering geen nie n duiwel om wat met die blankes in hierdie land gebeur nie. Hulle druk ons uit ons poste by die werk,sodat ons moet vrek van die honger. Hulle moedig moord en doodslag aan op die blankes van SA. Ons is tans net goed genoed om belasting te betaal, want ons moet mos sorg vir die miljoene wat nie kos en water en elektrisiteit het nie,maar ons boere word elke dag gemoor en aangerand

Hulle wil he .SA moet ontaard in n 2de Zimbabwe

Sielie ·

Ons hulp kan net van bo af kom. Sodra ons volkie weer saamstaan , op ons kniee gaan en bid, sal die Here ons help.

Larry ·

So waar die wragtig weet as dit met my Moeder gebeur sal hulle almal dit weet. Hulle gaan so aanhou en dit gaan skeef draai op hulle. Dit is lankal genoeg, hoe lank gaan ons dit nog vat. Soos ek weer en weer sal se, tot die verkeerde man se familie skade aan gedoen doen.

Larry ·

Ek het 1989 vir my familie by n beeekoms gese dat Suid Afrika my land onder gaan gaan en niks sal dit keer nie. In 1998 het ek my ouers en skoonouers ingelig dat ons na Amerieka gaan imigreer. Dit was baie moeilik glo vir my. Die onreg wat ek my kinders en hulle Oupas en Oumas aangedoen het is hartverkerend. Ek was diaken in die APK vir 3 jaar, ek was lief vir my wyk al die ou ooms tannies was na aan my hart. Ek het alles opgeweeg en die swaartse kant letterlik die SWAARSTE kant het my die besluit laat neem. Ek sal die laaste dag in ons afrikaanse kerk nooit vergeet nie. Toe ons die Onse Vader gesing het kon ek net n paar woorde uitkry en die trane het geloop. Baie mense in SA is kwaad vir ons wat besluit het om n nuwe lewe in n vreemde land te begin. Ons was nie kwaad nie maar baie hertseer. Ja ons mis ons mense, braaivleis rugby en sonneskyn.

Soos ek in my vorige artikel gese het, raak my mense aan en ek is terug in SA. My gesin is veilig hier ek het gedoen wat ek moes doen. SA bloed is in my are murg en been en dit sal nooit verander nie.

Ons is lief vir ons Boere Volk en ons bid elke dag vir veiligheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.