Bloem-bejaarde wreed vermoor, tuinier vas

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Bejaarde vrou van Bloemfontein se halfnaakte liggaam is Woensdag in plas bloed in haar huis in Gardeniapark gevind.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die Bloemfontein-polisie, het gesê die 86-jarige vrou se liggaam is omstreeks 17:00 deur haar buurvrou gevind.

“Die buurvrou het gaan ondersoek instel aangesien sy die slagoffer lanklaas gesien het,” het Marope gesê. “Sy het deur ʼn venster geloer en die slagoffer op haar rug op die vloer in haar slaapkamer sien lê.

Die polisie is dadelik in kennis gestel. Hulle het toegang tot die huis verkry deur die voordeur oop te breek. Die vrou is met erge hoofbeserings aangetref en daar word vermoed dat sy met ʼn stomp voorwerp aangerand is.

“Daar was bloedspatsels oral op die mure en die kamers is geplunder. Dit is in dié stadium nog nie bekend watter huishoudelike items tydens die aanval gesteel is nie.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die moontlikheid dat bykomende aanklagte van roof en verkragting by die dossier gevoeg kan word, is nie uitgesluit nie. “Die ondersoekspan wag vir die uitslae van ʼn nadoodse ondersoek om vas te stel of die vrou seksueel aangerand is of nie.”

Marope het gesê die vrou se 48-jarige tuinier is kort nadat haar liggaam gevind is, in hegtenis geneem. Dié man het in ʼn buitekamer op die perseel gewoon.

“Daar is tydens die speurders se voorlopige ondersoek bloed op die tuinier se keps gevind. Daar is ook bloed op komberse gevind waarvoor die man nie bevredigende redes oor kon verskaf nie,” het Marope gesê.

Die man is in hegtenis geneem op aanklag van moord. Hy sal na verwagting Vrydag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

m ·

Hierdie mense se wreedheid ken geen perke. Sterkte aan haar familie.

MM ·

Ek stem dis siek, siek verby die maak net weer woede oop in my ons is nerens veilig nie. nie eers meer in ons eie huise nie.

Stem saam ·

Stem saam Christa, hul moet mob justice kry en dit deur eerlike huishulpe en tuiniers, want hulle haal die kos uit goeie eerlike mense se monde en verder verniel, verneder en vermoor hul goeie mense, hul arme kinders,

snoefie ·

ja been deur die huiswerkers en thinkers moet mobjustice toegepas word want ons ou blanke volkie isdie do..Erse grootste lafaards oo aarde.

Karma ·

SAners oor die algemeen, moet hul luigattigheid los en hul huis- en tuinwerk self doen. Dit is selde dat enige huishouding oorsee ‘n tuinier of huishulp het (ek praat na van gewone mense, nie die stinkrykes nie). 100’e en 100’e kere waar daar ‘n aanval of moord is op ‘n huis eienaar, is die huishulp en/of tuinier betrokke. Óf hulle is self betrokke by die diefstalle, aanvalle of moored óf hulle gee inligting aan die ‘would-be criminals’ t.o.v. wie wanneer, waar en hoe lank tuis sal wees, of dalk waardevolhede of geld in die huis is ens.

Braam ·

SKOKKEND! Ek self is ‘n inwoner in Gardenia Park, en hierdie soort berigte tref mens net soveel meer as mens so naby aan die gebeurtenis was. Mens dink altyd dit gebeur orals anders, maar in tussen gebeur dit maar net hier om die draai ook.

Ek bid vir die familie en vriende, en hoop regtig die skuldige word behoorlik aangekla en gestraf!

vierkleur ·

Volksmoord !!!!!!!!!!!
Ons blanke volk word uitgemoor.
My Vader, laat die uur aanbreek, dat ons n oog vir n oog en a tand vir n tand sal neem

JC ·

Ek stem saam VIERKLEUR!
Indien mens in ‘n hoek gedryf word kan snaakse dinge gebeur…ons SAL moet begin saamstaan!
‘n Goeie begin is om vir Afriforum te help en ondersteun sodat meer buurtwagte op die been gebring kan word! NB: ook ten opsigte van die huise en mense wat nie ‘n buurtwag kan bekostig nie, of om by te dra daartoe nie!!

E ·

Ai tannie R.I.V. mag God hierdie mense swaar straf. Hulle moor nou mos die wat hul voer en klee, maar die dag sal kom! Die wiel draai.
Ek wens net party ouer ma’s en pa’s wil vir hul kids luister en nie so alleen bly nie. Hoop nie ek trap nou op tone nie, maar ek voel ouer mense moet by hul kinders of in veiligger plekke bly.

JC ·

Hi E, ek stem saam dis die antwoord maar die mense is mos hardkoppig (met respek) en wil nie na rede luister nie demmit!
Ek dink nie meer dis ‘n goeie idee om huishulpe of tuinjongens te he nie, inteendeel dis lyk my nou fataal!!! Laat hulle eerder maar gaan en krepeer van honger…as dit nou tot verdere armoede ly dan is dit maar so. Mens kan hul NIE MEER VERTROU NIE! SELFHELP IS DIE ANTWOORD, maar hoe gemaak indien jy oud is? Dis regtig ‘n tammeletjie- lafaards!! Mense sal moet begin saamstaan oor hierdie kwessie asseblief~~

snoefie ·

9/10 is die ouer mense nie welkom in hulle kinders se lewens nie.

andrea van vuren ·

Die oplossing op die problem wat E geopper het dat bejaarde ouers by hul kinders moet gaan bly, is nie altyd haalbaar nie. Die kinders werk voltyds, kleinkinders het sportaktiwiteite en dit laat die oues weer weerloos en alleen in ‘n huis waar die bediendes vrye toegang het. Eensaamheid ook ‘n groot faktor. Kinders kan wel help dat ouers in ‘n veilige aftree-oord gaan woon.

Ouma mix ·

Dis goed en wel om by kids te bly maar oumense raak in die pad by hul kinders en ons voel in die pad en om ouetehuis toe te gaan is ook nie lekker nie………..

Wern ·

Oumense en alle weerloses moet of goed bewapend and n gereed wees of saam met mekaar, familie of die wat plek op hul perseel verhuur intrek. Verkoop daardie huise, gee bekende en groot spasie eerder op vir veiligheidsonthalwe.

Jenny Thom ·

Ja-nee ABBA se volk word vermoor, verkrag, verniel, vermink en vernietig. Kan nie glo dat daar nog steeds van ons volk is wie vas oortuig is dat hul tuinier en/huishulp nie tot uiterstes sal gaan en/of deur ander gemanipuleer sal word om tot sulke uiterstes oor te gaan nie. Julle mag nie meer volksvreemdes in jul huise toelaat nie. Net asof jy hulle aan jou boesem koester. Dit sal nooit werk nie. Dan is daar ongelukkig ook sommige van ons dierbare “kinders” wat net nie daaraan dink dat hul ouer/s so blootgestel is nie. Ons is nêrens meer veilig nie. Ons moet heeldag en aldag ons dierbares voor ABBA Vader se voete en troon laat. Ons is net in Sy Hand veilig. Hy verlang onvoorwaardelike oorgawe, nie net ‘n skyn gebedjie wat ons opstuur nie. As ons, ons kant bring, is Hy altyd daar waar jy Hom heelwaarskynlik gelaat het. Kom Boeties en Sussies laat ons wakker word. Net Hy en Hy alleen kan ‘n verandering bring in ons bose omstandighede. Hy verlang dat Sy kinders Hom moet bemin met ons hele hart, ons hele siel, ons hele verstand en al ons kragte. Van jou kop tot jou voetsool, wil Hy jou onvoorwaardelik besit. Jy kan rustig slaap as jy weet dat jy getrou aan Hom is. Amein

magda ·

90% van oumense se sogenaamde “Kids” wil nie opgesaal sit met ouers nie – hulle gee nie eens om in watter haglike omstandighede hul ouers verkeer nie!! Hoe het dit gebeur dat kinders hul plig so versaak het???? Oumense leef in honger, vrees en is uitgelewer aan enige erge blootstelling….siek samelewing!!!

Kaufman ·

Jys reg Magda. Ons volk het respek vir familie en sosiale bande verloor, en dit is wat ons so terugsit. Ander volke heg baie meer waarde aan familie en vriende. Ons moet weer begin omgee vir mekaar dan gaan ons sien hoe dinge gaan begin beter gaan.

Nols ·

Ek sê weer glo aan Pik,Roelf en FW hulle sal ons afrikaans sprekende volk red met dit wat tans met ons gebeur.Dankie vir alles wat jy FW de Klerk aan ons gedoen het.

rudi ·

‘n Paar dae terug sing ons No.1 dat die boere geskiet moet word en sy volgelinge voer dit getrou uit. Nou kan hy gaan rus in die tronk met gratis kos, klere tv en wifi. Ons is in ‘n oorlog en ons moet opofferings maak deur belasting slim te weerhou van die regering en te gebruik om ons sekuriteit op straat op te knap. Ons kort ‘n privaat polisiemag

Cheryl ·

Ai, om op 86 so aan jou einde te kom is verskriklik. Dink net deur wat se trauma moes sy gaan,
arme Oumatjie – RIP

Rooikop ·

Darem nie al die jongmense is so sleg nie… Ons is ‘n familie van jong mense wat almal saam inspan om na ons moeders en oumas om te sien, in ons eie huise. En al is hulle partykeer moeilik en hardkoppig, is dit ‘n onbeskryflike eer om hulle by ons, veilig, te hê, waar ons na hulle kan omsien. Ons is ook ‘n christen familie wat Vader se Woord volg, en DIT maak die verskil. Dit maak dat mens jou eie selfsugtigheid opsy kan skuif, en na oumense kan kyk met ander oë.. Om verdraagsaam en liefdevol teenoor hulle te wees, al gaan dit partykeer maar rof.

Henk ·

Kom bly in Kleinfontein,geen moorde,eie arbeid,wat n voorreg,kom ervaar rus en vrede!!

Moegviraldiebeloftes ·

My kinders en kleinkind woon by ons by in die huis van 2012 af. Toe ons van ouetehuis eendag praat wou hulle niks weet nie. Elkeen dra by tot die huishouding – ons kom baie goed oor die weg met mekaar en dit is baie lekker om hulle by ons in die huis te hê – dit verskaf ook sekuriteit aan almal. Ek dink meer mense moet dit doen.

J Smuts ·

Dis so verskriklik hartseer. Sy het vir hom ‘n dak oor sy kop gegee. Dit is hoe hy voel en reaggeer op haar goedguns. Soveel simpatie met haar naasbestaandes

Amelia ·

Dan word daar gevra hoekom is die werkloosheid syfer so hoog!!!! Maar n men’s kan niemand vertrou nie!!!! Kyk nou wat het met die Tannie gebeur en sy vertrou hom dalk al vir jare!!! Dink aan die familie

Reebok ·

My bejaarde moeder is ook gedurende November 1999 in Brandwag,Bloemfontein deur haar tuinwerker vermoor. Die moordenaar het 12 jaar tronkstraf gekry. Wonder of dit nie dieselfde man is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.