Bloem-betogings hou dalk verband met Ace-sage

Betogings duur Dinsdag voort. (Foto: Sli Masikane/Twitter)

Betogings wat sedert Maandag in Bloemfontein woed, hou dalk verband met Ace Magashule se onlangse skorsing as sekretaris-generaal.

Prof. Hussein Solomon, politieke ontleder aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), het aan Maroela Media gesê die betogings, wat glo oor werksgeleenthede en dienslewering handel, kom op ʼn tydstip waar Magashule se toekoms in die ANC onseker is.

“Daar is ʼn politieke agenda hier ter sprake en dit lyk asof dit gekoördineer is. Met Magashule se skorsing, sy sterk politieke teenwoordigheid in die Vrystaat en oudpres. Jacob Zuma se verhoor is die tydsberekening verdag.

“Daar is ʼn blatante magstryd aan die gang en dit beklemtoon net Ace se desperaatheid. Dié sage gaan net sy posisie in die ANC verswak en daarom moet hy eerder geheel en al uit die ANC geskors word.”

Klein groepe betogers het Dinsdag weer in dele van Bloemfontein vergader ondanks ʼn tienerseun wat Maandag deur ʼn sekuriteitswag doodgeskiet is.

ʼn Man wat glo naby die Heidedal-polisiestasie in Bloemfontein aartappels verkoop het, is deur betogers aangerand en beroof. Dít terwyl ʼn Njala-polisievoertuig na bewering deur betogers bestook is.

Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, is sowat 13 buitelanders se winkels tydens betogings geplunder. Altesaam 19 verdagtes is intussen in dié verband in hegtenis geneem. Die verdagtes sal na verwagting Woensdag in die hof verskyn.

“Die situasie is steeds gespanne en nog polisie is ontplooi om betogings onder beheer te bring,” sê Makhele.

Hoewel inhegtenisnemings gemaak is, meen Solomon dat Ramaphosa weereens sy onvermoë bewys om betogings soos dié te bestuur.

“Betogers kan nie toegelaat word om burgers se werk, die openbare vervoerstelsel en die ekonomie in gedrang te stel nie. Hulle moet die prys betaal vir openbare geweld anders gaan ander burgers dieselfde begin doen.

“Dit is armer gemeenskappe wat die meeste onder dié onrus lei terwyl politieke leiers met mense se bestaan speel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Misky ·

Ja dit maak sin en hierdie hele optog skree EISH se lasterlike naam

Leeuwyfie ·

Hierdie is ‘n monumentale gebeurtenis. Uiteindelik word daar erken dat betogings gekoördineerd is en polities van aard is. Kan ons dit nou elke keer eerste noem wanneer daar betogings is, ipv om te sê dit gaan oor swak dienslewering of so iets. Mense spandeer groot geld om ‘n betoging te reël. Meeste betogings word gereël met ‘n agenda en betogers word aangery. Dit weet ons almal, maar dit word nooit so berig nie.

Anoniem ·

Dit lyk na ‘n geval van: ” As ek dit nie kan kry nie, vernietig ek dit eerder, maar jy sal dit ook nie kry nie.”

Sandra ·

Pleks betoog hulle oor die armoede en meer belangrike goed. Nou betoog hulle oor Ace wat lekker knus in sy duur motor sit en in sy warm huis ‘n warm maaltyd nuttig. Dis nie die moeite, geweld en dood van die kind werd nie. Hy betoog nie saam met julle nie. So julle is net sy marionette wat hy op ‘n afstand beheer. Ek hoop julle word goed betaal. Want ek het al gesien dat net die voorste ry weet waaroor hulle betoog, die agterste ry stap net saam.

Christel ·

My hart is seer oor hierdie betogings, my kind van 18 was geskeduleer vir n rugoperasie in Pelonomi Hospitaal vanoggend, die Dokters mag nie eers in die hospitaal ingekom het nie, die teater susters ook nie, hulle is die hospitaal belet, hoe die duiwel is dit veronderstel om kamtige dienslewering te kan bevorder en te moun daaroor as jy die oorsaak is dat dit nie kan gebeur nie. Hou op stem vir die mense maar die vet weet as dit weer kom by verkiesingstyd wen die ANC weer en dan weer wil hulle so betoog dit is absolute swak mentaliteit. They are the authors of their own problems. Ons is vasgehok omdat ons buite opn hoewe bly ons kan nie eers by hom uitkom in die hospitaal nie alles is toegemaak met brandende bande en rotse, nie klippe nie, baie van ons in ons omgewing is by die huis ons kan nie eers werk toe gaan nie hoekom ons straf vir julle stupidity om aanhoudend te stem vir incompetant mense. ek is nie meer net hartseer nie sommer die hel in.

Samuel ·

Niks gaan verander óf beter word in hierdie land nie. Dinge is reeds besig om van kwaad na erger te gaan. Soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid….

Di ·

Hoe dom moet jy wees om nog steeds die korrupte spul te ondersteun. Vader, dit gaan my verstand te bowe! Volgende week betoog hulle weer omdat daar nie water, behuising ens is nie want daar is nie geld oor na al die korrupsie wat alreeds gepleeg is deur mense soos ACE nie.

Johanna ·

Liewe Hemel, wat se boodskap will hulle nou eintlik gee.
Maak nie saak of hulle eie mense te nagekom word nie. Dis sinnelose optrede. Wanneer gaan dit ophou.. as ons onsself uitspreek en se hulle tree op soos x dan is dit rassisme. Maar hierdie is onaanvaarbaar, tabor.

Anel ·

Ek wonder altyd of die spul wat so betoog ooit werk. Dra hulle enigins iets by tot die land se ekonomie? Indien nie, waar kry hulle die reg om dit waarvoor belastingbetalers betaal te brand en te verwoes? En as hulle dan werk, hoe kry hulle af? In meeste lande oorsee word optogte oor naweke gehou sodat dit nie met mense se werk inmeng nie. Maar nou ja, ons lewe in ‘n ander plek.

4ntj13 ·

Baie is skoolkinders. Nie saam hul ouers nie. Hulle het Pelonomi afgesny, maar dalk het húlle môre Covid, en dán? Veral noudat die ooreenkoms daar is en hulle is steeds vandalig, lyk dit na ander agenda(s). Dis ons toekoms wat so met ons maak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.