Bloem-veespekulant vas vir veediefstal

Argieffoto (cookiesound.com)

ʼn 34-jarige veespekulant van Bloemfontein is in hegtenis geneem in verband met veediefstal.

Ao. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die boer, Reinhardt Verster, is Dinsdag in hegtenis geneem vir die beweerde diefstal van 20 beeste in die Bloemspruit-omgewing. Die beeste het ʼn geskatte waarde van R140 000.

“Verster het die beeste na bewering by ʼn bekende boer van Bloemspruit opgelaai om op ʼn veiling te verkoop, maar hom nooit daarvoor betaal nie,” het Earle gesê.

Ao. Skroef Schroeder van die Bloemfontein-veediefstaleenheid het Verster opgespoor en in hegtenis geneem.

Verster het Donderdag in absentia in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn aangesien hy intussen onder polisiebewaking in ʼn hospitaal opgeneem is. Die rede vir sy opname is nie bekend gemaak nie.

Die saak is tot volgende week uitgestel wanneer Verster na verwagting om borgtog gaan aansoek doen. Hy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Dawie Burger ·

Al weer besig met sy streke. Nie die eerste keer wat hy in tronk vir veediefstal nie.

Winston ·

Nie veediefstal nie. Siviele aangeleentheid. Transaksie was afgehandel maar betaling het nie geskied nie. Ondersoek die werklike veediefstal sake, nie hierdie beuselagtighede nie.

Willa ·

Jy is heeltemal reg, siviel volgens berig., maar as hy net die vervoerwerk moes doen en die beeste op sy naam verkoop, dan diefstal

Grassie ·

W – die gegewens in die berig is te vaag om ‘n mening te vorm. As die man die beeste namens die eienaar na die veiling moes neem en verkoop maar hy laat spaander met die beeste, is dit veediefstal. As hy wel die beeste verkoop maar die geld in sy eie sak steek is dit diefstal deur toe-eiening. Dit is dan diefstal van geld, nie veediefstal nie. As hy egter die beeste by die eienaar gekoop en uitstel vir betaling gekry het tot na hy die beeste verkoop het, is dit ‘n siviele saak want dan is dit bloot agterstallige skuld.

Meatloaf ·

As n boer steel, is dit siviele aangeleenthede. As die werknemer steel, is dit veediefstal. Kry vir jou.

Swartkat ·

Ag die ou het gemaak soos die opkommende boer se pelle maak. In hulle gevalle stroop hulle die boer se vee en wild. Op ander plase word die boer se oes soos vrugte en groente gestroop en langs die pad verkoop. Wat jy saai sal jy maai, gedink wit kan nie van swart steel nie he he he

Michael ·

Hierdie is nie diefstal nie dit is n siviele saak verster het toestemming gehad van die eienaar om die beeste op te laai en veiling toe te vat die feit dat verster die klaer geld skuld moet deur n siviele hof gehanteer word weereens n bewys hoekom die polisie miljoene elke jaar aan eise vir onregmatige arrestasie

Michael ·

Laaste kommentaar moet eindig met uitbetaal .
Nb Verster het nie in die nag gegaan en sonder die opkomende boer se toestemming die vee gesteel nie,ao Earle jy het n fout gemaak.

Justice ·

Michael jy is 100% korrek. Die feit dat dit `n opkomende boer was wat gekla het het moontlik tot die onwettige arrestasie gelei. Dit blyk egter uit die lesers se skrywes dat hierdie boer heel moontlik `n geslepe kalant is wat siviel vervolg kan word maar teen hemelhoe regskostes en `n lang uitmergelende regsprosses vir die klaer indien hy oor die addisionele befondsing beskik.

Carel ·

Ek ken nie die man nie en keur nie goed wat gebeur het nie maar hoekom altyd die ophef as ons mense betrokke is maar van die werklike veediewe en moordenaars hoor ons nooit iets nie

Swartkat ·

Man kon nie self in die hof verskyn nie omdat hy in die hospitaal onder polisie bewaking was – is die man ( boer – witman) dalk aangerand toe hy inhegtenis geneem is deur die polisie – vra maar net !!!!

Eish ·

Dit is hoe n mens antwoord op n berig. Bewyse. Dankie Gatvol, nou kan mens n logiese afleiding maak.

Gatvol ·

Hoop hy kry sy dag. Die mannetjie het my ook al met R40 000 ingeloop.

Meatloaf ·

Ja-nee, ek wou met my eerste comment iets byvoeg, maar het eerder laat staan. Maar dankie vir jou insig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.