
‘n Gemsbok is te sien in ‘n skoongemaakte hok (Foto: Verskaf)
Na ’n onlangse inspeksie by die Bloemfonteinse dieretuin deur die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV), is bevind dat die dieretuin tans in ’n goeie toestand is.
Dit volg na die dieretuin in Desember tydelik vir die publiek gesluit het.
Volgens Charmaine Engelbrecht, ’n inspekteur by die DBV, is die diere se hokke skoner as ooit tevore en is die diere goed versorg.
Die DBV besoek die dieretuin gereeld om te verseker die diere het genoeg kos en water en kry die nodige sorg. Met die laaste besoek verlede week was inspekteurs heel tevrede met die welstand van die diere, meen Engelbrecht.
Soos vroeër berig het die Vrystaatse departement van ekonomiese sake, kleinsake-ontwikkeling, toerisme en omgewingsake in Desember die dieretuin tydelik gesluit omdat die dieretuin versuim het om aan al die voorgeskrewe vereistes en voorwaardes te voldoen, soos uiteengesit deur die departement.
Bernie Naude en Nicole Viljoen, omroepers van die gemeenskapsradiostasie Radio Rosestad, het November verlede jaar hul kragte saamgespan om ’n petisie te begin om die Bloemfonteinse dieretuin se deure te sluit. Die petisie het binne 36 uur reeds 9 000 handtekeninge gekry.
Volgens Viljoen staan hulle tans op 18 081 handtekeninge en beoog hulle om die getekende petisie einde Januarie aan die Mangaung-metro te oorhandig.
Die dieretuin is steeds vir die publiek gesluit.
- Volgens die DBV is diere in ‘n goeie toestand (Foto: Verskaf)
- Die Dieretuin se hokke is tans die skoonste nóg (Foto: Verskaf)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Wie gaan aanspreeklik gehou word vir die verwaarlosing, sluiting en finansiële verliese?
Wie word afgedank? … en vervolg?
Anders gaan dit maar net wéér gebeur!
Ek verstaan dat as die diere nie goed na gekyk word nie om eerder die dieretuin toe te maak, maar indien alles mooi skoon is en die diere is in n goeie toestand, hoekom nou toemaak? My dogtertjie is 5 jaar oud en sy love die dieretuin. Ons het nie geld om Kruger Wildtuin toe te gaan nie sodat sy diere in lewende lywe kan sien nie. En die Zoo-snooze…. ek kan nie wag om haar te vat nie…. en nou is daar 19 000 mense wat dit wil toemaak. Nog ‘n plekkie minder vir ons familie uitstappies. Bloemfontein raak… Lees meer »
Ek raai maar net… dat diégene, verantwoordelik vir die nalatigheid, nou GOED geskrik het! Hulle wéét, hulle word fyn dopgehou, word gemonitor NOU…hulle kán hul werk en inkomste, verloor! Dieretuin sal wéét, wié moet vasgevat word en wié die ‘skuldiges’ is! Ek glo nie, álmal was aspris of nalatig nie, ged die mense nog ñ laaste kans! BLY vir diere, se part… as dinge reggeruk word, want wáárhéén wyk mens nou uit, met diere, wat nié vanself, sal kán oorleef, ini natuur nie
Maak toe!! Dis verbasend dat aangehoue diere nog vir julle ” uitstappies” is. Diere hoort nie in hokke nie. Maak toe!!
Dis nie waar nie. Ek was vandag daar, die dieretuin is nog glad nie skoon nie. Net so paar hokke en kampe is skoongemaak. Die res staan leeg en die vuilgoed groei hoër as die heinings. En mwer as helfte van die hokke staan leeg.