Bloem-egpaar vas vir bedrog

handcuffs‘n Egpaar van Bloemfontein in die Vrystaat is Maandag in hegtenis geneem nadat hulle glo dieselfde eiendomme aan meer as een koper verkoop het.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, sê die vrou is omstreeks 4:00 Maandagoggend by die egpaar se huis in Bloemfontein in hegtenis geneem. Die vrou se man het homself later in die teenwoordigheid van sy regsverteenwoordiger aan die polisie oorgegee.

Kareli sê albei staan tereg op 26 aanklagte van bedrog ter bedrae van meer as R2 miljoen. Hy sê die egpaar, wat ‘n eiendomsagentskap bedryf, pleeg glo sedert 2009 bedrog.

Die egpaar sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.