Bloem-joernalis dood aangetref

Argieffoto: Kent Williamson

Die liggaam van ʼn 41-jarige man is langs die N1 naby Heuningspruit (ongeveer 30 km van Kroonstad in die Vrystaat) gevind.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn verbyganger het Dinsdagaand omstreeks 23:00 op die man se liggaam afgekom. Die man het beserings aan sy gesig gehad.

“Die oorledene was ʼn verslaggewer by ʼn plaaslike koerant in Bloemfontein,” het Mbambo bygevoeg. “Die oorsaak van sy dood is in hierdie stadium onbekend. ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.”

ʼn Nadoodse ondersoek word Donderdag gedoen om die oorsaak van die man se afsterwe te bepaal.

Lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiekommissaris, het sy meegevoel betuig met die familie. “Ons het ʼn goeie verhouding met verslaggewers in die Vrystaat, aangesien hulle ons inisiatiewe ondersteun om misdaad te bekamp. Ons is baie hartseer oor die verlies van só energieke en toegewyde joernalis. Ons sal onverpoosd werk om die oorsaak van sy dood te bepaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Walgland ·

Asseblief VF druk vir ons onafhanklikheid sodat ons uit hierdie misdaadnes kan kom.

Jaco ·

Ek sekondeer!! Sal wat wil gee vir n land waar ek kan veilig voel tussen my eie mense.

Oom Jaco ·

Die vf+ is ń multikultirele party wat nie belang stel in ń tuisland van ons eie nie… Hulle is baie gelukkig in die huidige regeringsbestel. Jy het verkeerd gestem as jy gedink het vf+ gaan hulle bemoei vir ń tuisland van ons eie.

Cherokee ·

Oom Jaco, ek dink as ‘n tipe van ‘n Orania ontwikkel word, sal die minimum mense daarheen verkas. Die absoluut meeste daarvan sal mense wees wat nie gevestig is nie, nie eiendom besit nie, nie gevestigde beroepe beoefen nie, afgetredenes wat sal hoop die VF+ bou vir hulle huise of aftree-oorde en dies meer. Dink jy wat Oom Jaco is nou op jou regtigste gevestigde besigheidsmense en afgetrede mense wat in eie eiendom woon, sal verkoop wat hulle het, en die pad vat na waar hulle weer van vooraf moet bou wat hulle oor jare opgebou het? Julle is besig met window-shopping. Dit alles klink lekker, maar waar ek is, het ek inkomstebronne gebou uit verskillende bronne. Om vir my te kuier moet jy deur twee sekuriteitshekke gaan met ‘n sekuriteitswag tussen dit. Daarna is jy op geslotebaan televisie totdat ek jou as kuiergas inlaat. Ek herhaal, die absoluut minimum mense sal saam met julle trek. As ek verkoop, dan is dit om te emigreer.

Pieter du plessis ·

Die media verdraai die waarheid en feite so ons kan nie seker wees of dit regtig n man was nie en of hy regtig dood is nie

Francois ·

Dit maak nie sin nie, Heiningspruit is 300km van Bloemfontein, langs die N1, wat maak hy daar?

Mvn ·

Ek dink darem nie hy is verbonde om net in Bloemfontein te bly nie, dis nie te se hy was besig om te werk nie.

MW ·

Net so. Dit was ‘n joernalies en is oorlede, duidelik nie onder kosher omstandighede nie. Laat mens weer van vooraf wonder ? RIV

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.