Bloem-man kritiek ná pitbull-aanval

Argieffoto ter illustrasie

Paramedici is Maandagmiddag omstreeks 13:00 na ʼn toneel in Bloemfontein ontbied waar ʼn persoon deur honde gebyt is.

“ʼn 35-jarige man is deur twee pitbullterriërs aangeval by ʼn perseel in Waverleyweg,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Hy was in ʼn kritieke toestand toe paramedici by die toneel opgedaag het.”

Volgens Botha het die man erge gesigbeserings opgedoen en albei sy ore is afgeskeur. Hy het ook erge trauma aan sy linkerbeen en arm opgedoen.

“Paramedici het onverpoosd op die toneel gewerk om die man te stabiliseer voor hy na ʼn gespesialiseerde hospitaal geneem is vir verdere behandeling,” het hy bygevoeg.

Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Marietjie ·

Ai, ek hoop nou nie dat die honde summier weer uitgesit moet word nie.
Dat die saak eers behoorlik ondersoek moet word!

Chris ·

n Pitbull val nie net aan nie. Iewers het iets verkeerd geloop.

?? ·

“Aangeval by ‘n perseel” wat nie baie duidelik is. Was hy op die perseel of naby bedoelende in die straat?

Mauzi ·

Srem saam jou Marietjie…ondersoek asb die saak behoorlik. Honde is altyd onskuldig,geen hond word aggressief gebore nie. Hulle word dit aangeleer deur mense,daarby kry jy eienaars wat nie hulle perseel van so aard beveilig nie en die honde loop dan rond. Voel werklik jammer oor die man se afskuwelike beserings,maar ondersoek net wat hier gebeur het.

Carl ·

Ek en my hond het verlede week heel rustig in die straat gestap en is aangeval deur n pitbull. Hy het van agter gekom en amper my hond verskeur. Ek was gelukkig reg vir ander potensiele aanvallers en kon die aanval suksesvol afweer. Is nie n mooi gesig om so n hond in aanvals mode te beleef nie. Ek is n groot honde liefhebber maar ek dink nie ons moet pitbulls in SA toelaat nie.

Rene ·

Hulle se ook nie of die persoon dalk nie daar gehoort het nie. Vir al wat ons weet het die honde maar net hulle eiendom beskerm. Nou sal die honde weer daaronder lei…onnodig

Chilli ·

Dit gaan nie oor die honde nie hul is beste honde ooit maar hul baklei vir hul base dis hul natuurek wil vir my ook een aanskaf hul beskerm hulle mense awesome brakkies

Mike de Beer ·

Pit Bull Terriers is wonderlike hoogs intelligente en fyn besnaarde honde. Hulle is briljante waghonde. Hulle verg goeie aandag en versorging. Ons reunhond sal sy lewe opoffer vir veral my vrou.

Jossie ·

Jy is reg. Hoogs verfynde bloedtjies….sal geen kwaad doen tensy hulle geprovokeer word nie (en dit gebeur so maklik)

Cheryl ·

Johann ek stem saam skiet die hond want daai honde is aggresiewe diere as hul eers een keer bloed geproe het gaan en sal hul weer aanval punt. Soos dit my klink is hul nie liefdevol groot gemaak nie. Nee wat die arme man, hoe moes hy nie gevoel het toe hy so wreed aangeval is nie. Nee dankie soek nie daai honde naby my nie.

Namibië ·

Ag Cheryl. Ek het ‘n pitbull en hy is alles behalwe aggressief. Behalwe as hy ons beskerm. Moet asb nie jou ore uitleen aan stories nie. Ervaar eers een self dan praat jy weer.

Freddie Malan ·

Ek is nou al amper 28 jaar ‘n veearts in privaatpraktyk en kan sekerlik as ‘n kenner op hierdie gebied beskou word. Ek het tot vandag toe nie ‘n enkele agressiewe Pitbull op my tafel gesien nie. Hulle is almal liefdevol en maklik om mee te werk. Die algemene publiek het ‘n wanpersepsie van die ras, aangeblaas deur die media. Pitbulls is wel baie territoriaal en sal hul lewe gee om hul gebied of eienaars te beskerm. Dit is waarskynlik ook die rede waarom Pitbulls seker die vinnig groeiendse ras in gewildheid onder honde eienaars is. In SA kan mens deesdae nie meer sonder sulke beskerming klaarkom nie. Ek sal my kop op ‘n blok sit dat die man in die berig nie gehoort het waar die honde hom aangeval het nie. Pitbulls is van die beste waghonde en volg maar net hul instink soos enige ander honderas. Ek stem saam, ondersoek die omstandighede eers deeglik en vind uit wie die eintlike oortreder(s) is voordat die twee honde summier van kant gemaak word.

Mitchel ·

Ek is al 30 jaar betrokke met pitbulle en kan nou vir julle sê, pitbulle is nie waghonde nie, is nie mens aggressief nie, is hoogs dog aggressive en het n verskriklike hoe preydrive. Dis die mees lojale hond wat jy ooit sal kry, hy sal dood gaan om sy eienaar te beskerm.

Tweedens, pitbull is kort vir Americann Pitbull Terrier en net n pitbull het die reg op daai naam( geregistreerd). Nie n bully, amstaff, staffie of enige ander hond wat soort gelyk lyk nie en nie minste van almal cross breeds.
En hier is waar die probleem kom, cross breeds, dit is die gevaarlikste ding om te doen, veral met die ras.

Derdens. Is daar wenig min mens wat n pitbull kan uitken en joernaliste is die vrotste van almal omdat hulle net sensasie raak sien. Daar is baie myths versprei oor die honde en dis verstaanbaar, dit is begin deur mense wat geen passie vir die honde het nie is aan geblaas deur die media.

Pitbulle is working dogs en moet so hanteer en geteel word, anders is hulle net Amstaffs. Doen behoorlike navorsing oor enige breed hond voor dat jy jouself inlaat om so hond aan te skaf. Elke breed het sy eie vereistes van sy nuwe eienaar.

Pitbull groete
Mitch

Johan ·

Mitch ek stem saam met jou ek het al gesien dat n vet nie eers verskil tussen n pitbull en staff kan uit ken nie lol

Angelique ·

Daar is altyd 2 kante van elke storie, punt nr 1, dan wil ek ook byvoeg dat pitbulls is nie vir eenige iemand nie. Het die kommentaar van almal gelees, so bly dat ek nie die eenigste 1 is wat opstaan vir hulle nie, dat ander wel ñ stem vir hulle is. Daar is natuurlik ñ paar goedjies wat kon gely het tot die aanval en kan ook heel moontlik die eienaar of die honde se skuld ook gewees het. Vir die laaste 5 jaar “forster” ek pitbulls, het ook my eie 4 been dogtertjie pitbull. Pitbulls is nie net lief vir hulle eienaars nie maar meer verlief en baie “over protective and loyal”… Maar hulle is al baie jare terug so geteel om aggresief tewees, om sterk tewees, om in pit te “fight”, hulle is so gebore. Baie liefde, baie aandag, genoeg oefening en speel tot regte dieëet en gereeld wat vir uitstappies om te “socialize” met ander diere en mense is vreeslik belanrik. So maklik om die ras sleg te sê sonder die regte feite. ñ Pitbull is ook nie ñ waghond nie, alhoewel hy/sy sy familie sal beskerm tot die dood maak dit hom/haar nie ñ waghond nie maar ñ familie hond, mense moet 2 keer dink voor hulle net ñ pitbull aan neem, eers die ras leer ken. Myne is die “love of my life” en kry die werêld se aandag… Hoop so Maroela media sal die waarheid met ons deel.

Tammy ·

Wat het die man op die perseel gedoen ? As dit enige iets anders is behalwe werk het hy nie daar gehoort nie. As hy die perseel betree het op sy eie besluit of om te kom steel kan die honde hom maar n les leer. Pitbulle val nie net aan nie. Hier is n slang in die gras. Moenie die honde uitsit nie , daar was n goeie rede waarom hulle gebyt het, dit kan ook wees dat die man hulle voorheen geslaan of afgeknou het.

Suzette ·

Moet 100% saamstem. Ek het ook een. Hulle sal jou beskerm met hulle lewe, maar sommer net aanval? Nee. Geen hond val net aan nie.

Rika ·

Sies man!!!! Julle behoort julle te skaam, die man is kritiek in die hospitaal en julle gaan aan en aan oor die honde. Ja ek stem, daar is meer agter die storie as wat ons huidiglik weet maar ek weet ook dat honde soms net aanval. Niemand weet of die perseel se hekke oop gestaan het en die man net verby geloop het nie. Of miskien het die man by sy vriend gaan kuier en die honde het hom gebyt. Ek hoop die man herstel volkome. Baie sterkte aan hom en sy familie

Mike ·

Vreeslik om so verskeur te word! As dit een van ons familielede was sou ons woedend gewees het!
Ons is groot hondeliefhebbers wat ons honde ” reg ” grootmaak …..maar moes aantal jare gelede vd eerste keer in ons lewe ‘n dier v ons laat uitsit omdat hy sy eie baas aangeval het sonder enige rede….dit was n Pitbul

Ouvrou ·

Rika niemand hier bo gee meer om vir ‘n hond as ‘n mens nie. Die eenvoudige waarheid hier is slegs dat ons besorg is oor die diere want die mens met die veronderstelde verstand behandel diere nie altyd baie mooi nie. So nou bekommer ons, ons oor daai honde. Geen hond val ‘n ander net aan soos wat die mens soms doen nie. Provokasie is iewers of van êrens af. My stuiwer is dat daar heel moontlik oortree is op daai eiendom. Nou is die honde die skurke.(( Ek is buitendien een van daai aaklige mense wat meer omgee vir diere as mense. Mense het al dinge aan my gedoen wat geen dier het nie. ))

Johan ·

Ek wil net se ek besit pitbulls al vir die laaste 19 jaar en is een van die beste honde ….en ek stem saam met die ander julle gee nie baie detail oor die saak nie wat die hond laat sleg lyk …wie se daai man het daar behoort wie se die man was nie verkeerd nie ???” Dont justice a dog that cant speak for itself”

Frik ·

Pragtige saggeaarde brakkies wat hul eie mense sal beskerm tot die dood toe en net liefde en versorging vra en hulle is so liefdevol tot die dag wat iets hul trigger en dan word die brakkies monsters wat hul eie mense verskeur en dan sien jy hoe gevaarlik hulle is en hoe hulle die hand wat hulle altyd gevoer en vertroetel het met venynigheid aanval en verskeur. Ek moes so n pitbul skiet en wil nooit so hond op my erf hê nie. Was vir ongeveer 5jaar die liefdevolste hond?

Petro ·

Vir die wat net kan sleg praat oor die honde het nog nooit n ervaring gehad met hulle nie…..dus is dit maklik om altyd alles op die honde te blameer…..maak eers seker van jou feite as jy wil kommentaar lewer…………waar is die stories van boerboele en varkhonde wat ook mense byt?????

Nivea ·

Dit gaan my verstand te bowe dus nou al die hoeveelste aanval, maar dit bly gese word pitbulle is nie agressiewe diere nie. ‘n kind het haar lewe verloor verlede week oor sy ‘n pakkie weggeneem het, syt niks gemaakie, maar ‘n pitbull het haar morsdood gebyt. die man is erg beseer, weereens neee daar moet ‘n rede wees hoekom sal die pitbull nou dit doen. Dit gaan rerig my verstand te bowe dat mense so kan redeneer. Wanner het ‘n mens se lewe minder belangrik as ‘n hond sin geword. Ek het 2 boerboelle en eks verskriklik lief vir hulle, maar weet verseker, byt enige 1 in my huishouding, dan moet die honde se lewe maar geneem word. Rerig waar mense

Mamma van 2 ·

Ek stem 100% saam Nivea. Ek was deur ‘n German Shepard gebyt op my arm toe ek swanger was met my dogtertjie, toe ek hom wou vryf op sy kop. Ek het nog nooit hierdie hond ontmoet, of leed aangedoen nie, inteendeel is ek baie lief vir diere, en my skoonma het self 4 honde vir wie ek baie lief is. My skoonma se staffie het gewoonlik op of langs my maag gelê toe ek swanger was. Hoekom sal diere aanval? Want dit is hulle natuur.

Mamma van 2 ·

Ek wil begin deur te sê dat ek ongelooflik lief vir honde is (nou gaan ek nie eens praat van Pittbulls nie, maar honde oor die algemeen). As honde dan sulke oulike diertjies is, hoekom word soveel kinders dan doodgebyt, of aangerand deur honde? Want dit is nommer 1, hulle natuur. Soms loop ek en my kinders (10 maande en 5 jaar) verby mense se hekke met diere, en die honde gaan tekere om my kinders leed te kan aan doen, my dogtertjie (5) was al deur ‘n Jack Russel aan geval. En sy het niks gedoen om die dier uit te lok of te tart nie. Jammer, maar honde is diere. Ek stem, hierdie man was heel moontlik waar hy nie hoort nie, maar om te sê dat honde nooit net iemand sal aanval nie, is bog.

SARIE VAN HEERDEN ·

Al die herrie oor ‘n hond wat waarskynlik net sy baas wou beskerm. Waghonde is nie potplante nie en dit is so dat reaksie intree as hy reken sy baas is in die moeilikheid. Niemand van ons weet hoe om die “arme man” te klassifiseer nie i.e. besoeker, rondloper, misdadiger. Dit wil voorkom asof hy dalk nie behoort het waar hy die vreemde hond teegekom het nie. As hy ‘n besoeker of familielid was sou Maroela dit sekerlik genoem het.

SARIE VAN HEERDEN ·

Mamma van 2:
Leer jou kinders om nie aan vreemde honde te vat of vryf nie. Dadelik dink die dier hy kan seergemaak word. Leer jou kind om wanneer hy ‘n hond teekom moet hy afbuk tot die hond se hoogte en dan sy hand uit te steek met die palm na onder sodat die hond aan hom/haar kan ruik. Beste nog: bly weg met kinders by vreemde diere.

SARIE VAN HEERDEN ·

Eers was dit die Boerboele, nou is dit die Pit bulls. Daai piepklein chiwawa’s (verskoon spelling) is van die geniepstitgste diertjies wat ek ken. Hoekom? Kinders dink dis speelgoed en wil hul gedurig optel.

wilma ·

Volgens ‘n berig in Beeld was die man wat deur die honde aangeval is, die afgelope twee maande op die perseel werksaam.

Cheryl ·

Sé maar wat jul wil, Al die mense wat so opkom vir die hond hy bly ñ dier en kla… As hy lus is om aan te val sal hy kla. Die is regtig bog die dat mense Sé ñ hond val nie net aan nie ja hy sal. My seuntjie is amper aangeval deur ñ kamstige liefdevolle bulldog en hyt absoluut niks verkeerd gedoen nie die hond het hom net dop gehou en wou aanval

Tersia Denyschen ·

Maroela hoekom is die berig so vaag? Is dit nie beter om te berig met volle inligting nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.