Bloem-man met gesteelde weermag-ammunisie betrap

Foto van die ammunisie wat op 11 November 2014 in die huis in Lavenderweg, Bloemfontein, opgespoor is Foto: SAPD (verskaf aan Maroela Media)

Foto van die ammunisie wat op 11 November 2014 in die huis in Lavenderweg, Bloemfontein, opgespoor is Foto: SAPD (verskaf aan Maroela Media)

Lede van die Parkweg-taakspan het Dinsdagoggend beslag gelê op 22 onwettige rondes ammunisie tydens ʼn klopjag op ʼn huis in Gardeniapark in Bloemfontein.

“Die taakspan het omstreeks 09:00 op die huis in Lavenderweg toegeslaan,” het kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Die polisie se misdaadintelligensie-eenheid hou die huis al ʼn ruk lank dop wat vermoedelik gebruik word as ʼn veilige hawe vir gesoekte misdadigers en ʼn plek waar dwelms en gesteelde goedere gestoor word.

Die 22 rondes ammunisie was in swart plastiek toegedraai en in die slaapkamer versteek.

“ʼn 39-jarige man is ook op die perseel in hegtenis geneem,” het Marope bygevoeg. “Hy kon nie ʼn lisensie aan die beamptes verskaf wat aandui dat hy wettig in besit mag wees van die ammunisie nie.” Een van die wapens word glo hoofsaaklik deur weermaghelikopters gebruik. Daar was ook 15 R1-gewere en een R5-geweer, een 3.8 PMP, een 20 MG-151, een X CN MIT 20 F1, een X767C en een X300 KYNOCH.

Die verdagte sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

alet ·

Kan julle dit nie verstaan dit word bymekaar gemaak om die blanke boere dood te maak alles natuurlik sonder lisensie

scalla ·

Waar is die kontrole oor die berg/uitreik van vuurwapens en ammo, kan dit nie eers doen nie, hul is mos in beheer, onbevoeg net soos hule top leiers!!!

Man From Nam ·

Hierdie lyk vir my soos ‘n versameling. Party mense versamel seels, ander doppies of soos in die geval, spesifieke ammunisie. Storie is baie dik aangemaak.

Bennie ·

“Een van die wapens word glo hoofsaaklik deur weermaghelikopters gebruik. Daar was ook 15 R1-gewere en een R5-geweer, een 3.8 PMP, een 20 MG-151, een X CN MIT 20 F1, een X767C en een X300 KYNOCH.” Wie het hierdie nonsens geskryf?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.