Bloem-man pleeg glo selfmoord ná rusie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Middeljarige man van Bloemfontein het glo Sondagaand selfmoord gepleeg nadat hy en sy meisie baklei het.

“Die man het homself omstreeks 22:00 in sy gehuurde woonstel in President Steynstraat in Westdene doodgeskiet,” het kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, in ʼn verklaring gesê. “Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die twee ʼn hewige argument gehad het net voordat hy die sneller getrek het.”

Die vrou het glo uit die kamer gestap en kort daarna ʼn harde geluid in die kamer gehoor. Die oorledene se vriend het vir haar kom sê die man het homself geskiet. “Die man se liggaam is op die vloer aangetref met sy 9mm-pistool langs hom. Die man is dadelik na die Mediclinic Bloemfontein gehaas waar hy omstreeks 04:00 aan sy besering beswyk het.”

Die vrou is steeds getraumatiseerd en sy is in die Pelonomi-hospitaal opgeneem vir behandeling.

Dit is nog nie bekend waaroor die paartjie gestry het nie.

Die Parkweg-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek en sal bepaal of die oorledene se vuurwapen gelisensieerd was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Of hy nou n lisensie gehad het of nie, hy is history, daar gaan seker nou n saak teen die oorledene gemaak word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.