Bloem-ongeluk eis twee

Argieffoto

Argieffoto

Twee mense is Maandagaand dood en twee beseer nadat hul voertuig op die N1-snelweg naby Bloemfontein, Vrystaat gerol het.

“Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor, waarna dit die pad verlaat en gerol het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, Dinsdag gesê.

Die twee mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die ander twee het slegs geringe beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.