Lenard Mac Kay, ʼn onderwyser by die Laerskool Wilgehof in Bloemfontein, is daaraan skuldig bevind dat hy die departement van onderwys in oneer gebring het, het gesê hy sal teen sy straf appelleer.
Die Menseregtekommissie het Mac Kay in Oktober verlede jaar aan rassisme en haatspraak skuldig bevind. Sy afdanking volg nadat Fanie Roeloffze, hoof van Laerskool Wilgehof, twee weke gelede ontslaan is.
Roeloffze is ontslaan nadat hy tydens ʼn tugverhoor van die Vrystaatse onderwysdepartement skuldig bevind is dat hy nie opgetree het teen die vertoon van die vlag en foto’s in die klaskamer nie.
Ek voel jammer vir die man maar dit is nou maar so in die nuwe SA kan die waarheid maar net nie aanvaar word nie
Was nie bewus daarvan dat die ou vlag nie vertoon mag word nie. Is daar amptelik n wet wat dit verbied.
Het die gekke nog nie gehoor van geskiedenis nie? Enige vlag mag tog vertoon word, dit is mos nou nie teen die wet nie-
Ek hoop daardie onderwyser gaan tot by die hoogste hof! Dit is belaglik, laat my dink aan Zim, waar Mugabe se foto hang in elke winkel, van die koffiewinkel tot garage!
My hart gaan uit na die onderwyser, waar gaan hy nou werk kry? Ek neem hom nie kwalik nie, baie dink dinge, maar min is bereid om dit te sê. Klomp splitgatte in daai skool sien ek, hulle het nie nodig gehad om so bohaai te maak nie. So much vir jou alles gee om kinders te leer. Sterkte aan die onderwyser.