Bloem-pa brand glo op gesin los

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn 43-jarige man van Bloemfontein en sy 17-jarige dogter is in ʼn kritieke toestand na ʼn plaaslike hospitaal geneem ná ʼn skietvoorval by hul huis Maandagaand.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die Bloemfontein-polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die skietery het omstreeks 20:30 by die gesin se huis in Hospitaalpark plaasgevind.

“Die pa het na bewering ʼn vuurwapen in die hande gekry en op sy vrou en drie kinders losgebrand. Hy het sy vrou en twee van die kinders mis geskiet, maar sy 17-jarige dogter onder meer in die nek en bobeen getref,” het Marope gesê. “Die man het homself glo hierna in die maag geskiet en met ʼn mes gesteek.”

Bure wat die skote gehoor het, het die polisie ontbied. Die pa en dogter is deur ʼn ambulans na die hospitaal geneem.

Marope het gesê die rede vir die skietery en wat daartoe gelei het, is nie bekend nie en word ondersoek.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen. Die man is onder polisiebewaking in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Alien ·

Ons woon naby die mense en kort kort is daar rusie… Hoekom het hy homself nie net geskiet nie, nou skiet hy op sy kinders, die dogter wat geskiet is is ‘n model.

Annie ·

Hy is net so erg soos daai ou in Vanderbijlpark – hulle moet hom toesluit en die sleutel weggooi, hoop die dogter is okay – gee niks vir hom om nie.

Jade ·

Chemtrails mense! Doen die navorsing. Met Bloem wat elke dag amper gespuit word laat dit mense wonder.

Hannelie ·

Is jy ‘n “scientist” Jade. Jy klink of jy meer weet van als in Bloem? Wat spuit hul daar? Of is daar iets in de water wat jy nie vir ons sê?

Rina Pretorius ·

dit is die stress van die tyd waarin ons leef, niks gaan meer reg nie en baie kan die stress nie hanteer nie en dan gebeur die tipe goed. Sterkte aan almal betrokke. Ons landsleiers en hulle wette is beslis skuldig aan hoe die mense in die land optree, veral as jy ‘n blanke man in die land is.

Tina du Toit ·

Hoe jammer dat jy nie hulp kry vir jou stres nie, maar eerder jou gesin wil uitwis. Ek baklei om my mense te beveilig en hy wil sy eie vlees en bloed se lewens neem. Is hy so selfsugtig om hulle saam met hom te vat?. Dis baie hartseer.

EvW ·

Ek dink daar moet vreeslikke dinge deur jou kop gaan voor jy so iets kan doen….

logies ·

30 jaar terug was dinge darem maar nie so nie. Ek weet nou wel dat tye verander het en die lewe meer stresvoller begin raak het, maar heng ek dink nou weliswaar om jou gesin te probeer uitmoor weens jou eie persoonlike stres gaan oplaas nou nie die kalf uit die put trek nie. My advies aan diegene wat dit selfs net konsidereer, neem die geweer, vat jou eie lewe, maar ek kan jou waarborg in 99% van die gevalle indien jou geliefdes ‘n keuse gehad het, sal hul baie beslis wou voluit leef en glad nie aan die hand van ‘n malman wou sterf nie. Daar is regtig iets sieks besig om te gebeur in die denke van ons mensdom, Dis regtig tyd dat ons elkeen maar bietjie moet gaan sit en stock neem van ons lewe en ontslae raak van die dinge wat ons lewens so ontwrig en ontsenu, dan sal die dag van more ook weer beter daaruit sien.

Jacques ·

Logies , kyk die nuus . Alles word gebreek en gebrand omdat die mense te sleg is om te werk .
Geen wonder dit gaan soos dit gaan nie , ek prat nie die man se optrede goed nie glad nie maar wat te erg is , is net te erg

Rapes ·

Dit is Daren hartseer as’n men’s sulked dinge lees. Sterkte aan die grain.

Abel ·

Wat gaan aan in ons siek mensdom??? Hoe doen mens so iets, en nogals aan die mense wat elke dag saam met jou is, saam jou bly, wat eie is aan jou?? Kan nie eens dink hoe mens so iets aan jou naaste doen nie, wat nog van jou geliefdes??? Hoe verwilderd moet jou kinders wees……. ai toggie ons moet bid vir Suid-Afrika en ons mense…..

EvW ·

Elke dag is daar meer en meer sulke berigte…. Ons lewe in n bose wereld!

Theuns ·

Ja nee tye het verander! In die jare 60 – 80 tigs het ons met ons weermag wapens huis toegegaan en by ons gehou Nooit het sulke dinge gebeur nie. Maar ons het nie vandag se stress gehad nie al was dit oorlog! Vandag voel die meeste witmans hoe dit voel om leierloos te wees, om nie werk te kry nie, om vir ‘n familie te sorg hoed in die hand, om ‘n kerk te he wat nie meer in die waarhede van die bybel glo nie en dan nog te hoor jy is ‘n luigat wat nie wil werk nie en die laasgenoemde nogal by kommentators wat polities korrek wil wees!! My raad aandiesulkes is om jou kop hoog te hou en vas te byt! En onthou ‘ what goes arround comes around’!

Armando ·

Theuns, man. Goeie kommentaar! Ek was ook daar, tot met ‘n Ratel huistoe gegaan. Samils ook. Geen probleme ooit nie. Nee, Theuns, ek glo nie dit is waar die probleem lê nie,

Dewald ·

Die eerste kommentaar, daars altyd russie. Dit kom voor dat daar wel gereelde konflik in die huis is. En iets moes daai pa laat knak het om so emosieneel op te tree. Die kinders kon met die verkeerde dinge betrokke geraak het en die ma het als weerhou van die pa.
Ek het dit al meer as eenkeer ondervind, waar die pa emosioneel optree en groot chaos veroorsaak wat die Familie uitmekaar dryf.
Anders het hy net ‘n Skroef los.
Dis ‘n jammer dat so iets gebeur het.

Tinkerbell ·

Ons hele land se mense raak flippen verby mal … Mense die lewe is so kort en julle versuur die lewe!! Voordat jy jou vrou, of kinders of iemand wil skiet of iets, asb skiet jouself maar dan eerder en doen n goeie job ook asb!!!! Julle is aandag soekers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.