Bloem-polisie op soek na mans wat kluis wou opblaas

Die OK-supermark in Willows, Bloemfontein Foto: Google Earth

Die OK-supermark in Willows, Bloemfontein Foto: Google Earth

Die Parkweg-polisie in Bloemfontein is op soek na verdagtes wat Maandag glo ʼn kluis by die OK-supermark in Willows wou opblaas.

“Die verdagtes is vermoedelik gestuit deur polisiebeamptes wat in die omgewing op patrollie was,” het kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die verdagtes het met leë hande van die toneel gevlug nadat hul poging om die kluis op te blaas, misluk het.”

Volgens Marolpe was die verdagtes reeds weg toe polisiebeamptes by die toneel opgedaag het. “Daar was onder andere springstofpoeier op die toneel wat nie ontsteek het nie. Die toestelle het geringe skade aan die sluitstelsel van die kluis aangerig.”

Die ondersoek duur voort. Die polisie versoek enigiemand met meer inligting om met hulle in verbinding te tree deur 051 507 6000 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.