Reinhardt Verster (34), ʼn veespekulant van die Woodlands-landgoed in Bloemfontein wat in hegtenis geneem is in verband met veediefstal, het Dinsdag in die Ladybrand-landdroshof verskyn.
Verster, ook bekend as Seiso, se aansoek om borgtog is afgekeur, omdat die staat van mening is dat hy dieselfde oortredings met dieselfde modus operandi begaan het en in 2014 skuldig bevind is, het Loraine Earle, woordvoerder van die polisie, gesê.
Maroela Media het vroeër berig hy is op 8 Augustus 2017 in hegtenis geneem in verband met die beweerde diefstal van 20 beeste in die Bloemspruit-gebied. Hy het glo boere genader met ʼn aanbod om hul vee te verkoop, maar hulle nooit daarvoor betaal nie. Die geraamde waarde is R140 000.
Verster het ook op 23 Augustus in Dewetsdorp in die hof verskyn in verband met drie sake oor 50 beeste tot die waarde van R51 000.
“Hy moet weer op 14 September in die Bloemfontein-streekshof verskyn in verband met albei sake van Dewetsdorp en Bloemfontein vir ʼn aansoek om borgtog,” het Earle bygevoeg.
MM, ek is bly dat jul hom nie meer n boer noem nie, maar wel n smous, want met sy streke is hy dit nie werd nie
Drie skape oor 50 beeste? R51000 ? 50 Beeste is ten minste R100 000.00.
Borgtog geweier omdat dieselfde modus opperandi gebruik is as by vorige oortreding! Geld dit dan nie vir rowers, moordenaars en verkragters nie?????
Waarom kry die ander dan links en regs borgtog?
Is dit dalk omdat die SAPD die rekords van sommige verdagtes nie nagaan of dalk doelbewus ignoreer nie?
Asseblief, geen verdagte wat uit op borg, parool of vorige veroordelings het, of wat gesoek word vir ander misdade; moet enigsins vir borg in aanmerking kom nie! Dit dui op misdadige patroon wat duidelike en ernstige gevaar vir lede van die publiek inhou, juis die rede waarom borg nie toegestaan kan word nie.