Bloem-vrou, kind tydens kaping ontvoer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou van Bloemfontein en haar vierjarige seun is Woensdagaand tydens ʼn kaping voor hul huis ontvoer.

Konst. Wendy Nkabi, polisiewoordvoeder, het Donderdag gesê die 30-jarige vrou het omstreeks 21:20 voor haar huis in Westdene stilgehou en in haar grys BMW 316 gesit en wag vir haar man om die hek oop te maak.

“Twee verdagtes het skielik met ʼn wit Nissan Sentra agter haar motor stilgehou en na haar toe gehardloop,” het Nkabi gesê. “Een verdagte het ʼn vuurwapen op haar gerig en haar en haar kind gedwing om in die Sentra te klim. Een verdagte het met die slagoffer se motor weggery en die ander in die Sentra.”

Die kapers het saam met die slagoffers deur die stad gery en by ʼn kitsbank gestop waar hulle kontant uit die vrou se rekening onttrek het. Die ma en seun is later by ʼn winkelsentrum in die Phahameng-informele nedersetting afgelaai, waar die Kagisanong-polisie tot hul redding gekom het.

ʼn Kaping- en ontvoeringsaak is aanhangig gemaak, en die polisie het inligting oor die gekaapte motor versprei.

“Een verdagte, ʼn 26-jarige man van Lesotho, is in hegtenis geneem nadat beamptes van die Ficksburg-grenspos die BMW opgemerk het,” het Nkabi gesê.

Die man moet binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn. Sy medepligtige is nog soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ladybug ·

Wel gedaan! Hopelik gaan die mamma en haar kind vir trauma berading …

Irene ·

Dis nou n verasing nog een van anderkant die grens!!! (sarkasties) :)

Giel van der Berg ·

Ons moet nog grense oopmaak, dit help om aanwas te stimuleer !!! Gemors !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.