Bloem-werker kom op lyk onder boom af

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn onbekende man, wat reeds begin ontbind het, is Sondag onder ʼn boom in ʼn veld in Bloemfontein aangetref.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het gesê dié gru-vonds is Sondag omstreeks 07:45 deur ʼn werker van Imperial Logistics gedoen.

“Die man het in die omgewing van Rudolf Greylingstraat in die Hilton-omgewing gery toe hy op die liggaam afgekom het. Die liggaam is onder ʼn boom in ʼn veld langs die pad aangetref,” het Marope gesê.

Volgens Marope dui ʼn voorlopige ondersoek daarop dat die man twee dae tevore dood is aan natuurlike oorsake aangesien daar geen sigbare beserings aan sy liggaam is nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Die Navalsig-polisie doen tans ʼn geregtelike doodsondersoek.

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om na vore te kom as ʼn familielid vermis word. Die man is swart en is aangetref in ʼn blou T-hemp, grys broek en wit tekkies. Mense met inligting oor wie die man kan wees, word versoek om kapt. Thapelo Motseki by 082 467 6348 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Asjas ·

En daar val ek van my stoel af! ‘n Beskrywing van die man, dankie. Nou kan die betrokke families die Polisie kontak en nie die HELE land wat iemand vermis nie.

Frannie ·

Belaglik eintlik. Die mees obvious manier om iemand te help om iemand te kan uitken is sy kleur, maar o nee, dis polities nie korek nie, so nou weet ons alles, maar nie die kleur van sy vel nie.

Frannie ·

Ek sien nou sy kleur word wel genoem. So gewoond dit word nie, skoon bo-oor gelees. Jammer Maroela, het vergeet julle doen dinge darem anders. :-)

Frannie ·

Oeps, ek sien julle het dit genoem. Jammer Maroela, ek het vergeet julle doen dinge anders.

Piet ·

Hy het tien teen een niemand wat vir hom omgee nie. Hulle bly daar onder die bome. Ek is van Bloem. Hulle bly ook onder die N1 in die afvoerpype. En reg voor Tempe se hoof ingang onder Furstenburg weg in die afvoerpype. As dit reën is hulle soonat en die beddegoed en klere hang teen Tempie se veiligheids heining om droog te word. In Bloem gee niemand om dat hulle daar bly nie, of altans lyk dit so.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.