Bloemfontein is die ongesondste in die land

Argieffoto

Argieffoto

Volgens Discovery se Vitality ObeCity-indeks bly sy ongesondste lede in Bloemfontein, wanneer gewig en ander faktore in ag geneem word.

Die gesondste Vitality-lede bly in Kaapstad.

“Vetsug neem wêreldwyd vinniger toe as enige ander siekte,” het Discovery in ʼn verklaring gesê. “Dit is die nommer een risikofaktor vir nie-oordraagbare siektes.”

Meer as 60% van Suid-Afrikaanse vroue is glo oorgewig of het vetsug.

“Vetsug in Suid-Afrika word toegeskryf aan faktore wat verband hou met veranderinge in dieet, fisiese aktiwiteit, en omstandighede by die werk, huis en gemeenskap,” het dr. Craig Nossel, hoof van Vitality Wellness by Discovery, gesê. “Die uitslag van die ObeCity-indeks is kommerwekkend.”

Die ObeCity-indeks gebruik inligting oor gewigstatus en gesondheidsgewoontes wat versamel word van lede wat Vitality-lidmaatskap besit, in Johannesburg, Kaapstad, Durban, Port Elizabeth, Bloemfontein en Pretoria. Lede se profiele word vergelyk in terme van gewig, kos- en drankkeuses, oefening en geestesgesondheid.

1. Bloemfontein is die ongesondste, met die laagste inname van vrugte en groente en hoogste inname van suikerkoeldranke en souterige kos. Bloemfontein is ook tweede laagste in terme van fisiese aktiwiteit (alhoewel Vitality-lede minder sit as in ander stede).

2. Pretoria vaar nie te sleg in die gewig-kategorie nie (vierde), maar Vitality-lede het die hoogste telling vir vet en suiker wat by kos gevoeg word en die laagste telling vir slaapgehalte. Pretorianers is die stad wat die tweede meeste hoeveelheid tyd sit en dit minste oefeninge doen. Hulle het die laagste telling op fisiese aktiwiteit.

3. Port Elizabeth is algeheel in die derde plek. Die stad is tweede in fisiese aktiwiteit, wat daarop dui dat sy inwoners redelik aktief is en nie so lank stilsit soos ander stede nie. Onder gewig en kos- en drankkeuses het hulle egter in die tweede laaste plek beland.

4. Durban is in die vierde plek en deel die tweede plek met Port Elizabeth in terme van die hoeveelheid tyd wat inwoners stilsit. Durban is egter in die derde plek in terme van fisiese aktiwiteit. Die inwoners se kos- en drankkeuses is ook baie swak en die lae hoeveelheid vrugte en groente wat ingeneem word tesame met hoë hoeveelhede koffie en tee is kommerwekkend.

5. Johannesburg het die tweede beste gevaar en inwoners het die beste gewigstatus in vergelyking met lede in ander stede. Johannesburgers het die tweede beste gevaar vir gesonde eetgewoontes en voeg die minste suiker by hul koffie of tee. Hulle spandeer egter lang tye op hul agterstewes.

6. Kaapstad het die beste gevaar met die hoogste tellings in gesonde eetgewoontes, oefening en geestesgesondheid. Die stad het slegs in die gewigkategorie tweede plek behaal ná Johannesburg.

Prof. Marjanne Senekal, hoof van menslike voeding by die Universiteit van Kaapstad, het gesê beleidsmakers, handelaars, restaurante, die algemene gemeenskap, werksplekke, ouers en snoepies by dei skool moet seker maak dat daar gesonde voedselkeuse beskikbaar is. “Goeie kos moet ʼn cool keuse wees,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

brenda ·

Nou hkm word dit genoem 60% vrou!!!!! Kon julle nie maar gese het hvl man ook nie

snip ·

en limpopo word nie eers genoem. ek dink nie hulle weet hoe lekker is dit in die bosveld nie

spikkel ·

Ja-nee, as dit maar so smaklik was om maer te word, maar net soos wat jy mense kry wat verslaaf is aan drank, dwelms of wat ook al; is daar die van ons wat nét nie verby n ou lekker dingetjie kan loop nie. Buiten dit; is sweet net vir cowboys en daaroor word net die nodige bewegings gedoen. Ou Paulus sê dit vir my so mooi….liggaamsoefeninge is van weinig nut. Nee wat, ek kan daai klomp van discovery verseker, ons meer “sigbare” mense probeer darem, of ons eet darem elke Maandag reg of ons begin ons dag darem met n gesonde ontbyt, maar iewers, iewers daar in die dag, val ons weer uit die bus uit. My busdrywer het al tou opgegooi….stap is miskien n goeie ding. My nuwe motto…think healthy and not thin….ek het weer die bus verpas.. Sterkte aan almal wat meer bene in hul lyf bedek as die normale mense, dit bly n moeilike ding!!!

spikkel ·

Louise, dis ek by jou voordeur, met lekker kilojoule belaaide goedjies vir die braai, maak oop suster, die goed raak swaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.