Bloemfontein-man gevang met Transnet-toerusting

(Argieffoto)

ʼn 57-jarige man het Vrydag in die landdroshof in Atteridgeville verskyn op aanklagte van bedrog en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Daar word beweer dat die verdagte en sy medepligtige, Mitchell Kruger (35), in Januarie vanjaar koper by ʼn skrootwerf verkoop het deur bedrieglike Transnet-dokumente te gebruik. Kruger is reeds in Februarie vanjaar hiervoor in hegtenis geneem en borgtog toegestaan.

“Lede van die ondersoekeenheid vir ernstige georganiseerde misdaad in Bloemfontein en Pretoria het ʼn soektog op ʼn plaas in Glen naby Bloemfontein uitgevoer, waar hulle die verdagte met die bedrieglike Transnet-dokumente in sy besit gevind het,” sê kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder vir die Valke. “Toe die polisie die perseel deursoek, het hulle beslag gelê op elektroniese toebehore en selfone wat verbind kan word met die bedrieglike verkope.”

Volgens Mulamu het die polisie ook inligting gekry oor ʼn trok vol gesteelde onderdele en staalmateriaal wat vermoedelik aan Transnet behoort. “ʼn Ondersoekspan het die wenk opgevolg en afgekom op dié goedere ter waarde van R2 miljoen onderwyl dit van ʼn trok in ʼn skrootwerf in Germiston afgelaai is.”

Die polisie het op dié goedere beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andre ·

Hulle klink wit, dus sekerlik nie nuwe aanstellings in ander staatsafdelings as hoofde nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.