Die polisie in Port Shepstone is op soek na Karl Albert Douw Bonjanis (50) wat laas op 27 Oktober vanjaar in Bloemfontein gesien is.
Volgens die polisie in Port Shepstone, was Karl se laaste huisadres in Calliopestraat in Pentagonpark in Bloemfontein, het konst. Maselela Langa, woordvoerder van die polisie, gesê.
Albert het ʼn ligblou Chev Spark met die nommerplaat CBS52465.
Volgens die persoon wat Karl as vermis aangemeld het, sou hy ʼn vriend in Marble Hall in Limpopo gaan besoek, maar hy het nooit opgedaag of by sy bestemming aangekom nie.
Enigiemand met verdere inligting oor Karl word versoek om ao Johan Maree (079 500 1251) of Rams Ramphul (079 500 0728) te kontak.