Bloemfontein se geliefde ‘pannekoektannie’ vermoor

Anna Herbst, Bloemfontein se geliefde pannekoektannie, is die naweek in haar huis vermoor. (Foto: verskaf)

Talle inwoners van Bloemfontein het hul medelye betuig ná die dood van Anna Herbst (61), die vrou wat dié naweek in haar huis vermoor is.

Herbst, oftewel die pannekoektannie soos sy allerweë in die dorp bekend gestaan het, se liggaam is Saterdagoggend in haar huis op ʼn kleinhoewe by Bloemspruit, aan die buitewyke van die stad, gekry.

Sy het alleen daar gewoon nadat haar man vroeër dood is.

Ao. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, het gesê nooddienswerkers het Herbst se liggaam in die huis gekry nadat bure vlamme gesien en die brandweer ontbied het.

Die nooddienswerkers het agtergekom Herbst se hande is vasgebind toe hulle die liggaam uit die huis verwyder het.

ʼn Moorddossier is geopen, maar niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie, het Earle gesê. ʼn Nadoodse ondersoek moet nog die oorsaak van Herbst se dood bepaal.

In dié stadium lyk dit of net ʼn geldtrommeltjie uit Herbst se voertuig, wat steeds buite die huis gestaan het, vermis word, het Earle gesê.

Haar pannekoekgeld was vermoedelik daarin.

Barend Rossouw, Herbst se skoonseun, het gesê volgens die polisie is Herbst moontlik in die aanval ook geskiet.

Hy en sy vrou, Anneke, het hulle Saterdag na Herbst se huis gehaas nadat hulle ʼn oproep oor die brand daar gekry het, maar dit was tevergeefs. Die huis is in die brand verwoes.

Herbst was ʼn bekende in die stad waar sy die afgelope ruk op Donderdae, Vrydae en Saterdae pannekoeke voor D&J Vleis verkoop het.

Adri Vorster, wat saam met haar man, Jimmy, D&J Vleis besit, het gesê “tannie Anna en haar pannekoeke” was ʼn instelling voor die deur.

“Dit is vir ons verskriklik sleg. Sy was al deel van die opset hier. Tannie Anna was regtig tough, sy het nie stilgesit nie,” het Vorster gesê.

“ʼn Mens lees van dié goed, maar dit gebeur nie op jou voorstoep nie. Die tannie het nie ʼn vlieg skade gedoen nie. Die mense was verskriklik lief vir haar,” het Vorster gesê.

ʼn Verassingsdiens word Donderdag om 11:00 in die NG kerk Bloemfontein-Noord (Klipkerk) gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Zettie ·

Net nog ‘n weerlose mens wat niemand skake aangedoen het nie……….so val ons een vir een. R I V Tannie Pannekoek.

Lizelda ·

Ja, Zettie dis so erg veral die brand kan n mens nie dink daars booswigte daarbuite wat dink dis ok, normaal nie…

Lizelda ·

Was dit REGTIG nodig om die arme mens vas te bind en dan die huis aan die brand te steek met haar binne in?? So verskriklik tragies en onnodig. Sterkte aan die familie en almal wie se lewens sy aangeraak het…

Oujongvrou ·

Wil ek ook graag weet. Sy kan mos nie teestand bied teen n oormag nie. Vat dan die geld en gee pad.

lorita ·

Ek het minder as ‘n week terug nog pannekoeke by har gekoop – Dis soooo hartseer

Johan ·

Nóg n slagoffer onder die volksmoord oorlog. Mág die gesneweldes altyd onthou word.

Chris ·

Dis baie sad.

Ek sien altyd die polisie is sleg….menings van ander. Ek ken n paar goeie mense in die polisie wat rerig hard werk!

So vir die wat altyd op die draad sit en kla……Wat doen jy?
Die was n ou tannie……Sy was maar net n “easy target”. Ongelukkig! Die misdaad is hoog in die land. Almal moet maar bietjie Sy deel doen. Al sluit jy by n buurtwag aan…..help dit.

As jy net altyd kla en niks self doen……moet eerder nie kommentaar lewer nie.

My gebed gaan vir die tannie en haar familie.

Michelle ·

Het Cele en die president al die gruwelike misdaad tonele gesien ek glo nie, dit is tyd dat hul dit moet sien enige persoon se lewe kan nie deur enige iemand gevat word wanneer daardie een besluit jy mag nie meer lewe nie. Ons maak die regering ryk en hul het Vip beskerming en ons sorg vir die misdadigers en moordenaars maar die weerlose mense word die een na die ander uitgemoor en niemand se ‘n woord nie. Vat daardie geld en gee daardie mense Vip beskerming waar nodig is lei die regte mense op met die regte ondervinding het.

Werner ·

N persoon wat nog hierdie as misdaad klasifiseer weet in elk geval nie wat in die land b sig so s om te gebeur nie

Oujongvrou ·

Iemand moet Malema begin sue want dis hy wat die haat so aanblaas. Hoekom het die valke nog nie begin ondersoek instel na die man in die tronk vertel het hulle kry 200,000 om n witmens te vermoor.

Gelleerde Vriend ·

Misdaad is buite beheer, moord het iets alledaags geword. Die “regstelsel” skrik misdadigers glad nie meer af nie. Sake duur jare en loop meestal op niks uit nie, dit is as iemand aangekeer word.

Lee ·

Ons roep op na U Here… moet ons nie los in die hande van hierdie godelose regering nie. Amen. Amen en AMEN

Gert ·

Ek het vir Anna geken en het haar seun saam met my gewerk. Sy het hard gewerk en n geldjie op n eerbare manier verdien. Niemand kan lekkerder pannekoeke bak as wat sy gebak het nie. Mag die vuilgoed wat haar vermoor het gou gevang word.
Aan haar familie, baie baie sterkte.

Minette ·

Dit is sooooo verskriklik hartseer en onnodig…baie sterkte vir al die naasbestaandes..

Ekke ·

NEE !!! Dit is absoluut skokkend…
…….En CR gee Ministers en die Premier tot einde Augustus om met ‘n oplossing vir e-tol voorendag te kom.
Wens dieselfde ywer kan getoon word om ons weerlose mense te beskerm wat so uitgemoor word

marco polo ·

Se ek ook. Maar nee, ons wil petisies teken en besware aanteken en mooi vra.

ryan ·

Seker nog vir ure lank gemartel ook..Daar is baie wat gebeur in sulke moorde, wat niemand weet nie. Nog een wie se lewe op die aarde ‘n seën was en die ‘n laaste paar ure van hel moes beleef – net omdat sy ‘n blanke vrou alleen op ‘n plaas was. RIV pannekoek tannie..

Anne ·

Mens is absoluut stomgeslaan en hartseer. Hou dit net nie op nie? @ryan jy bedoel dalk net om realisties te wees maar haar mense lees dalk hier. Ons moet hulle ook beskerm. Hulle harte is seer en wil nie nou hulle verbeelding op loop jaag nie. Alle sterkte aan die gesin. Dis net om van te ween. God gee hoop en uitkoms. Hou vas aan die geloof.

Johanna Botha ·

Die land is VOL baie siek mense …en die polisie beteken NIKS !

Jr ·

Maar as ons dreig om onself te verdedig is ons rassisties. Well so be it

Realis ·

Alles wat jy se is so waar. Eintlik behoort hier nie n enkele kommentaar te wees want soos jy tereg se, doen niemand iets behalwe om n woord tirade op die blad te begin nie. Dit herinner my aan die blaf kompetisie tussen n worshond en n boerboel. Dit bly net n lawaai. Ek het ook nie n oplossing nie maar asseblief mense, julle steoritipiese kommentaar raak nou afgesaag. Kom ons delf bietjie dieper en kry n werlike oplossing. Hierdie sinnelose geraas gaan ons nerens bring nie.

Stelling ·

Ons leef in n derde wereld my vriend, moet nie meer verwag nie. Polisie het nie genoeg mannekrag of toerusting nie.

Christine ·

Het ook al die tannie ondersteun, hoe verskriklik hartseer????
Onnodige lewens-verlies alweer

Ben ·

Moordenaars, dink bietjie hieraan: Wat gaan gebeur as die RSA ‘n nuwe regering in die toekoms kry en die doodstraf word terug gebring “Back Dated”. Met ander woorde almal wat moord gepleeg het in die verlede, kom ons se die afgelope 25 jaar word tereggestel, kom ons se binne 21 dae. Nee dit kan nie gebeur nie. Ja dit kan, kyk bietjie wat die ANC doen met sogenaamde Apartheid sake.

Gemsbok ·

As die ou gesegde lui dat ‘n volk homself red, is dit seker ook moontlik dat ‘n volk sy eie moord gade kan slaan, soos Afrikanser skynbaar doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.