Bloemfonteiners teen verblyf-slenter gewaarsku

Argieffoto: Flickr/Mark Moz

Argieffoto: Flickr/Mark Moz

Die polisie in Bloemfontein het die publiek gewaarsku teen ʼn slenter wat tans gebruik word om huurders uit duisende rande te bedrieg.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het gesê ses mense wat met die slenter gevang is, het reeds sake by die polisie geopen.

Die slagoffers het glo op ʼn advertensie in plaaslike koerante of op sosiale media platforms gereageer waarin ʼn leë woonstel vir verhuring aangebied word. Die slagoffers word dan versoek om ʼn bedrag as deposito in ʼn rekening in te betaal sodat die beweerde eienaar die verhuringsooreenkoms kan opstel.

Toe die slagoffers daarna die woonstel besoek het, het hulle gevind daar woon reeds iemand wat geen kennis van ʼn verhuringsooreenkoms dra nie. Enige verdere pogings om weer met die “woonsteleienaar” in aanraking te kom, was tevergeefs, het Marope gesê.

“Die polisie wil alle studente en individue wat op soek is na verhuringsverblyf, waarsku om op die uitkyk te wees vir hierdie slenter,” het Marope gesê.

“Mense word aangeraai om eers die bestaan van die verblyfopsie by die relevante agentskap of owerhede te bevestig voordat enige transaksies gedoen word. Indien jy vermoed ʼn aanbod is ʼn slenter, meld dit onmiddellik by jou naaste polisiestasie aan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Fanie ·

Hierdie ou wat die mense so inloop met verhurings, opereer uit Grootvlei gevangenis hy het dit eenkeer erken teenoor iemand wat ek ken

GES ·

Dit gebeur as gevangenis vrylik toegang tot selfone en die internet het ingesluit semreg.

JD ·

Ek gaan seker gestenig word, maar ek is baie jammer, hoe stupid kan mens wees. As jy ‘n plek wil huur dan moet jy mos darem eers gaan kyk hoe die plek lyk. Dit Is hierdie mense se eienaar skuld .

Koos ·

Ek het ‘n woonstel wat ek uitverhuur. Ek stel die kontrak op, die huurder betaal die deposito voor of op die datum van intrek (let wel, EERS kontrak teken) en dan word die maandelikse betalings gedoen.

Hoewel ek gedeeltelik saamstem dat dit nie wys is om eers te betaal nie, maak die tekort aan behuising tesame met desperaatheid, dat mense nie logies kan dink nie. Gee ‘n appel vir ‘n miljoenêr, dalk kry jy ‘n dankie. Gee appel vir ‘n persoon wat duidelik honger is, hy gryp dit. Dieselfde hier met die behuising.

M Swanepoel ·

Dit is ook so met vakansie verblyf wat geadverteer word met die nodige foto’s. Dit gebeur baie met verblyf aan die kus

alida ·

Hierdie slenter is so oud soos die berge, Kan nie verstaan dat mense steeds daarvoor val nie. Dom mense moet seerkry.

Etrezia Pienaar ·

Ons was self “slagoffers” van dit. Ons huis is op die Internet geadverteer met fotos en al…… Toe ons by ons Polisie stasie ‘n saak wou gaan open, toe word daar vir ons gese dat ons geen saak het nie!! Die berig se tog om dit te gaan aanmeld!!!

Winston ·

Ek weet waarvan jy praat. Deesdae is dit normaal om nie n saak te hê as die SAPD nie weet hoe om dit te hanteer nie. Uniform, bakkie en pistool op jou sy. Dan is jy n polisiebeampte? Jammer vir die manne wat nog regte polisiebeamptes is.

bea ·

Dit het al 3 keer gebeur dat ek na plekke gaan kyk of wou kyk dan wil die mense voor die kontrak afgehandel is die gelde he, dan se ek net sorry voor alles nie reg is betaal ek geen gelde. Een van die ou mans het op n keer gese ek kan verby die plek ry maar die mense wat daar bly is baie agresief wanneer hulle uit is kan ek gaan kyk maar om die plek te hou moet ek hom betaal…miskien is ek n vrou maar beslis nie so stupid nie..baie skelms in Pretoria wat dit betref..

pop ·

In my lewe sal ek geen geld inbetaal vir niemand voor ek die perseel besoek het nie. En gebruik maar liewer agente, dis ook baie veiliger.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.