Bloemfonteinse dieretuin tydelik gesluit

Bloemfonteinse Dieretuin se ingang (Foto: Verskaf)

Die Vrystaatse departement van ekonomiese sake, kleinsake-ontwikkeling, toerisme en omgewingsake het vandeesweek die Bloemfonteinse dieretuin tydelik vir die publiek gesluit.

Qondile Khedama, woordvoerder van die Manguang-metro, het Woensdag aan Maroela Media bevestig dat die dieretuin tot verdere kennisgewing gesluit sal wees.

Die departement is van mening dat die dieretuin nie aan bepaalde vereistes en voorwaardes voldoen nie, soos uiteengesit deur die departement. Die dieretuin sal nou eers aan die departement moet bewys dat hy aan dié vereistes voldoen, voordat die dieretuin weer kan oopmaak.

“Die Stad het Dinsdagmiddag sodanige kennisgewing ontvang en is besig om die inhoud daarvan te bestudeer om te verseker dat dit nagekom word. Ongelukkig is die dieretuin tydelik gesluit tot verdere kennisgewing,” het Khedama gesê.

Dit is nie in dié stadium duidelik hoe lank die dieretuin gesluit sal wees nie.

Khedama het egter verseker dat die welstand en gesondheid van die diere nie gedurende die tyd in gedrang sal kom nie en dat munisipale werkers deurentyd aan diens sal wees om na die diere om te sien.

Nicole Viljoen, omroeper van die gemeenskapsradiostasie Radio Rosestad, het die tydelike sluiting van die dieretuin as “ tydelike oorwinning” beskryf.

Maroela Media het vroeër berig Viljoen en haar mede-omroeper Bernie Naude het kragte saam met die radiostasie gesnoer om met ’n petisie tussen 50 000 en 80 000 handtekeninge van inwoners te werf om die dieretuin te sluit.

Naude en Viljoen het die veldtog begin omdat hulle meen die dieretuin is die afgelope jare verwaarloos en dat dit agteruitgaan. Viljoen sê die meeste van die hokke in die dieretuin staan leeg en daar is min kos en water vir die diere beskikbaar.

In November het 9 000 mense binne 36 uur die petisie geteken.

Dié petisie het nou al sowat 19 000 handtekeninge. Die petisie sal na verwagting in Januarie aan adv. Tankiso Mea, die stadsbestuurder van die Mangaung-metro in Bloemfontein, oorhandig word.

Volgens Viljoen is die dieretuin Dinsdagmiddag gesluit terwyl daar nog besoekers op die perseel was. “Die departement het ingestap en gesê dit is klaar. Maak toe. Ek is baie trots op die departement dat hulle ingetree het. Dit is die eerste stap in baie lang proses.”

Sy verduidelik dit is nie ʼn opsie om die diere vorentoe van kant te maak nie. Daar sal dus na verskeie opsies gekyk word om die diere na ander instansies oor te plaas sou die dieretuin finaal sluit.

“Dan is daar nog die dieretuin se werkers en hul gesinne wat geaffekteer word, sou die dieretuin heeltemal sluit. Ons moet sorg dat hierdie mense in ander departemente werk kry. Daar is klomp dinge wat moet gebeur. Voorlopig het ons nietemin ’n klein stryd in ’n oorlog gewen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Petru Pietersen ·

Asb die diere verplaas na ander provinsies se dieretuine, GROOOOT ASB. Sou dit die punt bereik om Bloemfontein se dieretuin permanent te sluit.

Petru Pietersen ·

Of tenminste hulle na plekke vervoer in die wil waar ‘n mens weet hulle vir hulself kan sorg en veilig sal wees.

Johan Pretorius ·

Die dieretuin behoort permanent gesluit te word. Diere mishandeling het plaasgevind en die mense in beheer van die dieretuin is totaal onbevoeg .

marteltuin ·

Sluit sommer alle dieretuine nadat die diere goeie huise gekry het. Die elendige munisipale werkers moes eerder hulle werk gedoen het, dan sou hulle nie in die situasie beland het nie. Dit se ook nie veel dat hulle nog aan diens sal wees om na die diere om te sien terwyl die tuin gesluit is nie. Hulle kon nie voorheen nie, waarom sou hulle nou?

toy ·

Hulle moet asb nie die dieretuin permanent sluit nie, Bloemfontein het reeds nie baie om te besoek nie. Ek stem saam kry dit op standaard en diere moenie swaar kry as gevolg van die mens nie.

Lizelda ·

@Toy so ten koste vd diere en in belang vd mensdom se vermaak moet die dieretuin oopbly?

Dawid ·

Marius, ek is ook gladnie ten gunste, van die haglike skandalige toestand van die Bloemfontein diertuin nie! Maar waar, op die aarde, stel jý nou voor, gaan mensmak “hand GEVOERDE-dieretuindiere” nou almal heen, as jy al dieretuine wil toemaak…?? Hulle sal nooit, kan oorleef vanself, in die natuur nie! En ons land, het ook net soveel Rehabilitasie-sentrums

Pampoen ·

Is daar nog ‘n nut vir dieretuine? Is TV en wildtuine nie genoeg nie? Kan die arme diere ‘n beter heenkome kry? Wie wil in ‘n hok aangehou word? Ek is nie ten gunste van enige dier wat in ‘n hok of kampie aangehou word en gevoer word nie. Diere moet los loop op ‘n plek waar daar genoeg is om te vreet en waar jagdiere hulle eie prooi kan plattrek. Ek hou ook nie daarvan as mense aan wilde diere vat of streel nie en ook nie dat daar halsbande en opsporings apparaat aan die diere gesit word nie.

Johanna Botha ·

Soos met alles …n flop en n gemors ….maak permanent toe !

Nico K ·

Ek sien nie enige oplossing nie. Die dieretuin is gesluit, maar die diere is nog steeds daar, die geriewe is dieselfde, die kos gaan nie skielik meer word nie. Ek weet nie of dit ‘n “oorwinning” is nie.

Greenie ·

Kry maar ñ nuwe eienaar,wat omgee vir die diere wat fondse sal inkry vanaf oorsee met oorsese volunteers, wat WIL werk in Afrika! Gooi laks en lui werkers uit, gradeer die plek op…! Aanvaar maar, dat diere, ook in die grote Nasionale KrugerPark ‘gepoach’ en uitgeroei word! BÍTTER MIN PLEKKE OOR, OP PLANEET AARDE, MET VRY ONBEPERKTE RUIMTE. En met die swaard van grondonteining,wat hang, oor plase en boere se koppe, is dié arme dieretuindiere, dalk beter af, onder nuwe bestuur

Kobus ·

Tragedie op Tragede maar niemand is verantwoordelik nie behalwe die sppok ” apartheid”

Sarel ·

Wonder wanneer hulle oud Pres. F.W.Reitz verantwoordelik gaan hou vir die toestand van die Metro.

jakes ·

Natuurlik sal die dieretuin moet sluit want kan hierdie mense ooit iets reg bestuur? Glad nie, en is dit n kwessie van tyd voordat ander dieretuine sal volg. Die Boemfontein metro gaan onder administrasie geplaas word. Hoef ek nog verder uit te brei oor die bevoegdheit van die mense wat SA regeer op alle vlakke?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.