Bloemfonteinse klasmaats sterf week uit mekaar

Philip Jackson (Foto: Verskaf)

Twee oudklasmaats van Hoërskool President Steyn in Bloemfontein is ’n week na mekaar oorlede in twee afsonderlike motorongelukke.

Philip Jackson (20) is Sondag vroegoggend in ’n ongeluk oorlede toe hy en twee van sy vriende, Michal Erasmus en Renaldo du Plessis, van Bloemfontein na Dealesville gery het. Dealesville is sowat 60 kilometer vanaf Bloemfontein in die Vrystaat.

Paramedici het Jackson op die ongelukstoneel reeds dood verklaar. Erasmus is Maandag uit die hospitaal ontslaan en sterk aan by die huis. Du Plessis is steeds in ’n kritieke maar stabiele toestand in die Life Rosepark‑hospitaal in Bloemfontein. Die besonderhede oor die ongeluk is nie bekend nie.

Jackson se oudklasmaat Franco Cloete (19) is presies ’n week tevore op slag dood toe sy motorfiets teen ’n ligte voertuig in Walter Sisulu-weg in Bloemfontein gebots het.

Franco Cloete is ‘n week voor Philip Jackson oorlede (Foto: Verskaf)

Jackson en Cloete was saam in Hoërskool President Steyn tot en met gr. 11, toe Jackson in 2017 uit die skool is. Jackson het aan Hoërlandbouskool Hendrik Potgieter in Reddersburg gematrikuleer. Hulle het ook saam rugby gespeel vir die skool. Jackson se broer, Dylan Jackson, sê sy broer was baie lief vir sport en veral rugby.

Hy sal sy broer onthou as iemand wat die lewe voluit geniet het. “Hy kon nooit lank kwaad bly vir iemand nie en hy het altyd ’n glimlag op sy gesig gehad.”

Philip saam met sy ma en broer Dylan (Foto: Verskaf)

Marilize Marais, Jackson se onderwyseres by Hoërskool President Steyn, sê sy sal hom altyd onthou as iemand vol energie en grappe. “Behalwe dat hy ’n bok vir sports was, het hy nooit teruggestaan vir enigiets nie. Hy het uitdagings voluit aangepak. Hy het vele talente gehad.”

Marais sê Jackson was met Cloete se dood hul vriendekring se steunpilaar.

Darren Fourie (19), ’n goeie vriend van Cloete en Jackson, sê Jackson was eerlik en lojaal. “Hy was ’n baie goeie vriend. Hy was nooit negatief nie en het die beste maniere gehad wat ’n jong man kon hê. Ons gaan hom mis,” sê Fourie.

Jackson se ma, Rosa Scholtz, het Woensdagoggend vertel hy was ‘n sonskynkind wat baie lief was vir ander mense. “Hy het altyd omgegee vir almal. Hy het altyd net gelag. Hy was lief vir mense. Ons gaan hom baie baie mis.”

Jackson se begrafnis vind Saterdag 11:00 by die NG Kerk Bainsvlei in Bloemfontein plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Adel ·

Shoe dit is verskriklik, dit is erg om te dink dat hy die steunpilaar was en min geweet het wat in die toekoms lê nie……

Baie liefde en sterkte aan al die ouers en geliefdes betrokke by hierdie 2 seuns se lewens. Ons bid vir julle……

Jessica ·

To the parent’s of the 2 boys may your boys RIP, i now the hurt you have at this stage, no parent should see a child passing away at such a young age, 14th December 2019 @ 03:00 my dauhter’s boyfriend 19 year’s old passed away sadly in a horiffic car accident just few minute drive away from home, sitting next to the oen coffin it’s not nice to say farewell to the one you love so much and just before this she had to say goodbye to her dad to, what sadness she is facing in life, so i understand how they parent feeling at this stage. Be strong may may you find the strenth from up above.

Alicia Pienaar ·

Sorry for your loss and my sympathy for what your family has been going through. God will keep you in his palm of his hand and give you the comfort and peace that you deserve as well as your daughter. xx

sarel ·

groot tragedies in almal se learns. moeilik on met dit saam the Leeds. mag God hulle berusting gee

Liezl ·

Bid asseblief ernstig vir ons jong mense. Daar is duidelik ‘aanslae’ op jong mense se lewens. Kom ons probeer positief praat en positiewe invloed en woorde praat. Gebed is kragtig. Dra jul kinders op aan Hom wat vir ons Lewe gee in oorvloed. Sterkte aan elkeen wat hierdeur moet gaan, mag Hy vir jul die bron van die waarheid wees. Liewe Vader, mag ons jong mense, waar hulle hulleself nou op hierdie oomblik bevind, veilig wees. Ek bid dat U hulle sal beskerm teen enigiets wat hul nou mag verhinder in die Naam van Jesus. Dankie Vader vir ons jong mense, dankie dat U ‘n toekoms het vir hulle. Ons vra dit nederig op ons knieë, laat U wil geskied

Lorrie ·

Liezl- di net soos jy se, vanaf 15 December verlede jaar tot vandag toe het ek al gelees en gehoor in die media van om en by 20 kinders tussen die outderdom van 2 jaar en 25 jaar wat oorlede is. Vydand wil dit gebriuk om die families af te bring en hulle geloof in Jesus te verloor. Kom ons staan saam en bid vir ons kinders en jong mense en families.

Gesiggie ·

My hart breek… aan sy gesig kon jy sien dat hy n sonstraal kind was… geen ouer verdien om hul kinders te begrawe.. eers moes hy afskeid neem van sy beste vriend en nou is hy ook nie meer daar, maar nou is hul weer hereenig in die Hemel. My innige meegevoel aan sy Ma sy broer en almal wat vir hom lief was.

Louise ·

Hi Liezl,

jy vat die woorde so uit my mond. Want hoe help mens daai klasmaats positief bly oor 2020, as die jaar so begin?

Liezl ·

Bid Bid Bid, dankie Louise en Lorrie vir julle ook. Dankie dat julle ook bid! En Van Afrika, dit moet verskriklik wees, maar koester daardie spesiale tye saam met jou seuntjie en seuntjie wat jy nog by jou het. Ons het ons seuntjie ook verloor, sonder dat ons hom geken het. Dit sal ‘n mens nooit vergeet nie. Maar ons sal eendag al die antwoorde kry.

VanAfrika ·

My innigste simpatie aan beide kante van die families en vriende. Mag onse Vader julle troos in hierdie hartseer tyd. Dis nie maklik om n kind te begrawe nie. My tweede seuntjie sou nou op 19 April 25 word en elke dag is n “struggle”. Al wat ek kan doen is julle te ondersteun in gebed. Mag Jesus altyd julle steunpilaar wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.