Bloemhof-betoging: Huise brand, polisiestasie beskadig

Argieffoto. Foto: ANA

Motoriste is gewaarsku om versigtig te wees indien hulle vandag op die N12 tussen Christiana en Bloemhof in Noordwes ry aangesien dié gebied sedert gister onder gewelddadige betogings gebuk gaan.

Drie polisiebeamptes se huise is deurwoedende betogers aan die brand gesteek en ʼn polisiebeampte is beseer nadat hy deur ʼn betoger met ʼn klip in die gesig gegooi is.

Kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, sê die geweld het omstreeks 20:00 gisteraand begin toe ʼn groep inwoners van die Boitumelong-nedersetting na die polisiestasie opgeruk het om te eis dat vyf verdagtes wat op aanklag van aanranding in hegtenis geneem is, vrygelaat moet word.

“Die betogers het glo die polisiestasie met klippe bestook, maar het uiteindelik uitmekaar gegaan. ʼn Polisiebeampte het beserings aan sy gesig opgedoen toe hy met ʼn klip in die gesig getref is en daar is ook skade aan die polisiestasie aangerig,” sê Tselanyane.

Die betogers het egter nie die saak daar gelaat nie. Deur die loop van die nag is drie polisiebeamptes se huise aan die brand gesteek. “Een van die huise is heeltemal tot op die grond afgebrand. In die tweede huis is die meubels erg beskadig, terwyl slegs ʼn gordyn in die derde huis in die slag gebly het,” sê Tselanyane.

Vroeg vanoggend het die betogers weereens bymekaargekom, glo met die voorneme om die polisiestasie aan te val.

“Volgens die inligting wat tans tot ons beskikking is, het die betogers egter uitmekaar gegaan nadat die bevelvoerder van die Pudimoe-groepering hulle toegespreek het en ingestem het om later weer met hulle te vergader.”

Tselanyane sê hoewel die situasie in die gebied tans kalm is, monitor die polisie steeds die gebied en word ʼn hoë vlak van sigbare polisiëring gehandhaaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

James ·

Ja asb Monitor net. Dis wat my belasting voor betaal. Ek monitor nou hoe ek kan bespaar op belasting.

Anti James ·

As polisie op die betogers skiet dan word die polisie manne veroordeel deur mense soos jy. Ek twyfel sterk of jy ooit eerlik met jou belasting opgawe is.

willem Botha ·

Die sogenaamde “polisie” is net n uitgawe vir die belasting betalers die kriminele lag vir hulle en die wetsgehoorsame burgers vertrou hulle nie.

Dries du Toit ·

James,ek reken jy moet vir antijames n uitgebreide les in sarkasme gee. Hy het duidelik nie die vermoë om te begryp nie

Wurmpie ·

Van wanneer af kan mense eis dat misdadigers losgelaat word en word dan self misdadigers

Frans ·

Goed gestel James, die polisie monitor alles, dit moet inspannend wees om soveel inligting en data te verwerk! Nou monitor hulle wanneer weer huise afgebrand word, sodat daar minstens ‘n moniterings verslag opgestel kan word, wat weer deur ander genonitor sal word. So word polisiëring tot “groot oë” moniterings aktiwiteite beperk, anders is dit te veeleisend. Ek is verstom hoeveel protesaksies elke dag gerapporteer word waar vandalisme, verhindering van publieke paaie se gebruik, geweld en vele meer met moniteringsbeleid beheer word. En ons belasting moet die skade en salarisse van moniteerders betaal.
Dit kan ek nie verstaan nie, want protesaksies wat die ekonomie benadeel, word slegs gemonitor om daarna ‘n opgawe van skade en ontwrigting deur te gee. Niemand van die protesters word permanent vasgevat nie, hulle slaap oornag in ‘n sel wanneer hulle per ongeluk deur ‘n moniteerder gevang word, maar word weer vrygelaat om betyds vir die volgende protesaksie op te daag. Die feit dat hulle “toegelaat” word om te protesteer met vandalistiese gevolge, is blykbaar nie ‘n misdaad nie.

Anti-James ·

As die polisie optree word hulle veroordeel. Marikana & Soweto ‘76 is goeie voorbeelde daarvan. Almal word dan experts oor hoe die polisie moes opgetree het. Menseregte in die land word eintlik misbruik. Art 49(2) was verander om die linkse se agenda te dien. Die ou Art49(2) was voldoende gewees.

John ·

Iets wat mens nie klein kry nie, is dat die betogers hul eie taxigeld betaal om ver weg, hard te gaan werk deur gevaarlike klippe rond te dra en in die bloedige son te toi… sonder betaling. Maar gee hulle net werk om ‘n paar bokse te skuif teen goeie betaling en taxigeld en medies dan hoor jy hoe ongelukkig en moeg en verontreg hulle is.

PJC ·

Hierdie klomp weet baie goed dat die polisie nie streng teen hulle gaan optree nie want dit is nie in die ANC se beste belang so kort voor die verkiesing nie en dit is landwyd die geval.

Tanya ·

En wat gaan julle doen ontred nie gedrag. Of gaan julle net weg kyk. Hier moet orde in die land kom vir almal

Ben Potgieter ·

Miskien moet hul eers ‘paar van die monitors doodgooi met klippe .Miskien sal daar dan regmatig met skerppunt ammo opgetree word.Indirek word die staat aangeval met regerings amptenare en geboue wat onder al die geweld deurloop.Dalk word die kriminele se mense regte aangetas as hulle verhoed word om te plunder en te brand.Wil graag weet hoekom daar nie teen die euwels opgetree word nie ?

Stefan ·

Ek kry skaam om te sê ek is in die polisie
Maar al wat die polisie op sulke toneen doen, is om in hul voertuie te sit,slapchips te eet en coke te drink.Hul het gee ambisie om daardie paar moeilikheidmakkers te arresteer sodat die res van die land se gemeenskap ons menserigte ,om vry en regverdig te geniet,l ons geld te probeer verdien nie

IK ·

Hierdie probleem is onlangs in ‘n japtrap opgelos by Middelburg maar MM wil nie my kommentaar daaroor plaas.

Stripes ·

Hahaha ja, het die video gesien. Nie veel van daai optoggie gekom nie. Volgens my is dit hoe dit gedoen behoort te word aangesien die SAPD nie mag optree teen die onskuldigde verontregtes nie.

snoetsie ·

Die voorval in middelburg het reeds in 2016 plaasgeving. Die boere en sekuriteitsmaatskappy is van seker 107 oortredings aangekla. Net die stakers het mos regte. Paaie wat met belastinggeld gebou is, is maar net eenvoudig hulle speelveld. OORTREDERS MOET VERVOLG WORD. Askies die geskree.

J ·

Die polisielede sal nie teen hulle optree omrede hulle eie huis en familie bedreig word en hulle huise aan die brand gesteek word. Hierdie dreigemente en aksies moet van buite af gestop word. Enige een wat aan so n betoging deelneem moet vir terorisme angeklaar word en dadelik vir temindste 8weeke toegesluit word. Brandstigting is beplaning vir moord.

Sê net ·

Nee, net 4 weke, maar sonder kos. Dit sal beslis al die baklei uit hulle haal. 8 weke is onmenslik…

$ ·

My innige simpatie aan die polisieman en sy gesin wie se huis tot op die grond afgebrand is; wie se lewe en alles waarvoor hy (en sy vrou?) gewerk het deur selfsugtige, vernietigende plunderaars vernietig is; wie saam met sy gesin angsbevange moes vlug vir hul lewens en daarna moes toekyk hoe alles wat hulle waarde aan heg deur vernietigende, genadelose vlamme verswelg word. Onthou – dit was in die nag; geen waarskuwing, geen kans om te red wat daar te redde is nie. Maroela-lesers: vir my en jou is hierdie bloot ´n (ontstellende) berig; vir die polisieman en sy gesin is dit ware, traumatiese gebeure wat hulle lank gaan neem om te verwerk; die vernietiging van hul hele bestaan. En dít omdat die man sy werk probeer doen het en vir my en jou probeer wet en orde handhaaf.

Mag die gemeenskap saamstaan om hulle te help om weer op hulle voete te kom en die stukke van hul lewens weer op te tel.

Baie sterkte

Phil ·

Gaan probeer n polisie stasie met klippe bestook in n ander land soos VSA en kyk wat gebeur. Hierdie tipe goed sal aanhou gebeur tot ons regering die verskil verstaan tussen n misdadiger en n agtergeblewene en tot die wette van die land ophou om n misdadiger te beskerm asof hy n agtergeblewene is.

Hanna Hoekom ·

Dis nou juis die tipiese ANC stemvee daardie! Onaantasbaar. Verkiesing is om die draai

Elbie Naude ·

My buurman se keffer se alewige steurnis het my laat oorweeg. Vannaand gooi ek sy kar met klippe en brand sy huis af. Sal iemand my borg kom betaal asb? Word gewoond aan twee tipes wette in hierdie arme land van ons.

hie hie hie ·

Nee, dis moeite. Gaan gooi klippe op sy dak. Dit werk soos ‘n bom.

Bloemhof ·

Dit is so hartseer vir ons wat hier bly. Die mense word gedreig dat hulle families en behuising seer gemaak sal word indien hulle nie saam strike nie. Die moeilikheid makers wil net wys dat hulle kan doen wat hulle wil en dat hulle verhewe bo die gereg is. Ja ek het gesien toe hulle gister die straat afloop oppad stasie toe. Dit was n gelag want karre word gebriek. N paar het sommer in die pad gelê. Maar die hard werkendes word n dag en nou 2 dae se salaris minder betaal agv die nonsens. Wil so graag die land he maar hulle verwoes alles…. Dit is pateties verby

Willie ·

You burn my house, if me there, me will retaliate with deadly force…

Marius ·

Julle lot wat baie te sê het oor die polisie en verkeer se onvermoë om op te tree het geen benul wat aangaan nie. Sit heeldag op jul agterstewe in ‘n lugversorgde kantoor en lees die nuus. Was jy al gedreig met die dood, was jy al gedreig jou familie moet mooi rond kyk, was jy al gedreig jou huis gaan brand? Net omrede ek my werk as wetstoepasser doen/ wil doen om jou gat te beskerm. Ek is ook besig om handdoek in te gooi met die houding – laat God’s water oor God’s akker loop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.