Bloemhof brand weer

Onluste in Bloemhof. Foto: SAUK / Twitter

Onluste in Bloemhof. Foto: SAUK / Twitter

Inwoners van Boitumelong in Bloemhof, Noordwes, het Dinsdag 12 huise van polisiebeamptes in die gebied afgebrand.

Brig. Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media bevestig die inwoners was ontstoke nadat ʼn vergadering tussen die plaaslike regering en die gemeenskap omstreeks 17:00 by die Boitumelong-stadion verdaag het.

“Die inwoners was nie tevrede met dit wat by die vergadering bespreek is nie. Hulle het die stadion verlaat, huise aan die brand gesteek en paaie in die gebied versper,” het Ngubane gesê.

Inwoners van die omgewing betoog al langer as ʼn week oor dienslewering in die omgewing. Ngubane het gesê altesaam 130 inwoners is sedert die begin van die betoging in hegtenis geneem. Hulle word onder meer aangekla van opsetlike saakbeskadiging, openbare geweld en brandstigting.

Geen polisiebeamptes is Dinsdag tydens die brandstigtings beseer nie. Ngubane het gesê die situasie in die gebied is onvoorspelbaar.

Maroela Media het Dinsdag berig die ANC doen ʼn beroep op die inwoners om te bedaar nadat hulle Maandag ses huise en die gemeenskapsaal afgebrand het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.