Bloemhof-burgemeester herroep oor waterkrisis

Argieffoto

Argieffoto

Moeder Makodi, burgemeester van die Lekwa-Teemane-munisipaliteit, is herroep te midde van die waterbesmettingskrisis in Bloemhof wat tot die dood van drie babas gelei het.

“Die burgemeester is deur die ANC herroep,” het Sam Mokaila, woordvoerder van premier Supra Mahumapelo, gesê. “Dit is deel van die ANC se ingryping om die munisipaliteit te stabiliseer.” Mokaila kon nie bevestig of ‘n nuwe burgemeester al aangestel is nie. Andrew Makwapane, die munisipale bestuurder, het verlede week bedank kort nadat hy geskors is.

‘n Gesamentlike taakspan is op die been gebring om ondersoek in te stel na wat die waterbesmetting veroorsaak het. Die taakspan bestaan uit lede van die provinsiale uitvoerende komitee, die departement van water en sanitasie en ander regeringsbeamptes.

Noordwes het intussen R20 miljoen beskikbaar gemaak om die waterkrisis in Bloemhof te pak. Tebogo Lekgethwane, woordvoerder van Noordwes se departement van gesondheid, sê sedert 27 Mei is meer as 500 mense in klinieke en hospitale in die omgewing vir diarree behandel.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het intussen gesê dit is nie cholera wat die uitbreking van diarree veroorsaak het nie. Die Nios sê toetse het wel bevestig dat daar E.coli-bakterieë en ander virusse in die water gevind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.