Bloemhof-water: 21 babas in hospitaal

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 21 babas van Bloemhof in Noordwes is sedert verlede week in hospitale opgeneem weens erge diarree nadat hulle glo besmette water ingekry het.

Tebogo Lekgethwane, ʼn woordvoerder van die provinsie se departement van gesondheid, het Dinsdag gesê 11 babas word in die Bloemhof-hospitaal behandel en 10 babas is na groter hospitale in Klerksdorp en Christiana oorgeplaas.

Sowat 300 mense het die afgelope tyd dokters en klinieke besoek nadat hulle besmette water gedrink het. Die dorp was verlede week ʼn week lank sonder water om die besmetting op te klaar.

Lekgethwane het gesê sedert die besmetting opgeklaar is, het die hoeveelheid mense wat diarree ervaar, afgeneem.

Daar was ook ʼn vrees vir ʼn cholera-uitbreking in die omgewing. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het egter Maandag bevestig dat daar nie ʼn cholera-uitbreking is nie.

Altesaam drie babas het reeds weens die waterbesmetting gesterf. – SAPA

Lees ook:
Stadsbestuurder glo geskors oor Bloemhof-waterbesmetting
Bloemhof-water: Dodetal styg tot drie
Bloemhof-water: Vyf babas in hospitaal
Bloemhof-water: Kind sterf, water getoets

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Deon ·

Bloemhoffers, terwyl probleme met water kwaliteit bestaan, filtreer water deur ‘n skoon doek/materiaal en kook dit, koel af en drink dan. Alternatiewelik, filtreer en gooi dan 2 eetlepels jik in 20 liter water, wag oornag en drink dan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.