Bloemhof-water: Dodetal styg tot drie

Argieffoto

Argieffoto

Nóg twee babas is in Bloemhof in Noordwes dood weens ernstige diarree opgedoen nadat water in die gebied besmet is.

Tebogo Lekgethwane, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, het Maandag bevestig die omstandighede van die afsterwe van die twee babas is dieselfde as dié van die baba wat verlede week Woensdag gesterf het. Die twee babas was onderskeidelik sewe en 13 maande oud,

Dosyne inwoners het verlede week plaaslike dokters en klinieke besoek om behandel te word nadat hul drinkwater besmet geraak het. Vyf babas is in ʼn hospitaal opgeneem vir behandeling.

Die Lekwa-Teemana-munisipaliteit het meer as ʼn week gelede sy watertoevoerstelsel afgesluit. Die nasionale departement van waterwese het Vrydag aangekondig die stelsel is skoon en behandel en watertoevoer was glo teen Donderdag herstel.

Inwoners het egter Vrydag gekla dat hul drinkwater steeds bruin is, waarna hulle versoek is om dit te kook voor hulle dit drink. Watermonsters is vir toetse gestuur, maar die uitslag is nog nie bekend nie.

Die departement  van gesondheid het gerugte ontken dat daar ʼn cholera-uitbreking in die gebied is, en gesê hulle wag nog op die uitslag van toetse.

Nomvula Mokonyane, die minister van waterwese en sanitasie, het Sondag die gebied besoek en gesê die departement verwag die uitslag van die ondersoek teen Maandagmiddag. – SAPA

Lees ook:
Bloemhof-water: Vyf babas in hospitaal
Bloemhof-water: Kind sterf, water getoets

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Melissa ·

En niemand gaan geldig gehou word hiervoor nie, dis maar net nog ‘n munisipaliteit wat NIE hulle werk doen NIE. Dit is so belaglik!!

Peter Says ·

Skoon drinkwater is n Reg, nie n voorreg nie. Waarvoor betaal ons belasting ???

petro ·

Ja, en dan is daar mense wat se die nuwe Suid-Afrika is beter as die ou een!!!!! Waar kom hulle daaraan!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.