Bloemhof-water: ‘Munisipale bestuurder aangekla’

Bloemhof RioolDie burgerregte-organisasie AfriForum sê die Bloemhof-gemeenskap het ’n strafregtelike klag teen die voormalige munisipale bestuurder van Bloemhof, Andrew Makuapane, ingedien oor die dorp se water.

AfriForum sê dit volg na watertoetse bevind het dat waterbronne besoedel is weens nalatigheid. AfriForum het op 30 Mei verskeie watermonsters in en om die Bloemhof-gebied geneem wat groot kommer gewek het. “Die uitslae het aangedui dat die ramp wat Bloemhof getref het nie noodwendig iets van die verlede is nie. Hierdie nalatigheid besoedel die Vaalrivier en het ʼn invloed op almal wat stroomaf woon,” sê Carmea Huysamen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Noordwes.

“Besoedeling is ’n strafregtelike oortreding en oortreders moet ingevolge die wet vervolg word,” sê Huysamen. Volgens AfriForum toon uitslae van watertoetse, wat deur ’n onafhanklike laboratorium gedoen is, toon onder meer dat water wat uit die Vaalrivier gepomp word en aan die Bloemhof-gemeenskap as drinkwater voorsien word, lewensgevaarlike tellings van sowat 88 fekale coliform-eenhede per 100 ml water bevat.

Indien hierdie water nie behoorlik gesuiwer is nie, sou dit moontlik tot die gesondheidsramp in Bloemhof kon lei,” het Julius Kleynhans, AfriForum se hoof van omgewingsake, gesê. “Indien die water nie behoorlik gesuiwer word sodat dit aan nasionale voorskrifte voldoen nie, is dit heeltemal moontlik dat nog ʼn ramp Bloemhof kan tref,” sê Kleynhans.

“Die water wat by die Bloemhof-rioolaanleg se uitloop getoets is, het onbehandelde rou riool met ʼn telling van meer as 1 000 000 E. coli-eenhede per 100ml water bevat. Hierdie water loop in die Vaalrivier in. Rou riool loop ook uit mangate in die informele nedersetting, wat lewensgevaarlik vir mens en dier is,” sê Kleynhans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann ·

Die begeerte dat dinge anders moet wees as wat dit is, is die grootste bron van lyding. Want innerlike en uiterlike konflik het alles te doen met die mens se onvermoë om dit wat is, die huidige toestand van hierdie land, te aanvaar.
Dit is hoekom ons, wat kom uit die era waar daar werktrots was, swaar kry onder hierdie laksheid wat geen bloue duit omgee vir lewe nie.
Dit moes al lankal gebeur het dat die nuttelose individu aangekla word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.