Bloemhof-water: Vyf babas in hospitaal

waterVyf babas word in ‘n hospitaal in Bloemhof in Noordwes behandel nadat ‘n ander baba vroeër die week dood is nadat hy ernstige diarree opgedoen het weens waterbesmetting.

Tebogo Lekgethwane, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, sê die babas word vir observasie in die hospitaal gehou aangesien hulle immuunstelsels swak is. Meer as 200 mense het die afgelope paar dae na dokters en klinieke begin stroom met simptome van cholera.

Lekgethwane sê watertoevoer in die area is intussen herstel. Hy het ‘n beroep gedoen op inwoners om egter steeds die water te kook voor hulle dit drink. “Die munisipaliteit sal intussen voortgaan om die water te toets.”

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gister aangekondig dat hy sy eie toetse op die water sal doen.

Lees ook:
Bloemhof-water: Kind sterf, water getoets

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rudi ·

Bloemhof is reg langs die Vaalrivier. Hoe op dees aarde kan daar cholera in hul water wees? Beteken dit dat daar al cholera in die Vaalrivier is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.