Die departement van openbare werke het gesê hy sal saam met die Johannesburg-metro werk, nadat rou riool verlede week in die Hartbeespoortdam beland het.
Thami Mchunu, die departement se woordvoerder, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die departement neem met kommer kennis van mediaberigte oor die besoedeling van die Jukskeirivier in Johannesburg, wat gelei het tot die besoedeling van die Hartbeespoortdam in Noordwes.
Die Jukskeirivier loop in die Krokodilrivier, wat dan in die Hartbeespoortdam invloei.
“Dié departement ontken hy is verantwoordelik vir die besoedeling van die Hartbeespoortdam, maar is bekommerd omdat die eiendom ter sprake onder die kuratorskap van die departement is,” het Mchunu gesê.
Mchunu het verduidelik dat Johannesburg Water, die stad se water- en sanitasiediensverskaffer, ʼn munisipale riooluitvloeipyp het wat verby die Leeuwkop-gevangenis loop, parallel met die Jukskeirivier.
Hy het gesê twee riooluitvloeipype, van die Bruma- en Midrand-omgewing, kom by die rioollyn by die gevangenis byeen, wat dan tot by die Northern Works Waste Water-aanleg strek.
“Ons verstaan een van dié uitvloeipype is buite werking gestel om ʼn blokkasie in die lyn op te los. Dit het ʼn storting van riool in die Jukskeirivier tot volg gehad.”
Mchunu het gesê kenners het reeds die gebied besoek en ʼn aantal aanbevelings gemaak om die probleem saam met Johannesburg Water op te los.
Hoeveel keer het die nie nou al gebeur nie?
Dit gebeur al n geriume tyd het 8 September 2016 in nuus berig veskyn en daar is to op datum nie veel aan gedoen nie die pyp is glo 1.8 M groot en verstop, dit laat miljoene liter rou afval water in die Jukskei rivier
beland. Dit word nou die nuwe norm want water raad kan hulle eie wette toepas nie.
Ag wat sal nie veel verkil maak nie.
Die mense hoor nie …..die prof het op tv gese hier kom n groot ramp met die water wat gekontamineer word agv blokkasies en omdat die stadsraad van Tshwane die die afvoerpype nie skoon hou nie ….maar nee die prof is dom hy weet nie waarvan hy praat nie ….
Hemel tog – Kan die spul niks reg doen nie??!!
Hhmmmnnn – nee, ek dink nie so nie.
Hulle doen absoluut niks verkeerd nie!! Want hulle doen absoluut NIKS nie!!!
Siesa jiggie!!
Hoe se die ou spreekwoord daar is iets in die drinkwater