Blomme om saam met ouers te treur

Die eerste bossie blomme wat Deon du Toit by die ingang van Amberfield Glen neergesit het Foto: Deon du Toit, Facebook (word met vergunning op Maroela Media geplaas)

Die eerste bossie blomme wat Deon du Toit by die ingang van Amberfield Glen neergesit het Foto: Deon du Toit, Facebook (word met vergunning op Maroela Media geplaas)

Die gemeenskap van Centurion is steeds in skok nadat ʼn 14-jarige skolier van Hoërskool Eldoraigne haarself in ʼn parkie in Amberfield Glen doodgeskiet het.

Deon du Toit, ʼn inwoner van Centurion het op die Facebook-groep, People who live in Centurion, inwoners genooi om ook blomme by die sekuriteitsoord te gaan afgee. Hy het ook met ʼn bloemis by ʼn nabygeleë winkelsentrum gereël dat hulle volgende week wit blomme teen kosprys beskikbaar sal stel vir mense wat die gesin wil ondersteun.

Daar is ook reëlings getref met die veiligheidswagte by die oord om die blomme na die tiener se ouers te neem.

Kaptein Tsekiso Mofokeng het Saterdag aan Maroela Media bevestig dat die tiener glo haar pa se vuurwapen gebruik het. Dit is nog nie duidelik waar sy die vuurwapen gekry het nie.

Lees ook:
PTA-skolier pleeg glo selfmoord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

So onnodig, die son skyn na die storm altyd weer. Die ouers en boetie is in my gebede. Mag God jul krag gee en dra deur alles.

Carin ·

Aan die ouers, boetie, familie en vriende van hierdie pragtige jong meisie, sterkte en voorspoed vir die pad vorentoe. Ons dra julle op aan ons Hemelse Vader en glo dat hy in julle harte sal werk en met tyd verstroosting sal bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.