‘Blootgestelde stembriewe’ in Nelson Mandelabaai gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Oproer het Donderdag by die OVK-uitslagsentrum in Nelson Mandelabaai plaasgevind toe gemerkte, blootgestelde stembriewe in ʼn tent agter die Oos-Kaapse opleidingsentrum in Zwide gevind is.

Verslaggewers het op spesiale stemme, gemerkte stembriewe en oop bokse in ʼn morsige tent afgekom.

Crosby Bacela, streekstoesighouer van die OVK, het met ontstoke politici saamgestem dat die stembriewe nooit blootgestel moes wees nie. Hy het gesê die uitslagproses is op geen manier deur dié voorval geraak nie. “Enige stembrief wat daar is, is ʼn stembrief wat reeds getel is. Wat ek sien, is stembriewe wat uit bokse geval het, en die mense wat daarmee gewerk het, het dit op die grond gelos.”

Hy het toegegee dat ʼn blootgestelde stembrief as ʼn ernstige oortreding van die verkiesingskode beskou word.

Bacela het gesê die beamptes sal die stembriewe versamel en dit aan die OVK-pakhuis besorg.

Die OVK het ná die voorval op sosiale media en in ʼn Twitter-plasing aan die African News Agency bevestig die voorval is ʼn gevolg van “beamptes wat nie behoorlike prosedure gevolg het om leë stembokse na die pakhuis terug te stuur nie”. “Die saak word ondersoek, maar dit beteken nie dat die verkiesing op enige manier benadeel is nie.”

Sakhumzi Somyo, adjunk- provinsiale voorsitter van die ANC, het gesê die nuus oor die blootgestelde stembriewe is ʼn skok, aangesien dit in ʼn plek van veiligheid gehou moes wees. “Ons het ons span by Nelson Mandelabaai gevra om uit te vind wat gebeur het en ʼn verduideliking te verskaf. Dit hang af oor die verduideliking wat ons kry en indien ons dit moet opvolg, sal ons dit doen.”

Athol Trollip, burgemeesterskandidaat vir die DA in Nelson Mandelabaai, het ʼn aantal vrae gehad waarom dié tent nie beveilig is nie. “Wie het op hierdie stembriewe afgekom? Waarom was die tent nie beveilig nie? Die OVK moes dit beveilig het. Die OVK doen nie sy werk behoorlik in dié munisipaliteit nie. Hulle moet hul werk 100% doen. Hoekom het niemand aanspreeklikheid aanvaar vir hierdie stembriewe nie? Waarom is hulle so laks?”

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Donderdagaand gesê sy party is die grootste party in Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap ná die munisipale verkiesing op 3 Augustus.

Teen 19:30 het die DA reeds 312 784 (49.49%) van die stemme in Nelson Mandelabaai op homself verenig. Die ANC het 248 040 (39,25%) van die stemme verseker. Altesaam 90% van die stemme is reeds in dié munisipaliteit getel. Die ANC het in 2014 altesaam 48,81% van die stemme verwerf en die DA 40,80%.

Lees alle vorige berigte oor die verkiesing op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

MCS ·

Ja hier op ons dorp se facebook blad is ook fotos geplaas van n boks wat in n oopstuk veld le en die koeverte en stem blaaie le verstrooid. En by party skole in die dorp is die bokse nog in die skool saal! Nou hoe nou? ANC is baie slim!

Frederik ·

Hul is nie slim nie, hul is agterbaks. Suurgatgeit. Gaan nou agterna sê die DA sou nie kon wen sonder gesteelde stemme nie.

muggie ·

dan kan hulle aandring op n herverkiesing nadat n paar gesiglose boewe intimidasiewerk onder die massas gedoen het en met n hengse oorwinning nog n kraal gaan bou.

Louise ·

Ja dit is jammer dat daar sulke lakse dinge gebeur !! Maar absoluut te verstane, want as jy sien wie die beamptes is wat in ons stemlokaal gewerk het, wat verseker meer professioneel moes wees …. Dan is dit glad nie snaaks dat sulke dinge gebeur nie !! Om in ‘n stemlokaal in te stap en dit laat jou dink – wie praat van “rassisme”? Agge nee wat ons leef nie met oogklappe aan nie — asseblief daar is “nog mense” wat die werk kan doen – gee hulle ook ‘n kans, ek dink eerlikheid en entegriteit sal meer toegepas word.

Anoniem ·

Op nuus vanoggend moes ek hoor ANC gee DA die skuld van briewe wat rondle….Hoe kan hul se dis die ANC…magtig man…DA is nie so laag om sulke goed te doen nie…Dis jul eie mense wat die goed doen….ANC het geweet ons gaan Mandelabaai vat..die dat bokse verdwyn uit die stemlokaal want hul wou dit verhoed het…ANC word wakker jul dae is getel!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Anoniem ·

Lees nou eers ek het verkeerd geskryf… Ek bedoel hoe kan die ANC se dis die DA wat stembriewe laat verlore gaan… Dis hul eie mense wat die goed doen…jus omdat hukl geweet het DA gaan wen in Nelson Mandelabaai………

Lida ·

Moenie worry nie die DA gaan nog ‘n paar metros vat !!!! LEKKER !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.