Blou Bul-‘aanranding’: Dossier uiteindelik gereed

Dylan van der Walt (Foto: Via Facebook)

Die staat het Dinsdag in die Hatfield-landdroshof aangedui hy het uiteindelik die dossier van die polisie ontvang rakende die beweerde aanranding van ʼn IT-spesialis deur ʼn Blou Bul-o.21-rugbyspeler verlede jaar buite ʼn nagklub in Pretoria.

Dit volg nadat hofverrigtinge by drie vorige geleenthede uitgestel moes word aangesien die staat nog nie die dossier van die polisie ontvang het nie.

Dylan van der Walt (20), wat daarvan verdink word dat hy Louis Pienaar (38) buite ʼn nagklub in die ooste van die stad aangerand het, het Dinsdag vlugtig weer in die Hatfield-landdroshof verskyn geklee in ʼn stywe denim en wit T-hemp.

Volgens die klagstaat staan Van der Walt, van Brakpan aan die Oos-Rand, tereg op ʼn aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Landdros Lidia Painter het die saak tot 16 April uitgestel vir blootlegging en sodat kopieë van die dossier aan Van der Walt se regspan, Diemieniet Prokureurs, verskaf kan word ter voorbereiding vir hul saak.

Van der Walt is tans uit op R1 000 borgtog. Sy borgtog is verleng.

Pine Pienaar, Louis se pa, het die hofverrigtinge bygewoon. Hy het buite die hof aan verslaggewers gesê hy is bly daar is uiteindelik vordering, aangesien die voorval in November verlede jaar al plaasgevind het.

“Ons het gevrees dat die saak dalk van die rol geskrap gaan word omdat die dossier nie gereed was nie. Ons hoop dat geregtigheid sal geskied sodat so iets nooit weer met iemand anders kan gebeur nie,” het Pienaar gesê. Sy seun het nie die hofverrigtinge bygewoon nie. Volgens Pienaar gaan dit goed met Louis en het hy baie verbeter.

Louis Pienaar in die hospitaal. Foto: Verskaf

Maroela Media het vroeër berig Van der Walt het homself in Januarie op versoek van die polisie oorgegee. Hy het dieselfde dag in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat.

Van der Walt word daarvan beskuldig dat hy Pienaar in November by die nagklub aangerand het. Pienaar was lank in ʼn kritieke toestand in die waakeenheid van die Wilgers-hospitaal. Hy het bloeding op sy brein opgedoen en moes onder meer ʼn operasie ondergaan om drukking op twee plekke op sy brein te verlig. Hy het ook spraakprobleme gehad en moes van voor af leer praat.

Pienaar het vroeër aan Maroela Media gesê die kuierplek het vir die aand toegemaak en sy seun was nog op die dansvloer toe daar ʼn groep rugbyspelers, onder wie Van der Walt, daar aangekom het. “Soos ons verstaan, het ʼn woordewisseling ontstaan. Louis en sy neef, Christian Cronjé, is toe na buite, waar Dylan hom in die parkeergebied van agter van sy voete af geslaan het. Hy het hom nog ʼn hou gegee, voor hy saam met mense in ʼn voertuig geklim en weggery het,” het Pine gesê.

Cronjé het ʼn bewustelose Louis na die naaste hospitaal gehaas, waar hy in die waakeenheid opgeneem is.

Lees die vorige berigte oor die voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

jaco ·

n wit man het n wit man aangerand. so die SAPD en die howe dink natuurlik: “ag dis nie so erg nie”. dis waarom die saak sloer en daar probleme met die dossier was. Ek was self betrokke as ooggetuie by so n saak. na n jaar en n half se gesloer het alles net doodgeloop.

Hannetjie Harvie ·

Hoekom moet daar nou gese word “in n stywe jean, en wit T hemp? ek se nogsteeds hierdie man kon nooit vir Pienaar so hard geslaan het nie.

Koos1 ·

Hannetjie. moontlik, moontlik nie, maar hy kon geval het na die hou en sy kop gestamp het. Ek weet van so ‘n geval waar ‘n jong man amper dood was na ‘n hou op die kop en ‘n val op ‘n randsteen daarna.

Getuie? ·

Hoe weet jy hy het nie? Die tipe voorvalle gebeur gereeld. Die staat sal ook nie die met die saak voortgaan sonder getuies nie.

Xxx ·

Hannetjie ek weet van iemand wat lewenslank tronkstraf gekry het oor hy 2 ouens dood geslaan het…. en hy het hul elk 1 hou gegee…. mens slaan net opi verkeerde plek en jy kan iemand doodslaan….. bakleiery het uitgebreek en hy was betrokke

Mads71 ·

Duidelik het jy nog nie die mannetjie in lewende lywe gesien nie, hy is groot en sterk, glo my!

Dawie ·

Absolute swak voorbeeld wat deur n proffesionele sportman gestel word as hy skuldug is.

Oom Kalahari ·

@Dawie, stem heelhartig saam met jou stelling. Dit is regtig sonder respek vir jou medemens ongeag van die omstandighede om so op te tree en dit deur iemand wat dissipline moet ken en kan handhaaf. Hierdie gedurige Tarzan speletjies van jong Mr Macho’s op ouer mense is ‘n swak toonbeeld. Sou jy jou Pa so aangerand het. Waarom nie wegstap van so situasie of vra die “Uitgooier Personeel” (Bouncer/s) om professionele hulp of skakel Polisie. Waarom iemand van agter betrek en wys jy is die man tussen jou vriende. Hoop jy leer ‘n goeie les en goeie eis teen jou as jy skuldig is om ‘n Man, Pa , kind, broer van ‘n familie se lewe met jou onnodige optrede so te verwoes. Swak optrede wat beter gehanteer kon word.

Tammy ·

As hy skuldig bevind word moet hy summier van sy sport geskors word vir lewenslank. Hy verloor sy humeur en is in staat om mense dood te slaan. Hy is ook n vernedering vir sy
Blou Bul Spannetjie…. hulle dink mos hulle kan alles “blou bul” Maak n voorbeeld van Van der Walt, asseblief.

Nettie ·

@Oom Kalahari – brannas het nie brieke nie, Oom. Of dit wat hy ookal gedrink het, dié Blou Balletjie – het nie brieke nie. En dan is hy mos ‘n Blou Balletjie, tussen sy vriende en mnr. Pienaar is ‘n “Ou Ballie” ….

Ekskuus? ·

Die IT SPESIALIS het klaarblyklik by sy MEISIE aangele en ‘n laspos van homself gemaak .. DIE OUENS Is sterk en die ‘middeljarige getroude mans’ wat in klubs rondhang soek moeilikheid met die jong (sterk) ouens . ek is jammer maar daar is ALTYD twee kante van die saak .. die IT spesialis was NIE so onskuldig soos hy lyk net omdat hy nou die slegste van die twee daarvan afgekom het nie .. Nou moet ‘n jong man se lewe vernietig word omdat ‘n middeljarige man wat by sy vrou en kinders moes wees KLAARBLYKLIK ‘n oorlas van homself gemaak het !!

Hester ·

So jy sê dis goed hy was van agter afgeslaan omdat hy eerder by die huis moes wees. Verstaan jy regtig waaroor gaan die storie? Dien jou self en gaan Google Dylan van der Walt en waar hy skool gegaan het.

Anoniem ·

Daar is soveel in die plasing om te ontrafel. Die gif in die bek oor middeljarige mense is snaaks. Wat is die Afrikaans vir “ageist”?

Genade! As jy maar net weet hoe jonk 38 eintlik is. As jy dink ‘n 38 jarige man verloor ‘n vuisgeveg bloot deur ouderdom ken jy nie biologie nie.

So paar feite vir jou.

1. Die menslike brein bereik eers biologiese volwassenheid rondom 24.

2. Daardie einste brein bereik eers emosionele volwassenheid rondom 34.

Dink daaroor.

In ontwikkelde lande kry sulke jong ramkatte nie eers motor versekering nie. Nog aan die groot word sien…

Theresa ·

Wonder waarom hy homself so vererg het. Sal interessant wees om te hoor waarom hy tot ‘n hou oorgegaan het. So iets het gewoonlik 2 kante van die storie. Bly die man herstel darem – jammerte dat dit moes gebeur!

Pieter ·

Ek sien niemand spreek die probleem aan nie …alweer laksheid deur die polisie die dosier is hulle verantwoordelikheid.

Veritas ·

Ek sukkel om te glo dat die man van agter geslaan is. Dit is sekerlik nie nodig vir ‘n sterk jong man om ‘n aangeklamde, onfikse ouer man, van agter te betrek nie. ‘n Storie het gewoonlik twee kante. Ek dink ons moet maar wag vir die hofsaak alvorens ons iemand skuldig bevind.

Oom Kalahari ·

@Nettie, ek dink jou syelling is so waar. Ek was ook maar jonk en met die voggies in word jy baie slim en sterk. @Ekskuus, verstaan wat jy probeer se, maar ongeag van omstandighede en soos genoem was die klub het reeds gesluit toe die jongelinge daar arriveer en onderonsie ontstaan, is daar nog steedsander oplossings om konflik en geweld te vermy. Dit is ongehoord om iemand so geweldadig aan te rand en ongeag of hy nou getroud of aldan nie en daar was, is hy ook geregtigom vrylik te kan beweeg en is dit tussen hul as familie. As hy verkeerd geval het en ernstige breinskade of kopbeserings opgedoen het en sy dood veroorsaak, is dit ook onregverdig om iemand van sy vrou en kinders asook families te ontneem. Die jongeling moet beheer en dissipline met respek kan toepas. Daar is genoeg geweld daat buite om te probeer oorleef en dink asb voor jy met geweldadigheid optree as jou lewe nie in werklike/ onmiddelike gevaar is nie.

Anton ·

Ek verhuur kamers in my huis. Ek het lankal besluit daars een groep wat ek nooit as huurders vat nie: wit Afrikaanse mans jonger as 30. Die gebeure in hierdie berig en kommentaar beskryf, bewys net weer eens dat my besluit reg was.

PJC ·

Geen mens het die reg om ń ander aan te rand nie. Iemand wat dit doen aan ń ander wat hy weet fisies nie opgewasse is teen hom nie en dit nog van agter af is ń absolute lafaard en ń boelie en moet so swaar moontlik gestraf word. Ek kry skaam vir sy onthalwe.

Sonja ·

Hoe slaan jy iemand van agter en jaag weg WETENDE dat daardie persoon bewusteloos in ‘n parkeerarea lê???! Swak! Uiters swak. Stem met van die kommentare hierbo: ongeag die situasie, daar is ander maniere om ‘n situasie op te los. Probleem is egter dat daar GEEN respek meer is vir ander – veel makliker om appels te swaai. Ons samelewing het verval in ongeduld, onverdraagsaamheid en kwaadwilligheid.

Afrikaanse Knaap ·

Krap so bietjie aan ‘n krieket bal en jy word geskors van die sport vir ‘n jaar. Slaan ‘n man amper dood, los hom vir dood, en jy speel rugby rustig voort.

Sommer so ·

Al die kommentaar is baie interessant………..was enige iemand hier teenwoordig toe die voorval gebeur het ?………..of word daar gespekuleer uit verveling ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.