Blou Bul in hof ná aanranding by kuierplek

Dylan van der Walt (Foto: Verskaf)

Die Blou Bul-o.21-rugbyspeler Dylan van der Walt (20) moet volgende maand weer in die hof verskyn in verband met ʼn aanranding buite ʼn Pretoriase nagklub.

Jacques Diemieniet, Van der Walt se regsverteenwoordiger, het bevestig sy kliënt het hom Dinsdag op versoek van die polisie oorgegee. Hy het dieselfde dag in die hof verskyn en is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Hy moet weer op 8 Februarie in die hof verskyn.

Van der Walt word daarvan beskuldig dat hy Louis Pienaar (38), ʼn IT-spesialis, in November by ʼn nagklub in die ooste van Pretoria aangerand het. Louis was lank in ʼn kritieke toestand in die waakeenheid van die hospitaal. Hy het bloeding op sy brein opgedoen en moes onder meer ʼn operasie ondergaan om drukking op twee plekke op sy brein te verlig.

Pine Pienaar, Louis se pa, het aan Maroela Media gesê sy seun ondergaan steeds intensiewe terapie, maar dat dit beter gaan met hom. “Hy gaan steeds vir sessies by spraak-, arbeids- en fisioterapeute wat hom help om heeltemal reg te kom.”

Louis Pienaar in die hospitaal. Foto: Verskaf

Volgens Pienaar kan sy seun nie veel onthou van die voorval nie. Daar kan intussen nog nie bepaal word of Louis enige permanente skade opgedoen het nie. “Ek is positief dat daar geen blywende skade sal wees nie.”

Pienaar het gesê dit is ʼn verligting dat die saak vorder. “Die skuldige moet kry wat hom toekom.” Die Garsfontein-polisie ondersoek ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Pienaar het vroeër gesê die kuierplek het toegemaak en Louis was nog op die dansvloer toe daar ʼn groep rugbyspelers, onder wie Van der Walt, daar aangekom het. “Soos ons verstaan, het ʼn woordewisseling ontstaan. Louis en sy neef, Christian Cronjé, is toe na buite, waar Dylan hom in die parkeergebied van agter van sy voete af geslaan het. Hy het hom nog ʼn hou gegee, voor hy saam met mense in ʼn voertuig geklim en weggery het,” het Pienaar gesê. Christian het ʼn bewustelose Louis na die naaste hospitaal gehaas, waar hy in die waakeenheid opgeneem is en lank in ʼn koma was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Denise ·

Ai jong man dit was so onodig hoekom jou eie toekoms opfoeter ek hoop jy dink in die vervolg ek voel vir jou net soos ek vir die man wat jy beseer het want ek het nie die reg omte oordeel nie almal maak foute !!!!!!!!!

Adam ·

Denise, enigiemand wat geweld probeer reduseer tot ‘n “oordeelsfout” het hulp nodig.

Denise ·

Ai dit is hartseer hoop die jongman het sy les geleer !!!!!! Ek gan hom nie oordeel nie want ek het nie die reg nie almal maak soms dom foute!!!!

Annie ·

Shame moet ons hom nou jammer kry. Hoop hy word goed oor die kole gehaal en dat die Blou Bulle sy kontrak onmiddelik beeindig. Gelukkig skree ek nie vir hulle nie !!!!!!!!!!!!!

WIEBO ·

Laat hy n swaar straf opgele word, en hy moet betaal vir ALLE mediese kostes en terapie vir Louis. Hy moet ook opdok vir pyn en lyding wat hy veroorsaak het.

Dylan opdok ·

As Dylan skuldig is en Louis sy inkomste verloor, wat nie onmoontlik is nie aangesien IT werk heeltemal op brein staatmaak, dan moet Dylan miljoene opdok! ‘n IT ou wat breinskade kry is soos n professionele sportpersoon wat nie meer sport kan beoefen nie as gevolg van skade deur n ander persoon. Mag reg en geregtigheid geskied. Ons is moeg vir geweldadige aanvallers! Bloebulle moet die aanrander ook skors!!

Skade ·

As Dylan skuldig is en Louis sy inkomste verloor, wat nie onmoontlik is nie aangesien IT werk heeltemal op brein staatmaak, dan moet Dylan miljoene opdok! ‘n IT ou wat breinskade kry is soos n professionele sportpersoon wat nie meer sport kan beoefen nie as gevolg van skade deur n ander persoon. Mag reg en geregtigheid geskied. Ons is moeg vir geweldadige aanvallers! Bloebulle moet die aanrander ook skors as hy skuldig is

Barend ·

Is dit nie lafhartig om iemand van agter by te kom nie, dié fris rugbyspeler!

Tammy ·

Die Blou Bul breketjie se koppie het te groot geword. Hy is n skande vir sy span en kan ook n bekruiper genoem word wat sy slagoffer van agter bekruip. Jaag hom weg uit julle span hy verneder die Blou Bulle. Daar is geen twyfel daaraan dat hy gedagvaar moet word en skadevergoeding betaal nie. Dit sal hom leer om eers te dink en dan te slaan….nouja daar is min foute wat so seer kan maak as die wat n jongman se geld vat nie. My voorstel is “maak n goeie voorbeeld van die groot meneertjie”

Rufus Dreyer ·

Dit is darem erg slaggat om iemand van agter te slaan. Hy is deel van die lot wat rugby spelers se naam sleg maak

Hmmm.....? ·

Dit neem 2 mense om te baklei. Omdat een beseer is maak nie die ander een skuldiger as die beseerde nie. Wat soek getroude mans met gesinne by sulke uithang plekke? Oorgangs-jare? Wil hulle die jong mense ‘n ding of twee gaan wys? Sake het nie net een kant nie.

SjN ·

Mag n klein mannetjie hom eendag uit sy maak my sterk hempie slaan dat die rook draai, hy moet voel wat hy gedoen het.

Jannie ·

Daar is altyd 3 kante van n storie…sy kant…jou kant en die waarheid…..die storie wat in die media loop is hoorsê…..en wat mense dink wat gebeur het…..hoop die waarheid kom uit.

bgj van der westhuizen ·

wel soos ek verstaan het hy die man van agter af geslaan dis dit was van een kand af wel wat vir my snaaks is sy borg is net R1000.00 ek sal ook wil sien wat die blou bulle nou te se gaan he oor die saak

Anon ·

Hulle vertel nie die hele story nie. Ek ken iemand wat daar was daai aand en ek kan julle nou se as ek kante moes kies sou ek beslis nie by die “slagoffer” gestaan het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.