Blou Bul-speler hoor dán oor borgtog

Betogers buite die New Brighton-landdroshof. Foto: ANA

Die o.21-Blou Bul-rugbyspeler (19) wat teregstaan op ʼn aanklag van verkragting en rooftog sal Donderdag hoor of sy aansoek om borgtog suksesvol was. Só is in die New Brighton-landdroshof Maandag bekend gemaak.

Die rugbyspeler, wie se naam nie genoem mag word totdat hy formeel gepleit het nie, word verteenwoordig deur die bekende Port Elizabethse prokureur Danie Gouws.

Die rugbyspeler staan tereg op ʼn aanklag van verkragting nadat ʼn 18-jarige vrou einde Desember ʼn saak teen hom by die polisie aanhangig gemaak het. Die beweerde voorval het plaasgevind tydens ʼn aand van kuier in KwaMagxaki in Port Elizabeth.

Gouws het Maandag tydens die slotbetoë vir die aansoek om borgtog aangedring dat sy kliënt nie die vrou verkrag het nie, maar dat die vrou toenadering tot hom gesoek het.

Gouws het gesê die twee het saamgeslaap, maar albei het daartoe ingestem en dit het in ʼn motor plaasgevind wat naby die bepaalde partytjieplek was. Albei het die partytjie bygewoon.

Gouws het ook gesê daar is onbetwisbare bewyse dat die vrou die rugbyspeler se beursie gesteel het terwyl hulle by McDonald’s was.

Hy het ook gevra hoekom sou die beskuldigde die vrou se familielid saamneem na die motor as hy van plan was om haar te verkrag.

“Dit maak nie sin as jy iemand gaan verkrag dat jy ʼn ooggetuie saamneem nie. Daar is wesenlike teenstrydighede in haar verklarings. In die eerste een is sy in die bosse ingesleep en verkrag en in die tweede het sy huis toe geloop en is van agter aangeval,” het Gouws gesê.

Hy het bygevoeg dat dit “selfs meer bisar” raak dat die vrou nie om hulp geroep het of haar familielid in kennis gestel het dat sy verkrag word nie.

Staatsaanklaer Nontshumayelo Balicawa het toe gesê dat mense verskillend reageer op verkragting.

Balicawa het gesê die beskuldigde is ʼn bekende rugbyspeler en die gemeenskap sal geskok wees as hy vrygelaat word op borgtog. Sy het ook die verdediging se argument betwis dat geen bloed aangetref is toe die vrou deur ʼn forensiese verpleegster ondersoek is nie.

Sy het ook die verdediging se eie kundige gekritiseer omdat hy nie teenwoordig was by die mediese ondersoek nie.

Uitspraak in die aansoek om borgtog sal Donderdag gelewer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

5 Kommentare

Elsa ·

Bly weg van kuierplekke, rugbyspelers, dis om moeilikheid te soek,,vraag sal bly, wat het jy daar gaan soek? dink voor doen en kom in verhouding met die Here…nie kuierplekke opsoek nie, ..LUISTER dan nou, help nie om nou te huil nie, maak jou ore oop

Denise ·

Skerp Boerseun !!!!!! En ek stem 100% saam met Elsa dit is net moeilikheid soek !!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.