Blou Bul-speler vas op seksklag

ʼn Jong Blou Bul-speler is op aanklag van seksuele aanranding in hegtenis geneem.

Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het in ʼn kort verklaring die inhegtenisneming van die jong losvoorspeler bevestig. “Ons is nie tans in die posisie om enige kommentaar te lewer nie en sal nog ʼn verklaring uitreik sodra die reg sy gang gegaan het.”

Die speler het verlede seisoen vir die Bulle se 0.19’s gespeel.

Die BBM het enige verdere navrae na die speler se regsverteenwoordiger verwys. Volgens die regsverteenwoordiger het sy kliënt Dinsdag in die hof verskyn en is die saak tot 8 Januarie uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen. Dit was nie onmiddellik duidelik wanneer hy in hegtenis geneem is nie.

Die speler se naam mag volgens wet nie genoem word nie weens die aard van die aanklagte en omdat hy nog nie op die aanklagte gepleit het nie.
Maroela Media verneem die klaer is ʼn 18-jarige meisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Danie ·

Hoop dit is ‘n klag wat water drae en nie net ‘n 18-jarige wat sensasie sonder bewyse soek nie. Dit kan ‘n baie nare ding word as enige iemand enige ander persoon van seksuele misdrywe kan aankla sonder enige gronde.

Mags Schimper ·

Elke storie het 2 kante. Ek weet van te veel vals klagtes om die storie net te aanvaar. Byt vas seun…so ook die mense na aan jou. Die waarheid sal seevier.

Ena ·

VAS BYT SEUN…..WAT VAN DIE MEISIE….IS DIT OMDAT HY N BEKENDE RUGBY SPEELER IS NOU IS DIE SIMPATIE OUTOMATIES AAN SY KANT???

lollie ·

Hy moet sy straf kry as hy skuldig is. Daar is egter baie meisies wie jong mans (en ouer mans) se lewens verwoes met ongegronde aantygings en dan kom hulle daarmee weg. In laasgenoemde gevalle moet die meisies swaar gestraf word, dis ‘n baie ernstige oortreding.

$ ·

Verstommend dat soveel kommentators reeds die man die voordeel van die twyfel gee sonder enige verdere feite en bespiegel dat die meisie nie verwerping kon hanteer nie, moontlik gesoek het daarvoor (Delilla) ens. Geen wonder dat meisies/vrouens nie seksuele klagtes wil lê nie want hulle self word onmiddellik verdink daarvan dat hulle jok of aanleiding gegee het daartoe. Daar is géén feite oor die voorval self gegee nie en tog soveel kommentare oor die klaagster. Dit is so hartseer – bly eerder stil totdat feite bekend gemaak is en lewer dán kommentaar.

Rudi ·

Netso! Eerste logiese kommentaar… Mense is baie vinnig om hulle oordeel uit te deel sonder n brokkie waarheid. Aan almal way dadelik doe seun se kany kies:Statistiek bewys 1 uit 4 vrouens is seksueel aangerand, dink bietjie hoeveel vrouens is in julle familie en vriende kringe. En soos bogenoem, meeste klagtes word nie eens aangemeld nie, juis oor die tipe houdings

Bloubul epidemie ·

Ja nee, lyk my daars ‘n klomp vrot appels by die Blou koei unie…

Zumie ·

Dalk moet die Blou Bulle maatskappy maar gaan kyk om hulle spelers se dissipline op te skerp en reels neer te le om moeilikheid te vermy. Om sulke jong onervare seuns met skielike geld los te laat sonder dat hulle opvoeding hulle weghou van moeilikheidsplekke is ‘n resep vir probleme

Schalk van der Merwe ·

Nou moet die rugby unie pa staan vir die seun se optrede? Sy ouers moet maar daardie verantwoordelikheid vat as daar ‘n gaping in sy opvoeding was, maar hy is die enigste een wat verantwoordelik is vir elke besluit wat hy neem.
$, niemand vat sy kant nie, almal het net gese dat hy nie sondermeer skuldig is net omdat die meisie dit beweer nie. Ja, vrouens word geteister, misbruik en verkrag – en dit skreeu ten hemele – maar hoeveel mans is al onskuldig vernietig deur vals klagtes?

Joe ·

Janee, nou is dit weer die Bloubulle se skuld?? . Die kans is 99% dat Zumie en Bloubul epidemie Stormers is.

Ena ·

VAS BYT SEUN…..WAT VAN DIE MEISIE….IS DIT OMDAT HY N BEKENDE RUGBY SPEELER IS NOU IS DIE SIMPATIE OUTOMATIES AAN SY KANT???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.