Blouberg se strand, see weer veilig

Die Big Bay-omgewing noord van Bloubergstrand behoort die naweek weer veilig vir strandgangers te wees ná Vrydag se klein rioolstorting. Foto: Facebook

Die Stad Kaapstad sê dit behoort vanoggend weer veilig te wees om dit noord van Bloubergstrand in die see te waag.

Inwoners is gister gewaarsku teen ʼn rioolstorting in die see voor die Big Bay-lewensreddingsentrum, wat ʼn uitwerking op die plaaslike strand en omgewing tussen Blouberg- en Melkbosstrand gehad het.

Die stadsraad het Vrydagmiddag gesê die voorval was weens ʼn pompstasie wat onklaar geraak het, maar dis herstel onmiddellik nadat dit aangemeld is. Die pompstasie was vroegmiddag weer in werking, terwyl amptenare die oorsaak van die probleem ondersoek het.

Die aangetaste gebied is tydelik as voorsorgmaatreël gesluit. “Natuurlike verspreiding sal die water binne 12 uur veilig maak, maar watermonsters sal die naweek geneem en toetse uitgevoer word om te verseker dat alles in die haak is,” het die stadsraad in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Algemeen in res van land ·

Rioolstorting gebeur daagliks in ANC beheerde munisipaliteite.

Duncan Potgieter ·

Die ANC beheerde munisipaliteite is van mening en bemark rioolstrome en afval in dorpe & stede want hulle versinnebeeld dit met goeie regering en goeie dienslewering.

Dries du Toit ·

Nooit. In cANCer rade verloop als mos altyd seepglad. Laat altyd geheime stemmings toe.Nooit wanorde tydens raadsittings nie(Kimberley gister).Als altyd perfek vlgns hoofstroom media. Maar gebeur so iets in DA rade of Afriforum sê iets,DAN raak hulle histeries. .Die leuen seëvier altyd. Weereens MM,dankie vir objektiewe beriggewing.

Nita ·

Was Trump verkeerd toe hy Afrika as n sh…t hole beskryf het. Riool in die see! Riool in die riviere en damme. Riool vloei af in dorpe se strate. Riool vloei deur Harare se strate.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.