Bloulig-botsing: Slagoffers se name bekend

blouligDie name van die twee vroue wat Vrydagaand dood is in ʼn botsing met een van Senzo Mchunu, premier van KwaZulu-Natal, se begeleidingsvoertuie, is bekend gemaak.

Ndabezinhle Sibiya, woordvoerder van die premier se kantoor, het gesê die twee slagoffers is geïdentifiseer as Buyi Hadebe en Nonto Xulu, albei in hul 30’s, van Empangeni.

Die Toyota Yaris waarin die vroue gery het, het Vrydagaand omstreeks 19:30 teen ʼn Ford Ranger-bakkie, wat deel is van Mchunu se begeleidingsvloot, op die N2-snelweg naby Zinkwazi gebots.

Mchunu, wat amper daagliks van Empangeni reis na afsprake en sy kantoor, was nie in die blouligbrigade tydens die botsing nie en het ʼn ondersoek na die voorval geëis. Mchunu sou Sondag besoek aflê by die families van die oorledenes.

Adv. Linda Zama, Mchunu se spesiale adviseur, sou hom ook Sondag inlig oor die vordering van die ondersoek na die ongeluk.

Lt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het bevestig ʼn saak van strafbare manslag word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

jaco ·

as die slagoffers wit was, sal niks seker van hierdie saak kom nue, MAAR die slagoffers is van dieselfde ras en velkleur as die premier, so ek wonder hoe hierdie saak hanteer gaan word?

Danie ·

Ek is daar very net na dit gebeur het. Nood dienste was nog nie eers daar nie. Daai Ranger moes teen n baie hoe sped gery het. Nou wonder ek net….as dit premier nie in die voertuig was nie….hoekom was sy sirens aan met blou ligte wat flits?

Charmaine ·

As jy verby die kleur kyk sal jy besef dat 2 mense hul lewens verloor het..Hul ouers en families het hartseer op die oomblik.

Lulu ·

Charmaine, ek kan ook nie help om in kleur vas te kyk nie. Toe die ander blouligbrigade n jong wit kind op ‘n motorfiets raakgery het – was dit beslis NIE dieselfde optrede as nou nie.

Liewe lulu ·

Sal ook graag wil weet hoekom was die blou ligte aan as die premier nie in een van die voertuie was nie

Dee ·

Ek het onmiddelik dieselfde vraag gehad. Waarom buitendien, is die blou ligte aan selfs al is hy in een van die voertuie.

Wat-ek-lees ·

Die mag van die gewoonte Liewe Lulu. Die blou ligte gee jou krag en aansien. Dis mos die vere wat die voël maak oftewel die blou lig wat jou ‘n breker maak. Jy sien ook hierdie macho-mannetjies agter die stuur van hulle rygoedjies. Plaas dat hulle op ‘n renbaan gaan kompeteer om te sien hoe vrotsig hulle werklik is kies hulle eerder strate of openbare paaie. Wonder of daar al ‘n tesis geskryf is oor hierdie misplaaste gedrag? Dalk sielkundige probleme?

Michael ·

Hierdie blou lig bendes gaan nog verantwoordelik wees vir baie onskuldige mense se lewens hulle moet gestop word….Waar is die opposisie partye??????

Joann ·

Michael watter opposisie partye? Die een is net so sleg soos die ander. Ek bly in sitrus dorp oos kaap. Het net nooit water nie. Stort jy is jy stokflou rond gespring om bietjie water op lyf te kry. Nee man geen party vir my.

Joann ·

Maroela haal my kommentaar af. Ek sal aanhou se alle politieke party is uiters treurig. Kry geen diens nie

Joann ·

Geen party beteken iets. Bly in dorp in oos kaap met baie water maar draai krane oop dan drip dit net. Werkers laat nie damme vol loop nie en dit geld wittes en swart

Corrie ·

Ons was oppad na King Shaka Lughawe toe die “bloulig brigade” van Durban se kant afgekom het, hulle het teen ‘n geweldige vinnge spoed gejaag. Nou wil ek net weet, as die premier nie in die voertuig was nie, hoekom het hulle so gejaag. Daar word altyd die verskoning gebruik dat hulle die “hoog geplaaste” betyds by sy afspraak moet kry, hoekom word hierdie dinge toegelaat

GES ·

Dit is die tipiese gedrag van ‘n leë blik as dit van die berg afkom. Dit gaan gepaard met groot geraas en vaart. Dit is maar ‘n erge leemte in die opvoeding. Die blou ligte word gebruik om te probeer opmaak daarvoor.

Johannes Meintjes ·

Bloulig brigades, in verskeie vorms regdeur Afrika, is na mening en ondervinding ‘n verpesting en ‘n blote onbeskofde magsvertoon aan die vertrapde burgers van die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.