Bloulig-brigade versper glo nooddienste se toegang tot gru-ongelukstoneel

Die ongelukstoneel. Foto: @sebolawe2 op Twitter.

Die ongelukstoneel. Foto: @sebolawe2 op Twitter.

ʼn Bloulig-brigade het Woensdag glo aan die verkeerde kant van die N4-hoofweg gery en veroorsaak dat nooddienste langer geneem het om ʼn gru-ongelukstoneel te bereik.

Volgens Anthony Benade, die DA se leier in Mpumalanga, wys ʼn video van die voorval hoe motoriste aan die verkeerde kant van die pad ry terwyl nooddienswerkers die motoriste vra om plek te maak sodat ʼn ambulans die ongelukstoneel kan bereik.

Benade het gesê die video wys ook hoe ʼn swart Lexus, wat deur ʼn polisievoertuig vergesel word, die stilstaande motors voor die ongelukstoneel verbysteek en sodoende veroorsaak dat ʼn ambulans nie die ongelukstoneel kan bereik nie.

Die botsing het Woensdag op die N4 naby Middelburg plaasgevind en het hewige verkeersontwrigting veroorsaak. Vyf mense is in die ongeluk dood en ʼn vrou is kritiek beseer.

“Dit is onverklaarbaar hoe enige individu met soveel selfbelang gevul kan wees dat hulle hul status of magsposisie, met behulp van die SAPD, gebruik om ‘n ernstige ongelukstoneel te vermy,” het Benade bygevoeg. “Dit is ook onverklaarbaar dat só individu dan aan die verkeerde kant van die pad ry, nooddienste se toegang tot kritiek beseerde pasiënte versper en eenvoudig nie omgee oor die gevolge van hul dade nie.”

Hy het David Mabuza, premier van Mpumalanga, Vusi Shongwe, LUR vir veiligheid en sekuriteit, en Thulani Ntobela, provinsiale polisiekommissaris, versoek om onmiddellik ʼn ondersoek na die voorval van stapel te stuur.

“Geen individu, maak nie saak wie hulle is of watter posisie hulle beklee nie, kan belangriker geag word as ongelukslagoffers wat noodbehandeling benodig nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Andre ·

Ek was op die toneel. Dit was vreeslik. Is daar enige nuus oor die vrou?

Gerhard Jansen van Vuuren. ·

Bernine Booysen is op pad na die hospitaal oorlede. My dogter Ilse was in die Juke.

Andre ·

Gerhard ek is vreeslik jammer om te hoor van jou verlies veral op so tragiese manier! Ek weet daar is niks wat mens kan se om jou pyn beter te maak nie, maar weet ons gebede is met julle as familie asook die slagoffers. Was Bernine saam jou dogter in die Juke en het julle al enige nuus oor wat gebeur het?

lorayne ·

My hart gaan uit na julle Gerhard, mag God julle troos en dra in hierdie hartseer tyd. . .

Theresa ·

Breinlose idiote. Dit is wat hulle is. Solank sulke dinge nie hulle raak nie – voel hulle niks. Die untouchables. Hulle kan doen wat hulle wil. Ons land het lankal meer as net sy g@t gesien.

Anne-Marie Diedericks ·

WHAT is the use this gets investigated but NOTHING gets done. They’ll Investigate and the Person will be Guilty or Not Guilty and then it just gets left there. I bet if it was the President or Julias Malema that was in that Accident then this would off been a much bigger Story and someone would off been Locked Up

Theresa ·

Ag tog – Ondersoek is van stapel gestuur. Alles word altyd ondersoek vir maande aaneen en daar kom op die ou einde tog niks van nie. Die untouchables.

Sonja ·

Dit is n skande. Dit wys ons weereens dat hulle geen gevoel vir ander mense het nie. Hulle dink net aan hulself.

Sonja ·

Dit is n skande. Dit wys ons weereens dat hulle geen gevoel vir ander mense het nie. Hulle dink net aan hulself.

veronica ·

Het niemand die registrasie nr geneem sodat hy vervolg kan word nie?( Ek het nou ‘n nasionale grappie gemaak!!) Aan die naasbestaandes van die oorledenes: my opregte simpatie en sterkte vir die seer dae wat voorlê!

mike Barnard ·

Dis tyd om hulle van die pad at tery ek sal nie skyf vir hulle nie!.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.